Die perfekte ouers

Mei 19, 2009 in Sonder kategorie

 
Toe ek nog jonk en nuuskierig was oor die opvoeding van kinders, het ek gelees oor hoe verskillende ouers uit verskillende kultuurgroepe hulle kinders grootmaak.
Tronkie het onlangs geskryf oor kinders wat tantrumeer as hulle nie hul sin kry nie, toe dink  ek aan die een:

Die Sioux en Cheyenne Indiane van Amerika was (is?) buffeljagters. (Sekerlik ook enige ander dier wat toevallig oor hulle pad kom.)

As ‘n nuwe baba lyk of hy wil huil, word sy neus en mond liggies toegedruk terwyl die ma saggies ‘n wiegeliedjie neurie.  So word kinders geleer dat hulle geen lawaai mag maak nie. Ook word kinders geleer dat niemand toegelaat word om hulle mense in gevaar te stel of om die kos vir die pot te verwilder nie.

Geen kind word deur geen mens gestraf nie. Die kind word van geboorte af al beskou as ‘n gelyke. 
Die Indiane beskou die wit ouers as vyande van hulle kinders. Hulle koop kinders om, dien lyfstraf toe en behandel hulle kinders soos breekbare speelgoed. Die Indiane glo dat sulke kinders afhanklik en onvolwasse sal grootword, met onbeheersde woede en wetteloosheid aan die orde van die dag. 

As die baba aan die gloeiende kole van ‘n vuur wil vat, keer niemand hom nie. As hy dan brand, kyk hy nie beskuldigend na die ouers nie, maar na die vuur. “One must learn from the bite of of the flame to let it alone”

Op die ouderdom van ses weke  moet die baba in die water kom, voor hy vergeet hoe om te swem. Nou kan die ma lekker relax en nie worry oor die gevaar van vuur en water nie.

Oor respek vir kinders, ouers, grootouers, godsdiens ens, kan ek nog lank skryf. Verkragtings, moord, diefstal ens bestaan nie.

Die boek is ouer as ek en ek weet dis sekerlik nie meer so nie, maar in my oe is hulle die idiale ouers. 

Wonder of ek my kleinkind se asem saggies en met ‘n neurie sal afsluit as hy/sy besluit om te tjank…
 

  

57 antwoorde op Die perfekte ouers

  1. DallaSePa het gesê op Mei 19, 2009

    Julle sal fine wees …

  2. pasella het gesê op Mei 19, 2009

    Wie nie hoor nie moet voel, buig die boompie terwyl hy jonk is, kasty diegene wie jy liefhet, spare the rod spoil the child, etc etc. Dis maar ons kultuur, looi hom as hy nie wil luister nie!

  3. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    Ja, DsP, ons sal

  4. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    Ai, Lewies, het jy nou net mooi niks geleer van my skrywe nie?
    lol

  5. DeViL010 het gesê op Mei 19, 2009

    Ja dit klink ideaal maar sal ons dit regkry, ek dink ons sal te bang wees die baba versmoor dalk, ek glo hulle het die tegniek baie goed bemeester!!!
    Ai en dan was hulle sommer so uitgemoor….
    Lekker daggie vir jou!!!!

    :>)))

  6. chom het gesê op Mei 19, 2009

    Interessant!

    Hoop jy’t ‘n ongelooflike dag!

  7. jjanajj het gesê op Mei 19, 2009

    lou. ek gaan ‘n kopie van daardie boek moet kry. dit maak vir my sin. dit maak vir my baie sin. laat weet asseblief die details?

  8. Ja, daar is “method in their madness.”
    Interessant.

  9. bloukaap het gesê op Mei 19, 2009

    en soos gewoontlik is ek confused

  10. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    Dis regtig ‘n shame, Duiwelkie.
    Ai tog..

  11. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    Jy ook, Chomma.

  12. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    jana, dit kom uit:
    The Reader’s Digest Bedside Library, 1959
    Die titel is:
    What the Sioux Taught me.
    Geskryf deur Mari Sandoz
    Hoop jy kry dit iewers.
    O ja, ek is bietjie ouer as die boek,lol

  13. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    Thomas, ek wens ek kon my kinders weer oor opvoed.
    Helaas nou te laat!

  14. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    Ag toe nou,blou Kaap.

  15. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    therina, die weer is lieflik, doodstil en sonskyn.
    xxx

  16. net myself het gesê op Mei 19, 2009

    ek het hierdie baie geniet. het nie self kinders nie, maar wonder hoe so stelsel sal werk. ek het so ‘n lelike vermoede dat ek eendag ‘n oorbeskermende ma gaan wees.

  17. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    net myself, ons onnies like nie oorbeskermde mammas nie!
    lol
    Ek dink dit sou wonderlik wees as ons almal ons kinders so kon grootmaak…maar, nou ja…

  18. skermunkel het gesê op Mei 19, 2009

    Dag Lou.
    Ek is seker jy sal ‘n perfekte ouma wees
    Ek het die Afrikaanse taal baie lief.
    Groetnis

  19. loudavisi het gesê op Mei 19, 2009

    Dag Fernand.
    Jy praat al nes ‘n regte Afrikaner..
    Hoop dit gaan nog goed met jou.
    koebaai

  20. Trakie het gesê op Mei 19, 2009

    Baie interessant. Maak vir my nogal sin. Ek sal net ‘n wiegieliedjie neurie sonder om die mond en neus liggies toe te druk.

  21. DroomKind het gesê op Mei 19, 2009

    Jy gaan ‘n WONDERLIKE ouma wees! xxx

  22. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    kelkiewyn, ek sal seker maar ook so maak.

  23. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Ek dink die ouers van die ertjie sal net op uitnodiging hulle kleintjie te siene kry, DK. lol

  24. katrina het gesê op Mei 20, 2009

    Haha, nee, ek dink nie jy gaan eers probeer om daai neusie toe te knyp nie. Ouma sal enigiets doen om daai babatjie te laat ophou huil. Ons leer mos immers dis gesond om die emosie te laat uitkom 🙂

  25. diefotoman het gesê op Mei 20, 2009

    Net nie te lank daai lug afsluit nie.

  26. Sara.Marais het gesê op Mei 20, 2009

    Hehe! Wag maar tot jy daar is – ouma’s koop om eerder as smoor dood.

  27. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Ja, Katrina, en huil is goed vir die ontwikkeling van die longe – se hulle.

  28. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Belowe ek saliti doen nie!!

  29. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Ek vermoed myne gaan ‘n spoilt brat wees, Sara

  30. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Dankie vir die saamstem, Kelly.

  31. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Annemarie, sowaar!

  32. hi lou!

    jy klink na ‘n lekker ouma 2 b! ek weet nie hoekom nie, maar ek gee nie sommer my kind vir my skoonma nie 😉 wees bly dis jou dogter se baba! 😉

    lekker aand

  33. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Ha Lou vir jou ook DsP!
    lol

  34. loudavisi het gesê op Mei 20, 2009

    Dankie CS, weet ook nie of die dogter so graag die ertjie sal afgee nie. As mens mooi kyk is daar al ‘n effense boepie – te cute!!

  35. Berwick het gesê op Mei 20, 2009

    Dis baie interessant, Lou!

  36. loudavisi het gesê op Mei 21, 2009

    Is Berwick – die swart mense in Afrika se kinderopvoeding is amper net so interessant.

  37. DallaSePa het gesê op Mei 21, 2009

    More Juf L!
    Moenie hulle dood donner vandag nie!
    ;-))

  38. Zeelia het gesê op Mei 21, 2009

    Dankie vir die interessante leesstof… ek weet van ‘n Zulu vrou wat gereeld die baba se mond en neusie toegedruk het as hy sou gaap, want sy wou nie gehad het dat hy moet gaap nie… Sal moet gaan oplees… sick smileys

  39. zephur het gesê op Mei 21, 2009

    En ons dink altyd ons manier is reg…wys jou net.

  40. abrham het gesê op Mei 21, 2009

    fokkit, dan is daai boek seker donners oud!!!

  41. loudavisi het gesê op Mei 21, 2009

    DsP, lol!!!!
    Ha!!

  42. neirac het gesê op Mei 21, 2009

    Dink ek moet ook daardie boek kry!

  43. loudavisi het gesê op Mei 21, 2009

    Zelia, dis vreemd. Wonner hoekom die kind nie mag gaap nie!
    Sommige ouers darem…

  44. loudavisi het gesê op Mei 21, 2009

    Ons manier kan nooit reg wees nie, Zeppie. Kyk net waarmee sit ons in ons klasse…iewers MOET daar mos iets verkeerd wees.

  45. loudavisi het gesê op Mei 21, 2009

    Ek is toe bietjie ouer as die boek, Abrahm…het weer gaan kyk.
    Moenie lol met my ouderdom nie!
    Ek is ‘n waardige ou tannie en trots daarop.

  46. loudavisi het gesê op Mei 21, 2009

    Sal dit vir jou gee as jy weer kom kuier, Neirac.

  47. Vetjan het gesê op Mei 22, 2009

    my broer kon nie die kole gedeelte reg verstaan nie, as hy nie gevoel het aan ‘n rooi warm plaat nie, was dit die gaslamp se liggie… dan skreeu hy dat die berge weergalm en ons moes daarna luister !!!

  48. tronkie het gesê op Mei 22, 2009

    Ek hang aan jou lippe, Lou. Nog asseblief, nog.

    tantrumeer: jy het ‘n lekker nuwe woord uitgedink!

  49. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Petrus, wat het van hom geword?
    Sekerlik nou vrees vir vuur!

  50. loudavisi het gesê op Mei 22, 2009

    Is mos maar net ‘n anglisisme, Tronks.
    Dankie vir die lieflike, sielsopbouende kommentaar.
    xxx

  51. loudavisi het gesê op Mei 23, 2009

    Hello Flentertjies 🙂

  52. Vetjan het gesê op Mei 24, 2009

    Hy brand homself nog steeds, weet nie wat dit met hom is nie.

  53. sprokie het gesê op Mei 25, 2009

    haha, ek sien nou eers hierdie. baie baie interessant! en ek hou van die woord tantrumeer…

  54. loudavisi het gesê op Mei 27, 2009

    So ‘n lekker woord, Prinses

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.