Volgende week …

Mei 3, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek sug .. ek is agter met die beplanning .. ek is in my moer (sorry) peetjie.

Buurman Jan en sy fraaie vroutjie en my kinders het vandag hier gekuier en dit was so te lekker. 

Ek het donkeroggend opgespring en vasberade hier kom sit om met oorgawe my goeters en dinge agtermekaar te kry, maar kort-kort ‘n verskoning uitgedink. Die swembad was toe onder muggies (ek dink dis muggies) en ..en .. en.. sien julle?

Eerste skooltaak is afgehandel. Dit het 3 ure geneem na die middagslapie, (Daar le nog 8 voor, voor Woensdag) 
 EN EK MOES NET DIE IDOLS FINAL SIEN!
My hart breek vir my idol Jason wat nie gewen het nie. Hy het laas week Hey Jude met soveel oorgawe gesing!

Ok, more is vergadering om die naweek se reelings te bespreek. Vyf skole kom hier sport, een van die Kaap af, en dan eindig dit in ‘n dans Saterdagaand.  Dinsdag netbalwedstryde. Woensdag die Noordwes Boland netbal proewe en MODERERING. (Ek is hulp-moderator)  Al die skole in die kring moet hulle werk bring en dan word daar lyste afgetik en dan wag jy in spanning om die uitslag te hoor.

Dis net hier waar ek gaan ophou moan en dankbaar wees vir alles om my en veral vir my werk, en vir alles wat ek om my sien en vir blogville waaraan ek totaal verslaaf is.

Die punt is: ek is in my peetjie is JULLE skuld.

HA!

55 antwoorde op Volgende week …

  1. Creme-Soda-Junky het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    Toemaar Lou. Jy is nie alleen op planeet-in-jou-peetjie-met-beplanning nie! hehe 😉

  2. diefotoman het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    Ek weet presies hoe jy voel, ek spandeer ook gans te veel tyd hier by julle.

  3. loudavisi het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    CS, Ek dink ek is totaal en al aandagafleibaar…

  4. loudavisi het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    Spook, met skrywes soos joune kan ek dit nie help nie!

  5. bloukaap het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    wie is peetjie , wat is peetjie , kan mens dan uit jou peetjie wees?

  6. wild1 het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    A nee a lou, moet nou nie blameshift nie:)

  7. DroomKind het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    Peetjie of te not… ons bly lief vir jou! xx

  8. loudavisi het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    blou kaap, jy ruk nou die hoener!!
    hehehe

  9. loudavisi het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    Ag, Willemien, laat my net die keer toe!

  10. loudavisi het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    DK 😀

  11. sprokie het gesĂȘ op Mei 3, 2009

    lol, Jou mond moet met seep uitgewas word vir daai kru taal aan die begin! Lekker week Lou!

  12. loudavisi het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    Prinsessie, ek het dit mos doodgekrap – hoe weet jy ek gebruik krutaal?
    hahaha

  13. loudavisi het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    Flentertjies, jy’s vergewe!

  14. loudavisi het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    Ok, Leon, hou dan op om sulke mooi dinge te skryf!!
    hehe..

  15. dieds het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    Ek ook! Na die vakansie in die Kaap kom ek nie aan die gang nie! Ek dink die Kaap het in my ingetrek..
    🙂

  16. loudavisi het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    Ai Lo-Ammi, ek sal maar aan jou dink.
    Liefde..

  17. loudavisi het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    Deon, dis wat die Kaap aan mens doen!

  18. loudavisi het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    DsP, solank ons net bewus is daarvan!

  19. Doubtingthomas het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    “Guilty as charged!” Het jy darem deur die Maandag gekom?

  20. loudavisi het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    Ja, dankie, met ‘n paar heerlike verassings…
    Sjoe, nou nog net more en oormore ens.

  21. Creme-Soda-Junky het gesĂȘ op Mei 4, 2009

    lol vir die aandagafleibaarheid…..ek het vir jou medikasie, maar dink ek het self ‘n pil of twee nodig! 🙂

  22. loudavisi het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Ek wou huil so terleurgesteld was ek.

  23. loudavisi het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    CS, Dis nou of nooit..
    FOKUS, suster FOKUS (vir myself)

  24. zephur het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Flip sterkte met alles.

    Kry baie koffie.

  25. neirac het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Ja, nee wat! As die gogga eers byt…

  26. DeViL010 het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Sterkte, hoop jy het al die dinge gedoen gekry!!!!

    Ons skouers is breed, ons sal help dra….LOL!!!

    :>)))

  27. loudavisi het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Zeppie, die dag is om – klaar genetbal en klaar gewen.
    sug!
    lol

  28. loudavisi het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Neirac, dankie vir die inloer

  29. loudavisi het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Tishke 🙂

  30. loudavisi het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Hello D.
    Toemaar dis toe nie so erg nie!
    Maar dankie.
    xx

  31. ACER123 het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    naand Lou…

  32. loudavisi het gesĂȘ op Mei 5, 2009

    Hello Heros
    Ek likit as jy naand se…lol

  33. jduplooy het gesĂȘ op Mei 6, 2009

    Ek was ook teleargesteld toe Jason nie wen nie!! Hy was darem my gunsteling…

    Hoop jy geniet jou dag…

  34. loudavisi het gesĂȘ op Mei 6, 2009

    Is waar Whatever!
    Lyk my dit gaan nie oor talent nie..

  35. DroomKind het gesĂȘ op Mei 6, 2009

    Is jy nog in jou peetjie vriendin? Of kom jy al stadig-stadig daar uit? ((DK))

  36. loudavisi het gesĂȘ op Mei 6, 2009

    Die Moderering is verby – heeldag van 8vm tot 5nm!
    Hoe gaan dit daar, DK?
    Doen julle ook sulke goed?
    lol
    xxx

  37. loudavisi het gesĂȘ op Mei 7, 2009

    Ellllooooooooo Elmarie.
    😀

  38. loudavisi het gesĂȘ op Mei 7, 2009

    Hehe, Therina.
    Ja, die peetjieding is amper verby.
    Luv ya 2

  39. loudavisi het gesĂȘ op Mei 7, 2009

    Hi Annemarie, dankie – kop is nog nie af nie!

  40. DallaSePa het gesĂȘ op Mei 7, 2009

    Skry weer ‘n biki … ja JA!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!!

    Skry weer ‘n biki … ja JA!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!!

    Skry weer ‘n biki … ja JA!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!
    Skry weer ‘n biki … ja JA!!!

  41. tronkie het gesĂȘ op Mei 7, 2009

    Hoe gaan dit met die magie?? Mens moet darem seker nou al kan sien.

    Og, ek is ook suur oor Jason. Bitter.

  42. bloukaap het gesĂȘ op Mei 8, 2009

    wie de donner is jason, is hy die rede dat julle so min preuwel , wag tot ek die ou in die hanne kry

  43. loudavisi het gesĂȘ op Mei 8, 2009

    Ek skryf mos nou, DsP!
    Gee net kans tot na die naweek..

  44. loudavisi het gesĂȘ op Mei 8, 2009

    Doekvoet, lyk my ek is steeds ‘n laaste nippertjie een. Alles was korrek en reg op die ou end. Windowdressing..

  45. loudavisi het gesĂȘ op Mei 8, 2009

    Tronks, oor Jason, ek wens die waarheid kom nou uit…hoop hy wen tog.

    Die magie het ‘n effense bultjie, weet nie of sy dit nou moedswilliglik uitstoot nie! Die ertjie het Engelsman se voete se hulle na die sonar…

  46. loudavisi het gesĂȘ op Mei 8, 2009

    Jason is ons dames se idol, blou kaap!
    Los net jou handjies van hom af!!
    lol

  47. mfucher het gesĂȘ op Mei 9, 2009

    En toe is Jason afterall die wenner, ek’s so bly vir sy part.

    Lekker naweek

  48. danielkotze het gesĂȘ op Mei 9, 2009

    Hallo oor jou kommentaar daar by my – ek het vroeg vroeg geleer die amerikaners blaas nogal goed op. Ons uit AFrika skrik nie sommer nie… Ons is oor die Drakensberge onthou… Nee wat die maskertjies van die varkgriep – seker noodsaaklik maar ek sien weer ‘n oordrewendheid wat grens aan geldmaak erens. Die lot hier in Europa (waar ek nou is) het geen immuniteit nie – sal siek raak van vye van bome af eet.. en wat is nou lekkerder as dit. Sterkte met voorbereiding. Ek hoor toe Jason het eintlik gewen…. eks bly eks nie MNet se verhoudingsbestuurder nie of hoe! Lekker week vir jou.
    groete
    Daniel

  49. loudavisi het gesĂȘ op Mei 9, 2009

    D. ek is so bly vir sy part en hy is mos ‘n idol!

  50. loudavisi het gesĂȘ op Mei 9, 2009

    Daniel, ek gaan gou by jou kom inloer.

  51. loudavisi het gesĂȘ op Mei 9, 2009

    My point exactly!
    Sien jy – dis alles bloggers se skuld.
    Jy sal dit maak…ek WEET
    xxx

  52. loudavisi het gesĂȘ op Mei 10, 2009

    Elmarie,ek is te dom eers te probeer – en natuurlik te bang!
    Lekker moederdag..

  53. klarisabet het gesĂȘ op Mei 11, 2009

    Sorrie! Sallie weerie!

  54. loudavisi het gesĂȘ op Mei 11, 2009

    Klrisabet, 🙂
    xx

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.