Die Engelsman

Augustus 29, 2009 in Sonder kategorie

Julle wat my nou al ken, weet seker dat die engelsman my skoonseun is.

Het hier aangekom, regte Capie van “Goowood” af.

Nou, 6 jaar later, die pa van my komende kleinseun.

Die beginjaar wou hy elke maand of so Kaap toe – toe dog ek, die Kaap is in sy bloed.

Nou moet hy gesmeek word om Kaap toe te gaan.

Se my dogter vanmiddag:

Die engelsman het nou ‘n regte boer geword.

Ek kyk verbaas op van my nasienwerk en se Huh?

Ma, sien ma,

Hy werk heelnaweek in die tuin.

Sy topbootse staan op aandag voor die agterdeur.

Hy drink 5jaar en coke saam met Pa

EN HY KYK RUGBY!!

 

Ek worry nie, want hy het die kombuis en kookery oorgeneem!

53 antwoorde op Die Engelsman

  1. Ag my moeder! Dit is vrek oulik, Lou!

  2. fanjan het gesê op Augustus 29, 2009

    Sjoe, maar die soutie kom reg ! Glad agter `n potjie

  3. 🙂 ja ek was mos die verkeerde dag daar wou nog vir my van daai vyfjaar voorsorg gekry het toe ek daar by julle verby is.

  4. Fanie, en kan die ou kook!!

  5. Dis hoeka dit wat die manne hier drink, Spook. Ek glo mens kan dit in die Kaap ook koop.
    Sal uitvind en laat weet.
    Groete vir die rooikop.

  6. Julle het hom mooi geleer! :-))

  7. Hy se hy’t afgekyk, Thomas.
    🙂

  8. hehe, soutie tussen die rokspaaiders 🙂

  9. Daar is goed in almal, selfs Ingils manne. Jou dogter is dus baie gelukkig om met ‘n goeie man te te getrou het. baie groete

  10. Kunstenaar, Giggel ek nou.
    Ja, ons is rockspaaiders!!
    😀

  11. Sy is beslis!
    Ons is ook gelukkig..

  12. Seker maar dun gesaai, die wat nie te bed is nie!

  13. Vir wie ‘skree’ hy?

  14. Ware woorde, Annemari!

  15. Vir whatever sy skoonpa voor skree, DsP
    😀

  16. My ma sal (waarskynlik) ook eendag van so een hou 😉

  17. Ja, Kelly, dit is.
    Mens moet maar in hierdie namakwaland jou eie oase skep. Die blommetjies is nou dood, die onkruid ook. Nou is daar 9mde se stof wat voorle!

  18. Ek hou duisvas dat jy jou ma sal tevrede stel, DK.
    xx

  19. Dankie sal so maak.

  20. Daai Ingelsman lyk of hy sy staan by ‘n vuur ken {-;

    Dankie vir die inloer. Ek kan regtig nie wag om te hoor van julle konsert nie!!!

  21. Die konsert is soortvan in plek.

    Sal later ietsie daaroor skryf, Shlwanjan.

  22. Ons het aan die begin gegiggel vir die engelsman se afrikaans – nou gaan dit al baie beter.

  23. Mos maar so: As jy nie boer kan wen nie, moet jy hom maar join.

  24. Hehe ek hoop hy kan meer as net mash & gravy maak! gaan dit nog goed met julle Capies daar op Klawer….stuur maar groete aan die family asb…dankie Lekker aand en sluk maar vir my part ook ‘n 5 jaarkie met Coke!

  25. Sjoe, kan ek met hom trou?

  26. en hy braai blerrie goed hoor..stuur groete!

  27. Ag, Flentertjies!
    Wie sien nou op ‘n Sondagmiddag wat wie aanhet?
    😀

  28. Ja, Kerneelsie, as jy nie kan kry nie, neem jy sommer enige ander een en maak van hom ‘n boer!

  29. Boer, ek maak sommer vandag so.

    Gaan hoeka saam Vredendal toe vir netbal vanmiddag. Die niggie speel mos hoofdoel en gooi nie maklik mis nie.

  30. Janklaas, hy’s laaaaankal klaar getroud!! hiehie..

    Sorry!!

  31. Ek maak so, Jonny.

    Groetnis.

  32. Dag Lou.
    Ek is seker die Meester het die skoonseun mooi geleer … hahahaha

  33. zephur het gesê op September 1, 2009

    Lekker Lentedag vir jou…

  34. Hello Fernand.
    Die meester het probeer..
    😀

  35. Goeie goed is mos skaars, Michael.

  36. Dankie, Zeppie.
    Vir jou ook.
    😉

  37. Ek sal dan maar moet traai en werk aan die ou se saak..

    😉

  38. Nee, dit lyk my die Engelsman is ‘n bruikbare skoonseun! Ek kry sommer lus vir die potjie wat hy daar aanslaan. Ek dink hy is nou soos my geliefde, ‘n Mak Engelsman.

  39. Hy is mak, Joanna!
    Dis ‘n Dover stofie wat in die braaiplek ingebou is!

  40. Genugtig LOUa … skryf nou weer ‘n biki!

  41. Nee man, hy moet eers leer rooiwyn drink voor hy kwalifiseer. Maar, nou ja, as dit KWV is, maak dit ook nie saak nie.
    Lekker aand.

  42. neirac het gesê op September 2, 2009

    Die engelsman is tops Antie! Hy’t nou waarlik beter as somige van die inboorlinge hier aangepas. Maar wie kan dan nou nie verlief raak op onse wêreld nie?

  43. Ons drink mos nie rooiwyn hierrond nie, Kobus. Witwyn! Ons ondersteun ons boere.
    😀

  44. Behalwe die hitte is ek ook mal oor die wereld, Neirac – o ja, en die wind ens…

    lol

  45. Ons maak mos weer so!

    Welkom whenever.
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.