Nog ‘n lekke natte – nie vir my nie!

Mei 29, 2009 in Sonder kategorie

 
Laaste periode op ‘n Vrydag.

Huiswerk is afgeskryf, alles opgepak en Juffrou lees uit die nuutste (ai, dis so oulik) Kinderverse – lekker cool en withit.

Die kindertjies laaik!

Dis vrek snaaks en midde-in een begin een giggel. Ek dog toe ok, die kind is skerp. Sien mos die intelligensie uit die reaksie.  Toe bars gaos los.  Dis stamp aan die een langsaan en val om en stoei op die mat en spring later op die stoele en banke en ek dog WTF??

My reaksie?

Neem stilletjies my mandjie en sluip by die klas uit.

Ek weet regtig nie of hulle nou nog daar sit nie…

33 antwoorde op Nog ‘n lekke natte – nie vir my nie!

  1. DroomKind het gesê op Mei 29, 2009

    Ek hoop so! Die klein helletjies! Hulle verdiende loon!
    xxx

  2. diefotoman het gesê op Mei 29, 2009

    🙂 seker die klas was leeg n sekonde na die klok gelui het.

  3. Trakie het gesê op Mei 29, 2009

    Kan my die verdwaasde gesiggies indink: Waar’s Juffrou?!

    Geniet jou naweek!

  4. gidivet het gesê op Mei 29, 2009

    Ek het nou lekker gelees en geglimlag oor jou laaste klompie inskrywings. Geniet die naweek. Hoop dis nie te koud nie. (Die skoolopsigter het hulle seker uitgesmyt toe hy die klas wou gaan sluit…)

  5. abrham het gesê op Mei 30, 2009

    jy stir en dan maak jy gatskoon. n ou hand beslis!

  6. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    DK, ek moes eintlik die deur van buite af gesluit het!
    Kan jy dink wat die mammies sou doen?
    lol

  7. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Seker, Spook.
    Het sekerlik ook die klas uitgestorm ..

  8. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Dankie vir die ondersteuning, MK.
    xx

  9. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Elmarie, daar is regtig ‘n paar bullebakke en dan is daar die engeltjies. Shame, hulle verdien dit nie.

  10. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Kelkiewyn, die dag gaan kom dat ek finaal uitstap. Sommer net so just like that!
    Die harrrrre op my tanne is al gevleg.

  11. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Haai, gidivet. Ons doen dit self, klas skoonmaak, ruite was, sluit, ens. Hier is maar min hulp. En die wat daar is word uit die skoolfonds betaal. Arm, se ek jou!!

  12. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Annemari, ek voel effe skuldig.
    Dis nie lekker om die klompie agter te laat sonder om te groet nie.
    Maar nou ja!

  13. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Abrham, ek stir?
    NOOIT!!!
    ha

  14. DallaSePa het gesê op Mei 30, 2009

    Mooi een Lou … wmj vandag?

  15. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Dit was nog donker, toe is ons al by Shopraait, en toe gekoffie.
    Nou wag ons vir die rugby.

  16. pasella het gesê op Mei 30, 2009

    Ek het nou eers ingehaal hier by jou, nou snap ek die soet koffie verwysing daar by my, ja, na 36 jaar is ons koffie soet, maar dit dis nog altyd so (seker goed geroer!), en ek is baie dankbaar daarvoor.

  17. Hehe. Goeie skuif vir ‘n Vrydagmiddag, Lou! Hoop jou naweek was heerlik.

  18. boerseun1 het gesê op Junie 1, 2009

    Daars ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Jy’t daai gaan tyd mooi reg gekry. Moenie worry nie, die hongete sou hulle huistoe dryf. groete

  19. kookpunt het gesê op Junie 1, 2009

    Sit asb die gedig vir ons op

  20. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    Dankie vir die ondersteuning, Flentertjies.

  21. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    Lewies, jy het sowaar baie om voor dankbaar te wees!

  22. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    Baie rustig, Joanna, so sonder die internet!

  23. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    Boerseun, die spulletjie weet nou dat ek nie meer dreig nie.

  24. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    Oom F, ek gaan beslis – miskien vanaand.

  25. hehe! ek hou van jou styl. 🙂 het jy dalk daai versie van peperjêmbek gelees? “ek gaan jou… moerkoffie laat drink” Dis ‘n BAIE oulike boek. 😉

  26. DallaSePa het gesê op Junie 1, 2009

    Ai LOU, ek weet nou al jy drink jou ‘soet’ koffie stadig, ma my magtig …. ‘n slim tannie soos jy kan darem meer gereeld skryf!!!!!!!

  27. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    CS, vertel meer van daai versies.
    As ek klaar vir Hartman gebedien het, sal ek van myne vertel.

  28. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    Hi, Paljas, jy’s net so skaars soos ek.
    xxx

  29. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    lekker slaap therina.
    Werk tog aan die planne maak.
    xx

  30. loudavisi het gesê op Junie 1, 2009

    DsP, skryf is nie in my lyf nie.
    Maar ek traai telkens huiwerig.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.