Sportdag

Mei 10, 2009 in Sonder kategorie

So lyk dit as ons skooltjie ‘n sportdag aanbied.

Dis by die spoorwegklub se bane  (ons het nog nie ‘n pawiljoen nie)

 

 

Die dame met die rooi kopdoek sal voortaan my spanne se hoofafrigter wees. 
Die kontrak se dat sy ALTYD effens aangeklam moet wees, dan kom haar briljante kennis van die spel duidelik na vore. Sy was die hoogtepunt van die dag en die toeskouers het haar so geniet.

Teen 16:00 was ek bewerig en fragiel van moegheid…

Hoop ons het hope geld gemaak vir ons skool se pawiljoen, dan sal ons sulke byeenkomste voortaan op ons tuisveld kan hou.

O ja, ek het vir Moedersdag heerlike Pepslippers gekry en die geskenk is met die blaas van kleurvolle seepbubbles oorhandig!  Is dit nou nie cute nie?

HOOP AL DIE MOEDERS HET ‘N WONDERLIKE MOEDERSDAG.

66 antwoorde op Sportdag

  1. DallaSePa het gesê op Mei 10, 2009

    Mooiste dag vir jou ook LOU …

  2. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    DsP, jy beter Mev Dalla goed bederf!
    Dankie vir die mooi wense

  3. Angelor het gesê op Mei 10, 2009

    🙂 Om so sorvry te kan wees Lou,..

  4. skermunkel het gesê op Mei 10, 2009

    Liewe vriendin.
    Hoop julle skool kry se pawiljoen.
    Dankie vir die mooie foto’s.

  5. monicahaddad het gesê op Mei 10, 2009

    Jy moet ook ‘n heerlike dag hê, vandag mag jy pantoffels dra;-)

  6. pasella het gesê op Mei 10, 2009

    Hoop jy word bederf op hierdie Moedersdag!

  7. kobusvictor het gesê op Mei 10, 2009

    Gelukkige moedersdag. Ons twee, ek en geliefde, het nie die voorreg van Moeders- en Vadersdag nie. Ons het nie kinders nie, maar ons verlekker ons in die vreugde van ander mense.

  8. DroomKind het gesê op Mei 10, 2009

    Ag lekker! Dié juf gaan ook mos weer een van die dae netbal blaas! Oeps!
    Geniet jou dag Ster xx

  9. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    En sonder enige inhibisies, Angelor!
    Te dierbaar..

  10. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Dankie Therina.
    Weet sommer joune gaan ‘n ball wees.

  11. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Ons fondse is al halfpad daar, Fernand.
    Volgende jaar die tyd pos ek ‘n foto!

  12. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Is nog te warm vir die pantoffels – nog eers bietjie kaalvoet loop op hierdie laaste somerdae, Monica.
    xxx

  13. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Ek bederf sommer myself, Lewies.
    Dis weer ‘n gedoente van ‘n middagete.

  14. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Dis harseer, Kobus.
    En ek dink aan my ma wat alleen daar ver sit…ai tog!

  15. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    DK, ek hou glad nie van blaas nie!
    Maar mens moet maar doen wat mens moet doen.

  16. bloukaap het gesê op Mei 10, 2009

    lou, ek is f’in f’in f’in mal oor die fotos ………….

  17. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Haai blou kaap, ek het geweet jy sal dit waardeer! lol
    Dis mos hoe dit hier gaan en lyk..

  18. abrham het gesê op Mei 10, 2009

    die kuiertjie was bietjie quick, ek hou nie van wam bam thankyou mam aksies nie – next time! jy bak die heerlikste gekoopte melktert, ek sal daai resep hier onder die vaalpense versprei.

  19. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Ek was so opgewonde toe vergeet ek die pannekoek by die stalletjie..
    Dit was hopeloos te kort.
    Bly jy is veilig tuis.

  20. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Vit jou ook Lo-Ammi

  21. susan5 het gesê op Mei 10, 2009

    Die hoofafrigter moet mos ‘n se he. bly julle is nader met die fondse vir die pawiljoen!!!!

  22. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Huil dit uit, Elmarie, dan voel jy beter.
    dink aan jou
    (hugs)

  23. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    Susan, dis harde werk, maar what the hell!!
    Groetnis

  24. loudavisi het gesê op Mei 10, 2009

    i.p.v. Noord van kaap, Namakwaland, waar dit nog agter die klip is!
    Lekker…

  25. Hoop jou moedersdag was ook heerlik! Ek het ook Saterdag so ‘n sportdag gehad! (Ek haat ek haat)

    Ek sien Jason het ook gewen by idols! Dit was in Saterdag se koerant. Jy is seker bly!

    (Ek dink ons 2 se skooltjies is op dieselfde trant!)

    Lekker week vir jou! 🙂

  26. boerseun1 het gesê op Mei 10, 2009

    Daar is min dinge so lekker as om skool sport op die platteland te gaan kyk nie. Behalwe nou vir die fights so elke nou en dan tussen pappas. Die mamma fights is okay, veral wanner hulle mekaar se designer klere begin afskeur!! groete

  27. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    CS, ek like dit ok nie!
    Wie werk nou op ‘n Saterdag van 8:00 tot na 20:00?
    Jinne vrou, was ek nou moeg!!

  28. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    Ek weet van Jason.
    Hy was gisteraand op Carte Blanche…jy’s reg, ek is SO BLY!!

  29. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    Hahaha, Boerseun!
    Jou verbeelding is grensloos…lol

  30. kerneelsie het gesê op Mei 11, 2009

    Ek kan sommer uit die foto sien dat ek daai tannie met die rooi kopdoek gate uit sou geniet.

  31. zephur het gesê op Mei 11, 2009

    Kundigheid kom in daai wynsakke ja…

  32. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    kerneelsie, sy’s glad nie op die bek geval nie.
    En sy ken van netbal!!

  33. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    Zeps, ons moet net nie verslaaf raak nie
    ok?

  34. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    Dankie, Natasja!
    Hoop jy’t ‘n lieflike week.

  35. klarisabet het gesê op Mei 11, 2009

    Daardie tannie lyk beslis asof sy dalk self op haar dag hoofdoelverdedigster of iets sou kon gewees het…{-;

  36. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    Ek weet nie, Klarisabet, maar ken van, ken sy!

  37. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    Dis al weer iets van die verlede, Flentertjies.
    Stil en rustig soos ‘n oorlogskip in die hawe..

  38. loudavisi het gesê op Mei 11, 2009

    Heita, Lo-Ammi!

  39. tronkie het gesê op Mei 12, 2009

    Oe Lou – ek wens ek kan daai afrigter in aksie sien. Wat ‘n treat.
    Het die ertjie se mama die borrel-ding gedoen? – baie oulik.

  40. DeViL010 het gesê op Mei 12, 2009

    Ag moeder, die tannie leef haar regtig vreeslik in die aktiwiteite, ek dink dit moes wonderlik gewees het om haar te beluister!!!!

    X’s bly jy voel darem al weer beter en opi bol, na alles!!!!

    Geniet jou slippers en ek dink die bubbles was ‘n baie oulike idee!!!

    ((drukkies))

    :>)))

  41. jduplooy het gesê op Mei 12, 2009

    LOL!! Kan my net indink, die kommentaar… Tante het baie hard geskree en ook biae te sê gehad oor al daai voetfoute en obstruskies ens, ens!!

  42. loudavisi het gesê op Mei 12, 2009

    Ja, sy het!
    So flippen kreatief!!
    xxx

  43. loudavisi het gesê op Mei 12, 2009

    Duiweltjie, die vrou was skreeusnaaks.
    Haar dogter het in die een span gespeel en sy was GLAD nie beindruk nie – dis eintlik so sad – skaam vir haar ma, sien jy!

  44. loudavisi het gesê op Mei 12, 2009

    Mev Lee, dit was behoorlik sports by die sport!

  45. loudavisi het gesê op Mei 12, 2009

    Ja, Whatever, en die raad vir haar span!
    Daai antie weet van..

  46. DallaSePa het gesê op Mei 12, 2009

    Skry weer ‘n biki … ja JA!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!!

    Skry weer ‘n biki … ja JA!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!!

    Skry weer ‘n biki … ja JA!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!!

  47. sprokie het gesê op Mei 13, 2009

    Een van die dae is jou dogter ook ‘n moeder 😉

  48. DeViL010 het gesê op Mei 14, 2009

    Ai ja, dit is sad….. die arme kind!!!! Ek dink dis vrek moeilik vir haar maar ander mense vind dit prettig en ander weer dink sys vreeslik irriterend of hoe!!!!

    :>)))

  49. Trakie het gesê op Mei 14, 2009

    Kostelik, die dame met die rooi kopdoek. Hoewel haar kind seker nie so gedink het nie.

  50. neirac het gesê op Mei 14, 2009

    Lou, jy’s aan. Gaan kyk op my blog as jy wil uitvind wat aangaan.

  51. ACER123 het gesê op Mei 15, 2009

    more Lou…

  52. gidivet het gesê op Mei 15, 2009

    Lyk na pret Lou. My mev G het netbal gespeel en afgerig. Ek het my altyd verkneukel aan die sêgoed van die moeders langs die netbalbaan. Baie interessanter as die spel.

  53. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Welkom telkom!!
    Was 3 dae van die lug af!!!!!!

  54. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Is so, prinses.
    Ons kan nie wag nie!!
    Die sonar se die ertjie het sy/haar pa se voete..

  55. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Kelkiewyn, beslis nie!

  56. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Ek gaan nou kyk.

  57. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Hello Doekvoet

  58. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Hello heros.

  59. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Gidivet, enige iets is interessanter as netbal – hehe!
    Kan net nie die dames se gefightery hanteer nie..

  60. gidivet het gesê op Mei 15, 2009

    Ja hulle het amper handgemeen geraak by tye.

  61. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Genade, elke vrou wat iewers netbal gespeel het dink sy het die bal gele!
    Sien jy?

  62. loudavisi het gesê op Mei 15, 2009

    Een papa het my byna in die stof laat val…dis die mammas wat so oulik is, Paljas.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.