Jy blaai in die argief vir 2009 Junie.

Nou ja, totsiens vir eers!

Junie 29, 2009 in Sonder kategorie

 

Die weer lyk goed, geen mis of reen oor die bergpasse nie.

Gaan met ouma in die sonnetjie op die stoep sit en brei.

Kan nie wag nie!!

Sien weer oor die naweek.

Mag blogville trolvry wees en mag almal weer net nice wees met mekaar – ons het mos genoeg bollie in die werklike lewe.

Tronks en Therina, kry julle datums in orde – dis ‘n opdrag!!

Ons wag vir julle…

So lyk die Olifantsrivier na die reen.

Junie 27, 2009 in Sonder kategorie

Normaalweg sien mens geen water nie.  Die water is gewoonlik onder die bome en bosse.
Wingerde is toe onder die water.

Die brug is gistermiddag toegemaak.  Die dat ons nie vanoggend vir die brekvisritueel Vredendal toe kon gaan nie

 

Ons hoewetjie is heel regs op die foto.      Die treinbrug net onder ons plekkie.

Net water water water!                          Opdrifsels teen die treinbrug.

Dit gebeur jaarliks, soms meer as twee keer.

VAKANSIE!!

Junie 26, 2009 in Sonder kategorie

 
Lees nounet DroomKind se skrywe oor haar vakansie.

Dis erg!

So gaan myne wees:

Vandag toe die skool sluit, kry ek sommige punte vir die rapporte.

Na die vakansie sal ek die res kry.

Sover is van die rapporte klaar, die register is gepos na die departement.  O ja, julle weet seker dat ek ‘n opvoeder en nie ‘n sekretaresse is nie!

Ek het ‘n boks vol inskrywings vir die Eisteddfod, +/- 2000 inskrywings en dis so deurmekaar soos ‘n los vrou se handsak.  Die een inskrywing is die naam getippex en net so blank gefax – daar is talle van die soort.  En dan moet ek elke liewe een skakel om uit te vind wtf?

Dan nog net 10 take opstel en die assesseringstandaarde bepaal en met watter ander leerarea dit moontlik gelink kan word en strategie ens.  

Dis al wat ek hoef te doen – die res van die tyd gaan ek RUS….

HA!!!

En die een is vir al die jong dames.

Junie 23, 2009 in Sonder kategorie

PERSUASION  by K. Sole

If you believe, if you believe girl, little girl
that it’s going…it’s going to last for ever…
the time
the time of
the time of love

What a mistake you’re making little girl, little girl.
What a misktake you are making.

If you think little one
If you think that your rosy cheeks
your tender waist
your painted nails
your nymph’s thigh
and your dainty foot
If you think little one, that it’s going..going to last forever

What a mistake you’re making little girl, little girl
What a mistake you are making.

The fine day
the happy holidays soon pass
Suns and stars trace round a circle
But you my little one
You go straight towards something you don’t see

Most cunningly near
draw the rapid wrinkle
heavy fat triple
chin slack muscle

Come gather, gather the roses, the roses of life
And may their petals be the calm sea of every joy
come gather, gather

If you don’t do it….what a mistake you’re making little girl, little girl

WHAT A MISTAKE YOU ARE MAKING!

Laat dit vir julle ‘n les wees!!

aan almal wat my tante, ouma, ousus en antie noem:

Junie 21, 2009 in Sonder kategorie

 

Dis binne die keldery (sorry vorige inskrywing se kellery – my fout)

Laat dit vir julle ‘n les wees jongelinge!

die kellery

Junie 20, 2009 in Sonder kategorie

 

Die Kellery is die restaurant en proelokaal van Spruitdrift wynkelder.

Ek het die foto van die stoep af na binne geneem. 

Die berge en wolke is ‘n weerkaatsing in die glas.

Ek verstaan nie mense wat binne sit as dit buite so mooi is nie.

Mens staan traag op as dit tyd is om te gaan.

So lyk die suurlemoentert as mens ‘n halwe stuk bestel.

Dit smaak net so goed soos dit lyk.

 

Gifberg

Junie 18, 2009 in Sonder kategorie

 

Gifberg van my huis afgeneem.  Dit was laasweek een aand tydens die hittegolf hier hoog noord in die Wes-Kaap.  Dit was amper nagdonker toe ek deur die venster kyk en die prentjie aanskou. Ek was amper te laat en dis sekerlik die swakste foto. ( Sorry Spook)

Beslis ‘n vreemde naam vir ‘n berg!

Ok, die storie is dat op hierdie einste Gifberg daar ‘n boom/struik met die name Wolwegifboom, Gifboom, Hyaena poison, en die boeknaam  Hyaenanche globosa, groei.  Die boom word tot 5m hoog.  Dit dra helderrooi sade en is as bestanddeel van die dodelike pylgif van die San gebruik. Die berge is deurtrek van die Boesmantekeninge – net as bewys dat hulle hier gewoon het.

Die sade, en vermoedelik ook die blare, bevat ‘n dodelike gif wat soos strignien op die hart inwerk. (dink ek nou aan bblondie)

Verder is dit een van die min windbestuifde boomspesies in SA, wat NET aangetref word in die omgewing van Vanrhynsdorp.  Gifberg is ‘n deel van die Maskamberge (net vanmiddag vertel ‘n vriendin haar oupa het op Gifberg geboer, en hy se die naam Maskam kom uit die oorlogjare tussen die boere en die Rooinekke.  Die boere was bo en die Britte onder.  Die Britte het opgeskree “u maskam down!”)

Ek het dit vreemd gevind dat daar mense op die berg woon, tot dit later tot my deurgedring het dat dit nie ‘n berg is nie, maar ‘n plato.  Elke keer as ek Vanrhynspas opgaan, dan wonder ek waar is die af?

Die diere wat die water drink waarin die sade van die gifboom val is blykbaar nou immuun teen die gif. 

Op die berg word daar met rooibostee en skape geboer.

Die uitsig van bo is absoluut stunning! 

Ek wou nog altyd in die hitte van die somer in een van die bergpoele swem.

Nee wat, laat dit maar verbygaan – dink ek nou.

So kom kuier die familie

Junie 17, 2009 in Sonder kategorie

 
Is toe so.

Familie kom kuier om die draer van die kleinkind te sien en met die cuteste uitrustings te bederf – vir klein Ezra.

Opgewonde pak die draer die klere uit.  Die kleinste, kleinste babygrow word opgehou. 

Se sy sy kan nie dink dat sy ooit iets so klein sal kan vashou nie.

Se die tante dis ok, sy sal die kind plaas toe neem vir afwisseling.

Se die draer opgewonde ok ok,

so vir die eerste sewe jaar,
 
dan sit ons hom in die koshuis!!

Die kind is moerbang.

Uiteindelik

Junie 15, 2009 in Sonder kategorie

 
Rus en vrede na ‘n naweek van voete deur die huis. 
Die deurmatte absorbeer nie meer die modder nie, en die spore le die huis vol.

My storie is oor my kleinkind wat vroeg November die lig van die wereld sal (moet) aanskou.  Of hy nou wil of nie!

Dis ‘n seun, se die sonar.  Nou kyk, ek hou vir seuns en dogters skool.  My beste leerders is dogters.  Hulle is sag en liefdevol en dankbaar en vrienderlik en ….pienk.   Hulle doen hulle huiswerk getrou. 
‘n Onnie se droom.
Vir 35 jaar wens ek dat ek net dogters in my klas gehad het!
Het al gedink ek sal ‘n private skool net vir dogters oopmaak.  Ons kan swem, ballet, klavier, drama, kuns en al die leerareas link met die skone kunste.

Nou kom daar ‘n seun.  Sy naam sal Ezra wees.  Se die naam oor en oor en oor, om aan die vreemde non-familienaam gewoond te raak.

Hmmmm…. Ezra klink goed.
Dink ek sal met nuwe oe na die seunskinders kyk.  Net dalkies is my kleinseun anders. 

Dink ek….hoop ek….en Ezra begin al hoe mooier klink.

Goeie nuus oor Saampie

Junie 8, 2009 in Sonder kategorie

 
Vandag hoor ek Saampie is terug plaas toe.  Daar waar sy uncle en antie goed vir hom sal sorg.

Ek ken hulle.  Sout van die aarde.  Saampie sal skoon gewas wees – klere en als!

Weg van die treurige omstandighede van Riemvasmaak.

Hy sal onder streng toesig wees, ook met die doen van huiswerk.
(Hy is mos geskors tot volgende Woensdag.)

Hoop net hy sal nie aanjaag en dat hulle hom ook gaan skors nie!

Baie dankie vir julle belangstelling en goeie raad.

Griet, die wyse een wat van kinders ken, het gese ek moet konsentreer op Saampie se akademie en as daar probleme is, moet ek dit onder die aandag van die maatskaplike werker bring.  Dis my werk en basta!
Dus, spesiale dankie, Liewe Griet van die Boland.

En as Saampie terugkom, sal ek maak soos Abrham voorgestel het.
Dankie ook aan jou, die kenner van siele.

Dis die laaste van Saampie hier.  (Net incase julle gatvol is.)