Groente en nagevolge

Augustus 11, 2009 in Sonder kategorie

Die draer is BAIE siek en die ouma-to-be is angstig.

Se die gini vandag vir haar dat die groente wat sy gehad het, toe nie so onskuldig is nie.

(Vir die wat nie weet nie, sy’t pampoene in haar nek/keel.)

Blykbaar is daar ander draers wat dit gehad het en die kleinkind kan moontlik nie vanself asemhaal as hy uitkom nie.

Verder het sy vir 2 dae lank skeelhoofpyn – ek weet nie meer nie!

Mens dink mos alles is altyd hunky dory en [email protected] gebeur net met die bure.

Die datum is nou op my b-day…25 Oktober.  Sal die ouma dan nou nie ten hemele skreeu as dit so moet wees nie.

Die taak was toe betyds klaar, is ingehandig, geweeg en die uitslag is A OK!

Die blogbesigheid irriteer die blou hel uit my uit.  Die tippex mannetjie is weer hier en hy kan net nie tot rus kom nie, en nou sien ek by MaanKind dat Meltie ons gaan verlaat, en my blogding is steeds vrot.

 Die ou tannie is MOEG

  

  

  

  

22 antwoorde op Groente en nagevolge

  1. Aai Liefste Lou! My Ster! Baie Baie sterkte vir jou en joune en die wat oppad is. Ons glo alles sal spoedig beter gaan.
    xxx

  2. Vasbyt … ou Tannie … ons dink aan julle!

    PS – Ek sukkel my moer af met die flippen blogs – kan nie altyd uitkom by wie ek wil nie – praat van amper-in-my-broek-kak.

  3. Vasbyt … ou Tannie … ons dink aan julle!

    PS – Ek sukkel my moer af met die flippen blogs – kan nie altyd uitkom by wie ek wil nie – praat van amper-in-my-broek-kak.

  4. Vasbyt … ou Tannie … ons dink aan julle!

    PS – Ek sukkel my moer af met die flippen blogs – kan nie altyd uitkom by wie ek wil nie – praat van amper-in-my-broek-kak.

  5. Vasbyt … ou Tannie … ons dink aan julle!

    PS – Ek sukkel my moer af met die flippen blogs – kan nie altyd uitkom by wie ek wil nie – praat van amper-in-my-broek-kak.

  6. Sterkte!! Ek dink die blog gemors irriteer ons almal!!

  7. moenie worry nie, alles sal reg kom se jan brand

  8. Tee is ok, MK.
    Dalk liewers ietsie sterker?

  9. DK, ek sien jy’s weer beter.
    Dankie vir die mooi boodskap.
    xx

  10. Therina, dit sal sekerlik ook verbygaan.
    Se vir Brombeer Hartman se groete
    xxx

  11. Dankie, Annemari.
    🙁

  12. Ek ook nie DsP. Daars so baie wat ek nou hier mis.

    Tsk..

  13. Hello Flentertjies.
    ‘n Nuwe dag en alles lyk al klaar beter.

  14. Dotjie, ons moet op die tande kners – mediese fonds sal die tandarts betaal..
    😀

  15. Monica, terwyl ek jou kommentaar lees sing hy presies daardie liedjie op RSG.

    Dis nou toevallig!
    (As daar iets soos toevallig is)

  16. neirac het gesê op Augustus 13, 2009

    Ek het dit gehad as mense die volgende vir my sê, maar dit is so waar – ALLES GAAN OKAY WEES

  17. Dankie Kelly.
    Jy’s dierbaar!

  18. Ek is so negatief, Ffion, nou dink ek aan die helse somer wat vir ons voorle!

  19. Ek glo so, Neirac!
    xx

  20. Leef jy nog Tante?

  21. Net-net, DsP
    Sien jy ook!

  22. Dis ook my verjaasdag daai dag.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.