o, die opwinding van die gedagte..

Mei 27, 2009 in Sonder kategorie

 
Gisteraand, net voor ek hier wou uitlog check ek gou my hotmail.

Die volgende verskyn:

BONANZA! Your mail was selected online in this week’s May 1st Worker Day category E-mail Ballot Bonanza has wins E375,000.00 Euros.  Please acknowledge the receipt of this mail with the details below to ….etc.

Rofweg geskat – so net oor die 3 miljoen rand.

Sit dadelik die pc af en duik in die bed.  Lees bietjie en vergeet van die ding.  Vanoggend onder die stort onthou ek.  Moet se my hart klop vinnig en ek haas om die besigheid NUGTER en OORDENTLIK te kyk.

Net voor werk kom die kinders gou in vir koffie. Ek se vir die draer van die ertjie sy moet gou kyk of dit nie dalk ‘n scam is nie.  Sy weet net hoe en google in op fraudsomething…wragtag daar is die man (dr, mind you)  op die waarskuwingslys. 

Ek het in daardie tydjie lugkastele gebou en sommer self blou geverf.

Ek is geen dobbelaar nie, wonder dan hoekom my hart so geklop het en my asem so kort was.

Het geen begeerte na geld of besittings nie  – wys net mens smag mos altyd na beter….soos die kinders by die skool sal se:

“Lekke natte”   (weet nie wat dit beteken nie, hoop nie dis ombeskof nie)

40 antwoorde op o, die opwinding van die gedagte..

  1. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    ek ken dit nie, Leon.
    Die droom was lekker..tsk

  2. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    whatever dit beteken, therina, ek voel geverneuk…sien.

  3. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    kry julle ook sulke goed?
    Ek is maar stupid – sien ek.

  4. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    En…..?
    ok koebaai eers. sien more

  5. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    Ek het vir Saampie en sy ouma ‘n huisie gebou met daai geld (onder andere)
    Ha!

  6. Berwick het gesê op Mei 27, 2009

    As ek vanaand die Lotto wen… wonder ek of ek more sal gaan werk.

  7. DroomKind het gesê op Mei 27, 2009

    any dream will do….
    veral as jy doen wat ons doen! 🙂
    xxx

  8. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    Dit het ook by my opgekom, Berwick.

  9. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    Hehe, DK…nee, ek sal maar bietjie vasbyt as wen ek wat.

  10. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    MK, dis my eerste keer…kan jy onthou hoe was jou eerste keer?
    Die vae hoop…maar nouja, so leer ons oues.

  11. kookpunt het gesê op Mei 28, 2009

    Mens moet baie versigtig wees met die goed

  12. neirac het gesê op Mei 28, 2009

    Bummer!!!!!

  13. tronkie het gesê op Mei 28, 2009

    Lou, jy is snaaks! Hoop nie dis ombeskof nie!! Ek mis jou – liefde xx

  14. zephur het gesê op Mei 28, 2009

    Dis so bollie dat hul ‘n mens so bly maak en dan is dit net wind…

  15. diefotoman het gesê op Mei 28, 2009

    :)ek het nou die dag n miljoen pond gewen. dit was per sms, my sel no: is in n wereld wye kompetiesie getrek.

  16. diefotoman het gesê op Mei 28, 2009

    Ek sal darem so bietjie van my skuld kan afbetaal, maar werk sal ek moet werk daarvan is ek seker.

  17. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    Gaan ook nie blindelings net delete nie, Oom F. Kyk eers die kat uit die boom lol

  18. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    Ja, Neirac.
    Of natte..

  19. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    Tronkie, ons moet begin planne maak vir ‘n weersiens.
    xx

  20. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    Zeppie, dis sowaar bollie!

  21. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    Wat maak jy toe met die geld, Spook?
    haha..

  22. Ek sou ook begin lugele bou het… en verf, sommer al die kleure van die reenboog! Sjoe! As dit waar was – lekker! Ek sou ….m m m te veel om op te noem! 🙂

  23. loudavisi het gesê op Mei 29, 2009

    Dankie, CS. Ek het bietjie naief begin voel…lol

  24. loudavisi het gesê op Mei 29, 2009

    Mev Lee, jy’s lekker slim vandag! lol
    Het nie aan Hettie gedink nie.
    Sy sal sekerlik weet.
    Hoe ry die porche?
    haha

  25. DeViL010 het gesê op Mei 29, 2009

    Nee wat maaitjie moenie naief voel nie, mens mag maar droom…. dis net nie te sê dit gaan waar word nie…… as dit maar kon…LOL!!!!

    Geniet jou/julle naweek!!!!!

    :>)))

  26. loudavisi het gesê op Mei 29, 2009

    Dankie vriendin.
    Lekker naweek vir julle ook.

  27. ACER123 het gesê op Mei 29, 2009

    3 miljoen is nie onbeskof nie…net eksentriek….lol

  28. sprokie het gesê op Mei 29, 2009

    ek het ook so gevoel die eerstemaal toe ek so ‘n email ontvang het. maar ek is nou wyser, soos jy 😉 ek weet ookie wat ‘lekke natte’ beteken nie, seker maar iets soos cool?

    lekker naweek!

  29. loudavisi het gesê op Mei 29, 2009

    Of onmoontlik, Heros.

  30. loudavisi het gesê op Mei 29, 2009

    Geniet die somer, Prinses.
    Dis lekkkkeeerrrrrr KOUD hier.
    xx

  31. loudavisi het gesê op Mei 29, 2009

    therina, ek en Hartman kan ook nie wag nie!!
    Ons polish solank die braaihout.

  32. loudavisi het gesê op Mei 29, 2009

    Hoop om jou in die Junie vakansie iewers raak te loop…maak planne ens.
    xx

  33. DeViL010 het gesê op Mei 29, 2009

    Maaikie dankie viri inloer, ek antw. jou op spaces!!!!

    :>)))

  34. tronkie het gesê op Mei 29, 2009

    Lou!!! Ek het ook gewen!!!! Ek het vandag die mail gekry!!!

  35. abrham het gesê op Mei 30, 2009

    onthou my maxim ;
    the man who lives in hope, dies in shit…

  36. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Hi Duiwelkie.

  37. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    GELUK, Tronkie!
    Kom ons maak planne vir ‘n eilandvakansie of ons koop sommer een!!
    xx

  38. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Ja, Abrham ek weet!!
    Ons sal anyway almal dooi, met of sonder hoop.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.