DIT WERK BAIE DANKIE..
Augustus 8, 2009 in Sonder kategorie
Staan toe vanoggend baie vroeg op, want vandag is die dag!
Ek moet ‘n GROOT taak afhandel voor Dinsdag.
Ek weet al van laas kwartaal af daarvan.
Vreemd hoe uitstel werk.
Soek gedurig iets anders – wens dit wil ophou reen sodat ek die tuin kan natmaak.
Was ‘n merkie van ‘n muur af en blaai ek deur resepteboeke (iets wat ek met ‘n passie nie van hou nie.) Enige iets om net nie met die GROOT taak te begin nie.
Die angs en spanning bou op. Maag draai en maak knope. Die gewete pla. Is onrustig. Slaap sleg. Die taak is gedurig met my, maar doen, doen ek dit nie.
O ja, ek wou se, ek staan toe vroeg op om met die taak te begin en dog toe, laat ek gou kyk wat hier aangaan. Ek kan anyway nie lank hier bly nie, want julle weet mos die mannetjie van 24.com sit met die buisie tippex in my monitor en en maak my leesplek van onder af wit.
Doppertjie se ek het dalk ‘n virus.
En wragtag! Hier werk my besigheid uiteindelik! Die tippex mannetjie is weg.
Nou kan ek al julle skrywes lees, maar hel, die taak, wat van die taak?
Ek groet nou eers, ek gaan NOU begin.
Net gou eers loer of die puzzle van die dag al op Jigzone is, dan gou nog koffie skink en, o ja, die honde se kos, en dalk moet ek weer trollie stoot in shoprite…..Hartman pak in – en dalk neem hy my vir brekvis en ek moet onthou om my kamera saam te neem want die blommetjies is so mooi…..
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Ek was nooit so nie, Faansie.
Seker die ouderdom..
đ
Doubtingthomas het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Jy ken mos die gesegde “If it wasn’t for the last minute, nothing would ever get done.”
Sterkte. :-))
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Ek moet net die eerste tree gee, Thomas!
Dankie vir die sterkte.
blondeabrham het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
as n moeder van die volk wil ek jou vermaan om op die dag van die negende Augustes te vat en sommer deeglik vas ook. ek dink natuurlik vroue en moedersdae moet daagliks gevier word. ek bestuur my vrou se gastehuis vir n week en my trollie ontspoor met reelmaat.
monicahaddad het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
die begin……. die begin is altyd die moeilikste! lekker werk!!!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Die gastehuis sal jou besig hou en moonlik (indien nog nie) jou vrou meer waardeer.
Hoop sy rus goed..
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
More, Monica
Die begin is toe gedoen…nou (netnou) sal ek voortgaan.
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Therina, my tippexmannetjie is al flippen weer hier…hy’t seker net gaan tandeborsel of iets.
Lekker dag daar – moontlik kom Spook vandag hier aan..
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Annemari, ek is al amper halfpad met die taak.
En nou krimp my blogbesigheid weer.
Genade tog!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Ja MK, net so.
Ek het daardie stuk van jou gelees en gedog jy’t baie guts!!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Therina, vir jou hou ek niks geheim nie!
lol
DroomKind het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Leker lees vriendin đ
Trakie het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Ek’s ĂŽk ‘n oppie-nippertjiemens.
skermunkel het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Dag Lou.
In Belgie se ons :
“goed begonnen is half gewonnen” &
“uitstel is afstel”
Ek hoop jy verstaan dit
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Gaan nou dadelik by jou kom kuier, DK!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Ek was dit nooit, Kelkiewyn – maar nou is ek ook.
Moet maar aanpas by die veranderinge!!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 8, 2009
Natuurlik verstaan ek Fernand!!
Ek dis die waarheid.
Ongelukkig mag ek nie afstel nie.
Ek is darem al halfpad klaar en daar is nog twee dae oor.
pasella het gesĂȘ op Augustus 9, 2009
Ek dink ons prokrastineerders moet ‘n klub stig. Ek sal more meer inligting daaroor gee!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 9, 2009
Kan dan nie wag vir more nie, Lewies!
pinkpolkadot het gesĂȘ op Augustus 9, 2009
Ek hoop die taak is klaar, Lou?
Lekker laaang naweek (of dit wat oor is!)
armadillo het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
SMILE!!!!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
Yep, Dotjie.
Is toe klaar!!
Was nogals glad nie moeilik nie.
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
Ek smaail, Smile
DallaSePa het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
Naand L:o:u:a!
Creme-Soda-Junky het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
Hoop jy het klaargekry!!! đ Lekker langnaweek gewees!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
Die mannetjie met die tippex is terug.
So, oppas Laerskoolseuntjies!!
HA!
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
He Loua D: s: P:
loudavisi het gesĂȘ op Augustus 10, 2009
Klaar CS!!
En dit was ook nie so te sleg nie.
Moes dit laaaaankal gedoen het, dan sou ek lekkerder kon ontspan…
diefotoman het gesĂȘ op Augustus 11, 2009
Lou dankie vir die koffie.