DIS SULKE TYD

November 1, 2009 in Sonder kategorie

Die water het net na 3 vanmiddag gebreek.

Dis amper 9u en sy het nog geen kontraksies nie.

Is rustig in die hospitaal met die Engelsman wat haar hand vashou.

Ons is tuis, en dis op haar aandrang.

My nerwe is styf soos kitaarsnare.  Een harde pluk en amper ouma gaan skiet!

Nou wyn ek biekie vir die nerwe.

En ek wonder……

33 antwoorde op DIS SULKE TYD

  1. Hello Lou :0)
    Sterkte en laat weet ons as die baba gebore is.
    Ek sal spesiaal ‘n enkel Glenfiddich reserve drink dan.

  2. katrina het gesê op November 1, 2009

    Sjoe – die groot oomblik is hier! Ek is seker alles sal goed afloop!

  3. jannel1 het gesê op November 1, 2009

    The clock is ticking 3…2…1….Ouma! Hoop alles gaan wel en dat jy die Ouma van ‘n uiters gesonde kind gaan wees.

  4. Dankie, Modderkoekie..
    Jy kan dit solank op ys sit.
    Ek sal laat weet!

  5. gidivet het gesê op November 1, 2009

    Eisch, Glenfiddich – jy’t smaak!

  6. Ag dankie, Katrina.
    Wens hulle keiser die kleintjie sommer nou uit, maar my kind weier!

  7. Dis al wat saakmaak Jan Twak!

    Dis al: sy en die kleintjie..

  8. gidivet het gesê op November 1, 2009

    Baie sterkte jong, en ‘n glasie van die regte soort maak die hart bly. Jy word mos net eenmaal (vir die eerste keer) ouma.

  9. Net een glasie, MK!
    Ek drink mos nie pille nie..
    Het buitendien ‘n drywer wat heeltemal sober is.
    Dit gaan ‘n laaaaang nag wees.

  10. Maak so Annemari!
    Dankie vir ondersteuning en belangstelling.

  11. Dankie Therina. Se sommer baie liefde vir Tronkie ook!
    Sal laat weet as alles overskedovers is.

  12. Gaan nie slaap nie, Anha – glad nie!!

    xxx

  13. Gidivet, as alles verby is klink ek een van vreugde, nou is dit nodig vir die spanning…

  14. Ag, dankie, Flentertjies.

  15. Trakie het gesê op November 1, 2009

    Sterkte, Lou!

  16. Sterkte Ouma! Ons dink aan julle
    xxx

  17. susan5 het gesê op November 1, 2009

    OOOOH ja dis jy het ‘n ietsie nodig. En ouma vir die eerste keer is net so anders en wonderlik.

  18. Berwick, dankie
    🙂

  19. Dankie Kelkiewyn wyn wyn!!
    lol

  20. Dankie DK,
    My kinders skryf more daai nasionale wisk en taal eksamens….ai tog! Ek MOET mos daar wees en hier ook..

  21. Ou-Top het gesê op November 1, 2009

    Kalm bly Loutjie, kyk dat alle telefone mooi op die mikke is en dat selfone gelaai is, want hulle gaan vanaand lui… en moenie jaag nie, kalm bly.

  22. Susan, ek is opgeworry…

  23. Dis ‘n nag der nagte, Ou top.
    Sal maar sien wat gaan gebeur.
    Dankie
    xx

  24. pasella het gesê op November 1, 2009

    Dis ‘n groot oomblik Lou! Sterkte!

  25. Rukkie klink so kort.
    Maar moontlik!

    Dankie

  26. Gharki het gesê op November 1, 2009

    Vasbyt ouma. Ek dink aan jou.

  27. Janklaas het gesê op November 2, 2009

    Ai, julle hardloop seker rond. Ons wil almal weet of dit toe goed afgeloop het!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.