Terug by die pilare

Mei 22, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek het ‘n tyd gelede vertel van die pilare.  Die Wes-Kaap het na die bylmoord op die Gr 2’tjie hier, die pilare na skole en gemeenskappe gebring.  Die ses pilare is:
Trustworthiness
Respect
Responsibility
Fairness
Caring
Citizenship

Ek het laasjaar met pilaar 1 begin en nooit by die ander uitgekom nie.  Nes ek dink dis tyd om na nr 2 te beweeg, gebeur daar weer iets wat ons terugjaag na pilaar 1.  As ‘n kind so skuins na bo kyk as hy ondervra word, dan kan jy maar weet hy dink ‘n liegstorie uit. Dan se Juffrou:
Stop
Dink
Doen ek die regte ding?
Wat sal jy oorkom as jy net die waarheid praat?

Gou-gou kom die waarheid uit.  Soos nou die dag.

Kom ‘n ma in trane my sien. Haar dogtertjie se die kinders se sy’s vet.
Ons staan sommer in die gang voor die klaskamer en chat.  Ek roep die kind. Sy se dis al die dogtertjies in die klas.  Ek roep die dogters. Vra wie dit gese het.  Dadelik gaan die eerste handjie op, en toe nog en nog.  Almal tjank lekker en gee drukkies en se sorry en nou is hulle weer BFF’s. 

Glo nie ek gaan ooit by die ander pilare uitkom nie.

Nommer een werk werklik!

59 antwoorde op Terug by die pilare

  1. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Leon, nr 1 dek sommer al die res.

  2. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Mev Lee, dis vreeslik.
    Kinders is gruwelik.
    Toemaar, ons is BAIE lief vir jou.

  3. Ek het dit al vantevore gesê en ek sê dit weer: Jy is ‘n besonderse mens en ‘n uitmuntende onnie!

  4. kookpunt het gesê op Mei 22, 2009

    Baie goeie begin. EN ek glo as jy nommer een reg het sal die ander in plek val

  5. monicahaddad het gesê op Mei 22, 2009

    Lou, jy doen wonderlike werk…..

  6. tronkie het gesê op Mei 22, 2009

    Ag kan ek jou maar nie in twee deel of kloon of so iets nie – jou ander deel kan forniet in my wendyhuisie kom bly – dan kan jy die klein tronkie home-schooling gee. Jy is amazing, hoor.

  7. neirac het gesê op Mei 22, 2009

    Gewonder waarvoor daai goed voor die bib staan. Nou weet ek ook.

  8. bloukaap het gesê op Mei 22, 2009

    die pilaar is eintlik jy , antie ……. jy is ‘n rotspilaar van ‘n vrou Lou. daai kinners en ouers moet nader aan die skadu van jou pilaar. Amen.

  9. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Ag dankie, Thomas
    (bloos)

  10. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Oom F, se ek ook mos!

  11. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Monica, fight nog steeds met die dissipline, maar die liegery kry nou end.
    Dis darem iets.

  12. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Ek dink daaroor, Tronkie!
    Gaan BESLIS my kleinkind homeschool.
    xx

  13. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Dis mos daai einste pilare wat op die verkeerde plek geplant is, wat die gemeenskap hier so laat opruk het.
    Die moord was mos hier….sien jy?

  14. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Annemarie, dit werk net soos jy se.

  15. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Ag toe nou blou Kaap!!
    Maar dankie…

  16. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    therina, ek hoop maar dit maak ‘n verskil.
    Groete vir brombeer..en geniet!!

  17. wild1 het gesê op Mei 22, 2009

    Ag dis great! Eerder een pilaar ordentlik as almal floutjies. Jy gaan nog kom by die ander, ek weet.

  18. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Doekvoet….???
    Nog nie. Dis ‘n ander storie daai.
    Miskien eendag.

  19. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Willemien, ek hoop…

  20. Charlsiebun het gesê op Mei 22, 2009

    hehehe fanks my tannie lou jys special 🙂

  21. loudavisi het gesê op Mei 23, 2009

    Hi, Charlsiebun…lekker om jou weer op die lug te kan he.

  22. loudavisi het gesê op Mei 23, 2009

    Flentertjies, lyk my ek gaan maar net by die een hou.

  23. loudavisi het gesê op Mei 23, 2009

    nog met sy hare, ja, Abrham.

  24. katrina het gesê op Mei 24, 2009

    Ek het al male sonder tal besef dat sukses in die klaskamer nie gemeet word aan kopkennis nie, maar hartkennis. (Vir die onnies en die kjinners)

  25. Zeelia het gesê op Mei 24, 2009

    Ek het altyd vir my man wat ‘n reus is gesê hy moet afdaal na ‘n kind se vlak (dit wil se op sy knieë gaan staan)as hy met hul praat, want hul skrik so groot vir die groot man wat hul berispe dat hul behoorlik sprakeloos staan…

  26. loudavisi het gesê op Mei 24, 2009

    Katrina, ek glo ook dat onnies eers hulle eie kinders moet he, anders verstaan hulle nie hoe kinders se koppe werk nie.

  27. loudavisi het gesê op Mei 24, 2009

    Hy kan gerus ‘n paar kinders hier kom skrikmaak..lol.
    Mens moet ook tot ‘n kind se denkvlak kan daal.

  28. loudavisi het gesê op Mei 24, 2009

    Kokomo, dit is so..ook nie so maklik nie, want mens raak so lief vir hulle, en dan trek hulle of word groot.

  29. pasella het gesê op Mei 24, 2009

    Jy is ‘n wyse juffrou Lou!

  30. DallaSePa het gesê op Mei 24, 2009

    Naand Lou!
    Anner dag sal ek jou ‘n storie vertel oor pil-are!
    ;-)))

  31. ACER123 het gesê op Mei 24, 2009

    is jy seker jy het nie vir my klas gegee nie….?lol

  32. loudavisi het gesê op Mei 24, 2009

    As dit so is, Lewies, dan kom dit maar met die ouderdom. 🙂

  33. loudavisi het gesê op Mei 24, 2009

    DsP dalk liewer nie!! hehe

  34. loudavisi het gesê op Mei 24, 2009

    Heros, net dalk…ou geheue is ook nie meer wat dit was nie.

  35. Hi Lou! Ons het so tyd terug die karakterbou pilare gedoen by ons skool. Dit klink vir my baie dieselfde. Ons het elke Maandag een in die saal gedoen, so het ons ‘n paar keer in ‘n jaar deur die hele program gegaan.

    Mens kon nogal die verskil sien wat dit in die kinders se lewens gemaak het. Ons praat juis daaroor om dit weer te begin doen!

    Lekker week vir jou. Dis amper vakansie, maar ek het nog ‘n paar katte om dood te slaan voor ek my voetjies omhoog kan gooi! 🙂

  36. klarisabet het gesê op Mei 24, 2009

    Goeie commonsense waardes daai…

  37. loudavisi het gesê op Mei 25, 2009

    Dis dieselle pilare, CS.
    Ons was veronderstel om dit as ‘n skool aan te pak, maar smaak my dit het net so doodgeloop …soos alles.
    Ek beplan net mooi niks vir die vakansie..ek hou van jou voetjies omhoog gooi…hmmmmm

  38. loudavisi het gesê op Mei 25, 2009

    Klarisabet, dit is.

  39. As almal maar so karaktertjies kon help bou! Ons het ‘n duisend Lou’s nodig! Nee, meer. Kan ons jou nie kloon nie?

  40. loudavisi het gesê op Mei 25, 2009

    Ai, Joanna.
    Dis nou nie bedoel vir komplimente nie.
    Maar dankie!

  41. Hallo LOU! Dis weer sulke tyd… GGBS! Ek haat dit!

    Lekker weerk vir jou 🙂

  42. DroomKind het gesê op Mei 25, 2009

    Pilaar 1 laat gelukkig ook al die ander regop staan! xxx

  43. DallaSePa het gesê op Mei 25, 2009

    Skryf tog weer ‘n biki – ja ja!
    Skryf tog weer ‘n biki – ja ja!!
    Skryf tog weer ‘n biki – ja ja!!!

    Skryf tog weer ‘n biki – ja ja!
    Skryf tog weer ‘n biki – ja ja!!
    Skryf tog weer ‘n biki – ja ja!!!

  44. loudavisi het gesê op Mei 25, 2009

    Ons het klaar ge-GGBS…Flippen tydmors!!!
    Elke woord moet mos genotuleer word, as “hulle” maar net weet, ek skryf sommer agendas en notules hier by die huis van fiktiewe vergaderings… check my pilaar nr 1. Dis mos net vir kinders!

  45. loudavisi het gesê op Mei 25, 2009

    hene, DK, jy kan darem ‘n ding slimse.

  46. loudavisi het gesê op Mei 25, 2009

    DsP, dis pinkster ens ens ens.
    Ek skryf min, maar as ek die slag skryf moet jy luister – juffrou het gepraat!!

  47. sprokie het gesê op Mei 25, 2009

    nee, die tempel gaan nooit klaar kom nie klink my, hahaha. Weet jy, die Ysland storie. Ek ht ook so gedink, maar volgens ‘n vurige Yslandiese toergids is Ysland op sy eie. Hulle is wel deel van die Sjengen ooeenkoms en die Noordiese Lande, maar verder niks. klink vir my maar na ‘n tegniese kleinigheid, hahaha!

  48. loudavisi het gesê op Mei 25, 2009

    Ek se ook so, Prinses.
    Die jongeling doen intensiewe studie oor die tipe van goed. Hoe sal ek hom kan oortuig?

  49. sprokie het gesê op Mei 25, 2009

    haha, wie is hierdie jongeling?

  50. Naand juf, hulle moes jou by die waarheid & versoennings kommisie gehad het! Lyk my jy laat die waarheid maklik uitkom! Hehe Lekker slap.

  51. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Sien so uit daarna, therina
    xxx

  52. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Ja, Boertjie!

  53. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Hi Nat, ja dit gaan goed. Die ma het lae bloeddruk en voel nooit lekker nie.
    Die kinners van vandag darem!!

  54. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Doekvoet, jy weet mos.
    Dink ons moet ‘n onnieblog stig en dan kan ons lekker planne maak om die Dept van Onderwys omver te werp.
    Of ons stig ons eie private skool of iets!!

  55. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Sien jou PM, prinses

  56. jjanajj het gesê op Mei 26, 2009

    og ek like jou stories, lou.
    😉

  57. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    Thanx, Jana.
    ;O

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.