Jy blaai in die argief vir 2009 November.

Boeke ens

November 29, 2009 in Sonder kategorie

Ek het nou nou op Carte Blanche van een van Antjie Krog se boeke gehoor, maar die titel gemis.

Hellooooo!   

As iemand weet wat die titel is, gooi!

Dankie.

Die ander een op my Kalahari lysie is The Help – Katherine Stocket.

Ek is nou opgewonde oor my maand op die pienk opblaasstoel op die swembad en my krismis presente aan myself.

Nog iets:

Doen een van julle hier die “work online, business from home” besigheid?

Of dalk weet julle van iemand wat dit doen.

Hier is iemand op die dorpie wat navraag gedoen het by my en ek weet NIKS.

Het al talle male op verskeie van die advertensies reageer, maar mens weet nooit wat werk en wat nie. 

Miskien kan ons so iemand help wat desperaat is vir ‘n werk.

Sy is baie vaardig met die tikkery en ken meeste van die programme.

Mag julle ‘n salige Sondagaand beleef.


Slange! UGH!!

November 28, 2009 in Sonder kategorie

Kyk wie kuier toe lekker op die nuwe huis se voorstoep.

Die Engelsman het ‘n soortgelyke een (het die een gegoogle) op sy voorstoep gekry.

Hy het ‘n foto met sy selfoon geneem, toe soek ons tot ons die outjie kon pinpoint.

Kaapse Cobra of geelslang.

Die werkers het die slang doodgemaak en uitgebrand.  Hulle glo die slang se familie sal die dooie een besoek as hy nie uitgebrand word nie.  

Ek se, laat hulle liewers kom, dan hou ons ‘n massabegrafnis…eerder as om te wonder waar die res is.  Waar is die res?

Ek meen sy ma en pa en al die boeties en sussies….en hoe kom hy hier?  

Hulle se die slange kom agter water aan en vind ‘n gesellige plekkie onder die toilet se deksel.

Sal nou nie meer met gemak gemaklik kan raak nie!

Hulle nekvelle span styf as hulle skrik en byt sonder om te vra  – dodelike gif.

Ek trap nou suutjies ..

KORTSTORIE – Gr 3’s

November 27, 2009 in Sonder kategorie

Ons laaste tema/program  vir die jaar is DIE RUIMTE – AARDE EN PLANETE.

Ons besluit toe om ‘n klasstorie te skryf.  Een kind begin met een sin, dan las die ander aan.

Tydens die een, was daar baie hulp en raad en die uiteinde is ongeveer soos volg:

Skymo se ster.

Skymo het op die planeet Mosky gewoon.

Hy was ‘n sterrewag.

‘n Sterrewag se werk is om te sorg dat die sterre gesond is en dat hulle glinster blink is.

Skymo se vriend, Sterskie, was baie jaloers op Skymo se werk.

Een nag het Sterskie Skymo se gunsteling ster se glinster gesteel.

Toe Skymo dit agterkom, was hy baie ontsteld.

Hy het oral gesoek.

Dit is moeilik is om ‘n ster se glinster weg te steek.

Gou het Skymo die ligstrale gevolg en die glinster by Sterskie opgespoor.

Sterskie was baie spyt dat hy dit gedoen het.

Hy het om verskoning gevra.

Skymo het hom jammer gekry en hom vergewe.

Van toe af het Sterskie vir Skymo gehelp om die glinster blink te vryf.

Vandag gaan ons die storie in ‘n boekvorm skryf. Een skryf, een teken, die ander kleur in. Een maak die voorblad met die titel en die outeur(s), die datum ens. Die boek word gebind (gestaple) Dan kry hulle die kans om die boek oor en oor te lees…tipies kinders!

Juffrou is regtig baie trots op die poging en het so min as moontlik ingemeng.

He ‘n lekker vinnige Vrydag!






Papeslaai se uitdaging

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Hmmmmm…R500 000?

Ek sal my hoewetjie laat opsny en twee spitsdak huise (een vir my en Hartman en een vir die jongeling) bou.  Hoe dak met ‘n balkon bo en ‘n teleskoop.  Die ou plaashuis sal dan afgesny wees en verkoop word…dan sal en genoeg he.

R50 000:   Wat van lugverkoelers vir die klaskamers in die skool en dan nog genoeg om die krag te betaal?   Hene mense, dan gaan ons mos kan werk!

R5 000: Bele vir klein Ezra.  Nou nie veel nie, maar darem ‘n begin.

Hoe’s daai vir ‘n spending spree?


FRONS

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Gister.

Hy het diep diagonale kewe(plooie) vanaf die begin van die wenkbroue tot die haarlyn.

Ek:  Ag nee my kind,  jy is so ‘n mooi seuntjie.  Hoekom frons jy altyd?

Hy:  Juffrou, ek kan nie help nie.  My ma se ek het so gelyk toe ek uitgekom het.

Ek moes giggel.


Sommer net nuus

November 23, 2009 in Sonder kategorie

Dis Maandagoggend en doodstil buite.   Die hadidas het reeds hulle ding gedoen en met die afgaan rivier toe van die berg af, die wat wil wakker word, wakker gemaak.   

Die plakkers hier naby se hane kraai steeds, en iewers bulk die koei.

Dit gaan 45 word, en dis die waarheid.  As julle Vredendal se voorspelling hoor, sit gerus 5 grade by vir ons.  Ek vrees die hitte.

(As iemand dalk ‘n lugverkoeler vir my klas wil skenk, onthou net om  die kragverbruik ook in te sluit)  O ja, en sommer by voorbaat, DANKIE!!

Klein Ezra drink, slaap en huil….en groei vinnig.

Op die dorp gons dit steeds oor die seun wat verbrand het.  Hy lewe nog, maar net-net.

Die krag was gister heeldag af.  Ons is darem vooraf gewaarsku.  Die engelsman het twee lamblaaie op die Doveroondjie ge”potroast” met aartappels ens.  Was dit nou lekker!

Vandag is ek ‘n “prepared soldier”.  Staan vas en regop op moeder aarde en kyk die dag vierkantig in die oe, want ek kan en ek wil.  Ek is geseend, het ‘n werk en ‘n kleinkind, daar’s vrede in die huis…wat kan ‘n ouma meer begeer!

 



Verskriklik (Hesiene weergawe)

November 20, 2009 in Sonder kategorie

Vandag is ons dorpie geskok!

‘n Seun wat destyds by my in die klas was, is nou ‘n mekeniek.

Hy en sy medewerker staan in die put onder ‘n motor en werk.

Click sy bic om sy siggy aan te steek ‘n part wat hy op die bodem laat val het te soek, en die hele put ontplof.

Het vanoggend die waarheid gehoor.

Hy lewe,

maar hy is moertoe gebrand….die mense se dit lyk of sy ribbes gebraai is.

Ek kry sy ouers uit die diepte van my hart jammer – so jammer.

Shit!

Nuus is:   Hy is 100% verbrand en het 20% kans om te oorleef.

Daar was nog ‘n man by hom in die pit, en sy lewe is ook in gevaar.

Dra hulle en hul gesin op in julle gebede asb.



Ezra slaap net waar hy kom.

November 18, 2009 in Sonder kategorie

By sy pa, die engelsman.

As dit nou nie dierbaar is nie!!!

By sy ma.

Hy is vandag 16 dae oud.

Die weer – alweer!

November 17, 2009 in Sonder kategorie

Hene tog, die weer is eienaardig deesdae.

Alles is altyd in die ekstreem hier.

Laas week was winter….7 dae aanmekaar gereen.

Toe staan die Sedoos op.  Mense, die wind was sterk! Bome omgewaai en takke en gemors die hele dorp vol.  Een boom het die sypaadjie se randsteen met die uitwaai saamgeneem.

Soggens loop ek agter die besem aan, anders is my voete vol sand.  

Ek vra  ewe onskuldig vir Hartman of hy dink ek moet die sand herwin, of kan ek die skoppiesvol maar in die drom gooi.

Die hitte is weer op ons…se vandag vir ds tydens huisbesoek, toe hy vra hoe dit in die onderwys gaan, ek sien uit na volgende jaar.  Baie impressief met my reaksie op sy vraag vra hy hoekom.. se ek want iewers in 2010 is daar weer ‘n winter, ek BANG die somer.  Hy giggel toe en se hy voel net so…die hitte is bomenslik!   Dierbare man.

Anyway, lyk my klein Ezra het nou ‘n roetine.  Hy slaap deur die dag en van 6u saans tot so 11u tjank hy, dan slaap hy engelsoet tot opstaantyd.

Die wind het die huisbouery nou vir 2 dae agtergesit, maar ons hoop om die naweek vir Ezra in sy nuwe huis in te trek.

Die van julle wat nog nie Modderkoekie en Murphy se stories gelees het nie, julle mis uit….

Sien weer.





Huismoles op die hoewe?

November 13, 2009 in Sonder kategorie

Nog nie huismoles nie, maar dreigend.

Alle mamma’s hier in Blogland moet asb raad gee.

As die kleinseun klaar gevoed is, begin hy kriewel en huil (MaanKind?)

Ek google toe en sien dat “fussiness in your baby after feeding is caused by the foods you eat”

Ok, so wat moet die ma eet en wat moet sy NIE eet nie?

HELP!  

brood, koffie, tee, appel, tamatie, piesang, swiets, fuzzy drinks – ?

Alles, smaak my, is verkeerd!