Jy blaai in die argief vir 2009 September.

My een dag vakansie.

September 30, 2009 in Sonder kategorie

Dis waar ek Dinsdag was met familie en ‘n dierbare blogger.

Wonder ek of julle kan raai wie?

Die een wat raakraai wen die tel nr van die plek.

Om dit makliker te maak, hier’s ‘n tip: Soek ‘n soortgelyke  blog.

Hier tik mens op ‘n lysie af wat jy in jou piekniekmandjie wil he, en dan VREET jy!!

en chat en sluk en eet ens…tyd en geld speel dan geen rol nie!

Respek..

September 22, 2009 in Sonder kategorie

Van Maandag af maak ek en die kinders klas skoon.

Se klein Zoe waar ons saam ‘n rak uitpak: Juffrou, weet Juffrou, ek is nogals bang vir juffrou.

Genade tog, dink ek en se: Zoe, dis ok, dit wys net dat jy die regte gesindheid en opvoeding het. As mens bietjie bang is, is dit goed so.

Ek besin nou al vir twee dae oor die gesprek. 

Smaak my bang en respek, eer en agting stap hand aan hand. 

Daar is soveel kinders wat vreesloos reels ootree. Oor en oor, en ons is magteloos. Skel bietjie en se weer en weer wat verkeerd is, maar nogtans voeter hulle vreesloos voort.

Ek wonder of dit aangebore of aangeleer is….

 

 

Die Ingelse polisie

September 19, 2009 in Sonder kategorie

Gister bel die polisie van ‘n naburerige dorpie.

Hartman praat Afrikaans.

Se die vrou hulle soek die elektrisien.

Se my man dis hy.

Se sy hy moet ingels praat.

Se hy NEE!!    nee dankie.

Se sy as hy nie wil ingels praat nie, kan sy hom nie help nie.

Se hy hy’t nie hulp nodig nie, dankie, sy’t hom gebel.

Se sy: “but we need an electician urgently”

Se hy ok, soek julle maar vir ‘n ingelse lektriek ou hierrond.

HA!

Hulle mag nie eers met mekaar in hulle moedertaal praat nie. Mos nou ‘n nuwe wet.

Nou hoekom moet ons dan moedertaal onderrig – selfs as daar Xhosakinders in jou klas is?

 

dit, dat en hawelose krieket.

September 17, 2009 in Sonder kategorie

Dit gaan goed hier.

Die ertjie is nou ‘n skorsie en ons behoort oor 5 weke die kleine Ezra by ons te he.

 Die bouery aan sy kamer en badkamer begin komende Maandag. Hoop dit sal betyds klaarwees. Ouma gaan solank die vakansie ‘n kamer regmaak hier, net vir in case..

Nou oor die krieket vir hawelose kinders:

Wonder die jongeling hier of die hawelose kinders wat vir SA krieket speel, nog ‘n plek in die span sal he as hulle onder dak ‘n blyplek kry. Meen hy, as hulle dit het, mag hulle mos nie meer as haweloses speel nie.

Waar slaap die hawelose SA krieketkinders?

Se maar as jy weet…..

Koebaai vir eers.

 

 

BLEDDIE MORE – SATERDAG 5 SEPTEMBER

September 4, 2009 in Sonder kategorie

Vir julle wat more in die malls gaan rondloop.

Vir julle wat more laat gaan inle.

Vir julle wat met geliefdes iewers gaan brekvis.

Dink aan my wat die hele Saterdag, van 8 tot 4, by ‘n Wiskunde

besigheid vir grondslagfase onnies moet (MOET) wees.

Wat kan hulle my nog leer?  Ek is buitendien hopeloos te

oud en te slim – niemand kan my na 35jaar by gr3 nog iets van

somme leer nie.  Ek weet wat is 1 + 1.

Ek gaan prentjies in my dagboek teken en die konsert tot in die fynste detail beplan – oorgenoeg tyd daarvoor.

En ek gaan my vrek verlang….verlang om vry te wees om te

doen wat ek wil…..

Ai 4kie tog…..

 

 

GEWETE – my glas is half leeg

September 2, 2009 in Sonder kategorie

DsP, se dis tyd om iets te se, en ek hoor, so ok, hier is dit.

Dis nie ligsinnig of algemeen nie – die skrywe is DIEP.

OK?

Wat dit is wat my so bewus maak van GEWETE, weet ek.

Ek loop nou nie met my geloof rond en spog ens, maar…

Ek bid daagliks dat almal wat geskape is, ‘n skerp gewete moet he.

Die voordeel daarvan: dis die einde van enige misdaad.

As elkeen net ‘n skerp gewete het, sal als oraait wees.

Hoekom is daar mense sonder gewete?

As iemand dalk ‘n besigheidsplan het om skerpmakers vir gewetes te kry, go for it!!

Mag julle almal vannaand met ‘n sovereine gewete, ‘n besonderse nagrus beleef.

Mag al die onskudiges hierdie nag gewetenloses vryspring.

Amen