Dit gaan goed dankie!
Blog is steeds ‘n probleem, maar ek het nou genoeg daarvan gese. Doppertjie het my probleem aangemeld en ek GLO dit sal dalk eendag regkom – dalk voor ek afsterwe – mens weet nooit. Die geloof is vir Abrham se blog ook. Mag hy sy platform terugkry.
Ek het ‘n nuwe projek vir my, nog nie gebore kleinseun, en dit hou my gedagtes besig. Meer daarvan as dit realiseer. Dit gaan nou goed met die draer.
Die skoolkonsert is nog ‘n nagmerrie, maar moenie worry nie…die planne is in die onderbewussyn gebere en sal eersdaags opspring na die bewussyn en en het volle vertroue dat …..
Anyway, ek het Saterdagoggend die wonderlikste uurtjie by (vir my beslis ongewild) die Wimpy gehad. Die rede is omdat dit die enigste plek is wat daai tyd van die oggend oop is. Hulle swart, bitter koffie is toe nie te sleg nie. Dis die geselskap wat so lekker was. Ek het ‘n blogger daar ontmoet. Hene mense, blogland wemel van die wonderlikste mense!!
(Pst, dit was Jonny Congo, moenie se ek het gese nie!)
Almal wat ek al ontmoet het is flippen amazing. Dis nog net MaanKind wat ek nog so graag eye to eye wil sien, maar eersdaags, dalk in die somer – mens weet nooit!
(Ek ramble nou soos Thomas…)
As die blogding nie werk nie, dan blaai ek terug na my eerste skrywes en sien kommentare van mense wat weg is en ek wonder….
Verlede week het ek en Elza beoordelaars gespeel by die Hoerskool se talente-aand. Was dit nou fantasties! Die jong kinders word liggeweeg, dink ek. Alles was sonder enige afrigting van opvoeders en hulle kreatiwiteit slat my asem weg. Daar was danse en monoloe, en selfs ‘n band wat my voete laat jeuk het, en die humor het my laat lag tot my keel toegetrek het.
More gaat ons netbal en rugby op Doringbaai. Die sportveld is op die oewer van die see. Sal dadelik my kamera insit voor ek vergeet… dan kom wys ek hoe dit daar lyk.
Ai, dis met weemoed dat ek nou die lospraatjies van hierdie paartie verlaat.
Groetnis vir eers van ‘n hopelose hiperaktiewe ou tannie.
Nog net dit: Wat het van liewe Duiwelkie geword? Moet ek worry?
Onlangse kommentare