Oor getroud wees

Mei 26, 2009 in Sonder kategorie

 
Sondag was die krag heeldag af en so tussen die stoepchats en buitekombuis kokery, het ek my leeswerk bietjie ge-update.

In die een boek is ‘n aanhaling van Mark Twain.
Hy se: Geen man en vrou weet regtig wat perfekte liefde is totdat hulle minstens 25 jaar getroud is.

Julia Ward Howe se (90 jr) :
All the sugar is in the bottom of the cup.

Ons is ver verby die 25jr – meer soos 34jr.
Die koppie is amper leeg en die koffie raak al hoe soeter.

42 antwoorde op Oor getroud wees

  1. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    therina, jou koppie is dan nog half vol.
    wag maar, jy sal sien
    Lekker dag vir jou ook…
    xx

  2. DallaSePa het gesê op Mei 26, 2009

    Jinne … daai laaste sin … so mooi!

    ‘Die koppie is amper leeg en die koffie raak al hoe soeter’

    PS – Drink stadiger …

  3. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    ek sip-sip bietjie vir bietjie, DsP

  4. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Mev Lee, jy is so gelukkig.
    Koester dit.

  5. diefotoman het gesê op Mei 26, 2009

    Ek dink as die jare te veel raak bring dit ook baie hartseer. Want as die een begin agter uitgaan moet die ander een dit tog opmerk.

  6. kookpunt het gesê op Mei 26, 2009

    Ek begin dit ook verstaan, maar ek kan nog nie my vrou se logika verstaan nie… Lol

  7. abrham het gesê op Mei 26, 2009

    is te soet koffie lekker? mindyou as hy halfleeg is, is die ergste amper verby!moer op die bodem vormpies? syne of joune!

  8. Trakie het gesê op Mei 26, 2009

    Kan nie wag dat ons krag weer ‘n slag afgaan nie. Ek’s behoorlik uitgehonger vir lees 😉

  9. neirac het gesê op Mei 26, 2009

    En as die onaardige geluid van die mes oor sy bord jou die horries gee soos laas Sondag, byt jy maar op jou tong en onthou hoe lief jy hom het.

  10. zephur het gesê op Mei 26, 2009

    25 jaar sjoe ek is nou eers by 17…ai tog.

  11. DroomKind het gesê op Mei 26, 2009

    ag lekker! En dit raak stroopsoet met die ertjie wat oppad is 🙂

  12. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Elmarie, as jy die dag daar kom, sal jy proe hoe soet die liefde regtig dan is.

  13. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Ja, Spook, dis waar.
    Ons leef solank in denial tot daai tyd kom.

  14. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Flentertjies, jy was in my kop toe ek dit geskryf het, want ek weet julle beker word ook al hoe soeter.

  15. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Oom F, jy sal ook nooit nie.
    Vroue se logika hou mans op hul voete.

  16. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Annemari, dis tog so hartseer om sulke dinge te moet aanvaar.

  17. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Nat, jy sal dit ook nog proe.

  18. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Vormpies, dis die moer se skuld!
    Ai dis darem jammer om te hoor.
    Sterkte

  19. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Dis by wyse van spreke, abrham.
    Ek gebruik glad nie suiker nie.
    lol

  20. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Kelkiewyn, die lees in die bed voor slaaptyd is te kort. Weet meestal nie wat ek dan lees nie.

  21. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Piepie jy nou my battery nat!
    Dis die geluid wat my so laat grrrrril..

  22. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    So jy het nog baie om na uit te sien en te geniet, Zeppie.

  23. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    DK, eendag sal jy ook weet waarvan ons ou mense praat!
    lol
    xxx

  24. Simss het gesê op Mei 26, 2009

    gits…eks nog mar ‘n noobie, noggie ees naby trou nie…maar ek sal aan hierdie woorde vasklou eendag…dit weet ek sommer nou al!!! dankie Lou!!!

  25. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Leer maar lekker hier by die oumense.
    Voorspoed, hoop jy kry net die regte maat en koester die koppie.

  26. Janklaas het gesê op Mei 27, 2009

    True, true.

    Volgende jaar dertig. Dit verstom my dat my vrou dit met my bly uithou.

  27. Zeelia het gesê op Mei 27, 2009

    Met die jare kom die wysheid… decompression sickness

  28. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    As sy nog by jou is Janklaas, dan is dit suiwer liefde – of uithouvermoe lol

  29. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    Asi, Aelia, as die kinders net wil luister.

  30. neirac het gesê op Mei 27, 2009

    Ja, gedink ek doen. LOL

  31. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    Leon, julle laaities moet luister as die oumense praat.

  32. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    So dan’s jy nog moedswillig ook!!!
    lekker hehehe

  33. hehe! So, jy sê daar is hoop. 🙂

  34. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    Hope!
    Ons het self sewe sakke sout deurgewerk.

  35. DeViL010 het gesê op Mei 27, 2009

    Hehehehe….. jy is wonderlik, dankie vir die inloer. Hierdie duiwelki gaan more huistoe en sy is so happy soos ‘n kat wat ‘n hele emmer room gekry het, never maaind ‘n piering room…..

    Ek hou baie van jou blog hierbo!!!! Mag dit altyd net nog soeter en soeter word……. vir almal!!!

    :>)))

  36. DallaSePa het gesê op Mei 27, 2009

    Skryf Loua!!

  37. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    Ek hoop joune word ook soeter, Kelly

  38. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    Thanks Duiwelkie.
    Hoop jy kom veilig tuis

  39. loudavisi het gesê op Mei 30, 2009

    Mooi gese, Skitter.
    Sal dit onthou.
    xx

  40. Liedjie het gesê op Junie 4, 2009

    Perfekte liefde is daar nie, maar ware liefde wel. Ek is nog ver van die 25jaar merk af, maar ek dink ek het al ‘n smakie van daardie soet onder in die koppie. Daai wat ek as kind so met die lepel uitgedelf het as die koppie leeg was. Lanklaas by jou ingeloer maar dit is altyd lekker.

  41. loudavisi het gesê op Junie 4, 2009

    Haai, Liedjie, jy’s altyd welkom.
    Gaan ook nou ‘n slag by jou kuier

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.