Ek opgradeer bietjie, net voor julle my dalk vergeet.
Augustus 25, 2009 in Sonder kategorie
Dit gaan goed dankie!
Blog is steeds ‘n probleem, maar ek het nou genoeg daarvan gese. Doppertjie het my probleem aangemeld en ek GLO dit sal dalk eendag regkom – dalk voor ek afsterwe – mens weet nooit. Die geloof is vir Abrham se blog ook. Mag hy sy platform terugkry.
Ek het ‘n nuwe projek vir my, nog nie gebore kleinseun, en dit hou my gedagtes besig. Meer daarvan as dit realiseer. Dit gaan nou goed met die draer.
Die skoolkonsert is nog ‘n nagmerrie, maar moenie worry nie…die planne is in die onderbewussyn gebere en sal eersdaags opspring na die bewussyn en en het volle vertroue dat …..
Anyway, ek het Saterdagoggend die wonderlikste uurtjie by (vir my beslis ongewild) die Wimpy gehad. Die rede is omdat dit die enigste plek is wat daai tyd van die oggend oop is. Hulle swart, bitter koffie is toe nie te sleg nie. Dis die geselskap wat so lekker was. Ek het ‘n blogger daar ontmoet. Hene mense, blogland wemel van die wonderlikste mense!!
(Pst, dit was Jonny Congo, moenie se ek het gese nie!)
Almal wat ek al ontmoet het is flippen amazing. Dis nog net MaanKind wat ek nog so graag eye to eye wil sien, maar eersdaags, dalk in die somer – mens weet nooit!
(Ek ramble nou soos Thomas…)
As die blogding nie werk nie, dan blaai ek terug na my eerste skrywes en sien kommentare van mense wat weg is en ek wonder….
Verlede week het ek en Elza beoordelaars gespeel by die Hoerskool se talente-aand. Was dit nou fantasties! Die jong kinders word liggeweeg, dink ek. Alles was sonder enige afrigting van opvoeders en hulle kreatiwiteit slat my asem weg. Daar was danse en monoloe, en selfs ‘n band wat my voete laat jeuk het, en die humor het my laat lag tot my keel toegetrek het.
More gaat ons netbal en rugby op Doringbaai. Die sportveld is op die oewer van die see. Sal dadelik my kamera insit voor ek vergeet… dan kom wys ek hoe dit daar lyk.
Ai, dis met weemoed dat ek nou die lospraatjies van hierdie paartie verlaat.
Groetnis vir eers van ‘n hopelose hiperaktiewe ou tannie.
Nog net dit: Wat het van liewe Duiwelkie geword? Moet ek worry?
Berwick het gesê op Augustus 25, 2009
Goed gaan, Lou.
loudavisi het gesê op Augustus 25, 2009
Jy ook, Berwick.
pasella het gesê op Augustus 25, 2009
Ai Lou, moet tog nie na jouself verwys as ‘n ou tannie nie, jy betrek so baie van ons!
loudavisi het gesê op Augustus 25, 2009
Oud is oud, Lewies.
Ek is so trots op my 57 going on to 58.
Moenie my pret bederf nie!!
😀
loudavisi het gesê op Augustus 25, 2009
MK, dis die lekkerste opwindendste ding om iemand te ontmoet wat mens reeds ken.
blighty het gesê op Augustus 25, 2009
Jy was lank stil Lou.
DroomKind het gesê op Augustus 25, 2009
Hi Liefste Lou!
So bly om jou weer ‘n slag te sien en dat dit goed gaan… ons het nog nie van jou vergeet nie hoor!
xxx
monicahaddad het gesê op Augustus 25, 2009
dit was nou ‘n lekker ramble, bly jy’s weer op spoed!!
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Ek sien die bling aan jou hand, Modderkoekie, en ek weet jy sweef!
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Haai, dankie Ghaap.
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
More DK, Hoop jy’t ‘n wonnerlike klein Saterdag!
xx
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Monica, spoed is die ding!
Dis een van die dae weer vakansie – maar dis so kort. Mens weet nooit, dalk sien ons mekaar.
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Flentertjies, koffie is koffie, die geselskap is die ding!
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Giegie, ja dis waar, Tronkie. Hier darem so hier en daar ‘n bekende gesig. Dis soos om na ons kerk toe te gaan, ken amper niemand meer daar nie, en die dorpie is so klein. Met moeite moet ons probeer byhou!
Jonny is great en jy sal sy geselskap so geniet.
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Annemari, dis lekker om ou bekendes hier te sien.
Nou nie dat die jonges nie stunning is nie!
Ek meen net..
DallaSePa het gesê op Augustus 26, 2009
Ek kom loer maar altyd … bly jy is hier LOUa!
PS – Ek dink dis ‘n vooreg om vir ELZA te kon ontmoet … ek sou graag eendag wou … sy het onmeetbare talent in my opinie.
Groete
DD
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Mens raak alles gewoond, Kokomo.
Ons drink Koffiehuis moer by die huis.
Die res proe na plestiek.
loudavisi het gesê op Augustus 26, 2009
Sy is great, DD
Haar beelde en skilderye ook.
Pst: Jy’t goeie smaak.
MartiePreller het gesê op Augustus 27, 2009
Ek was heel benoud toe ek hoor daar is ‘n kleinkind op pad … gewonder hoe de dinges ek ‘n ouma gaan wees … toe seg ‘n ander ouma vir my jou kleinkinders MAAK jou ‘n ouma, nes jou kinders jou ‘n ma gemaak het. Dit was wyse raad …
pinkpolkadot het gesê op Augustus 27, 2009
Jy skryf intersessnt, Lou!! Ek wonder ook waarom Duiwelki so skaars is – lekker aand!
loudavisi het gesê op Augustus 28, 2009
Wyse raad beslis, Martie.
Ek sal dit onthou!
Dankie
loudavisi het gesê op Augustus 28, 2009
Hi Dotjie.
Ek het haar gemail, maar nog niks gehoor nie..
jonny congo het gesê op September 1, 2009
hi Lou, dit was great om jou te ontmoet! so lekker gesels ek kom kuier sommer weer eendag, voorspoed met die klein-kleinding
loudavisi het gesê op September 1, 2009
Jy moet wegkom daar, jonny…die Kaap is in jou siel – 😉
Jy’s baie welkom!