Ek kon ook dig

Mei 1, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek lees graag gedigte hier – verstaan dit nie altyd nie, maar toemaar.

DroomKind se skrywe oor die see het my laat onthou van een wat ek in 1971 geskryf het as opdrag toe ek op kollege was.

Eintlik is dit Monica se boekrakpakkery wat my laas naweek aangespoor het om dieselle te doen. Toe kom ek op die een af.

Waarskuwing:  As een hiervoor lag – oppas!!
Onthou ek was jonk en die dosent het dit in die kollege jaarboek geplaas – so …. dit kon nie te af gewees nie  (haha)

Die See

Geheimsinnig
Magtig
Groot, uitgestrek en pragtig
                                 die see

Gedruis
Geruis
Nimmereindigende gesuis
                                 die see

Rollend
Plonsend
Swelgend, wiegend en dobberend
                                die see

Mooiheid
Skoonheid
Simbool van God se grootheid
                                die see

 Ok koebaai dan tot later…

39 antwoorde op Ek kon ook dig

  1. rykiemarlet het gesê op Mei 1, 2009

    Hier sit ek nou by die see en verstaan als wat jy skryf, en waardeer dit!
    XX

  2. Aproqueen het gesê op Mei 1, 2009

    Lou, dis sowaar pragtig geskryf..
    Dis so lekker om ons see en ons berg en ons mooi met almal daar buite te kan deel..

  3. DroomKind het gesê op Mei 1, 2009

    JA jy kan en jy MAG!
    Lekker aand vriendin 🙂
    xxx

  4. loudavisi het gesê op Mei 1, 2009

    MK, el doen ook so

  5. loudavisi het gesê op Mei 1, 2009

    Lappop, 🙂

  6. loudavisi het gesê op Mei 1, 2009

    Lo-Ammi, jy’ maar net weer dierbaar.
    xxx

  7. loudavisi het gesê op Mei 1, 2009

    Dankie, Elza
    Dis vetlampie se dae…

  8. loudavisi het gesê op Mei 1, 2009

    DK, wens ek was nou daar by jou.
    tsk…

  9. loudavisi het gesê op Mei 1, 2009

    Flentertjies, dankie

  10. Trakie het gesê op Mei 1, 2009

    Ek hou hiervan!

  11. wild1 het gesê op Mei 1, 2009

    Hierdie is pragtig! Ai die see is darm maar spesiaal:)

  12. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Hello Kelkiewyn.
    Hoop jy naweek is great!

  13. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Annemari, dankie.
    Lekker naweek

  14. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Is mal oor water, Willemien.
    Die see is betowerend.

  15. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Leon, ek HOU te veel van die see..as dit moontlik is.

  16. Dis mooi, Lou!

    Ja, die aftyd is lekker. Ek moet ook sê dat ek nie kan wag vir die eerste vol week van skool nie. Ek kon net nie aan die gang kom nie! 🙂

  17. kerneelsie het gesê op Mei 2, 2009

    Die see het ‘n woordeboek van sy eie as mens hom wil beskryf.
    Niks fout met die gediggie nie.

  18. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    CS, ek is angstig oor Woensdag se moderering..
    Ai toggie!

  19. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Dankie, Kroksie

  20. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Kelly, jy’s slim!!

  21. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Kerneelsie, Dankie.
    Het oppad winkel toe vir Hartman van die vleisversagbeesstorie vertel.
    Lekker gelag!

  22. DeViL010 het gesê op Mei 2, 2009

    Ai Lou ek dink dis mooi, die see is altyd vir my mooi ek sou bitter graag by die see wou bly maar ja…. ongelukkig kan mens nie altyd kry wat jy graag wil hê nie!!!

    :>)))

  23. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Hello, Duiwelkie
    Hoop jy’t anyway ‘n heerlike naweek!
    xx

  24. Lou, Oom wouter se dit is ‘n baie goeie gedig. Dit is baie visueel en jou gedig se struktuur beeld die bewegende malende see goed uit.

    Die belangrikste vir OOm Wouter van ‘n gedig dit werk!

  25. loudavisi het gesê op Mei 2, 2009

    Het ek al gese Oom Wouter is dierbaar?

  26. skermunkel het gesê op Mei 3, 2009

    Liewe vriendin.
    Ek het baie baie gelag … hahahaha
    ek woon by die see en ek het die see lief. Dit gedigt is pragtig.
    Ek is baie jaloers. Ek kan nie soooo mooi skryf nie.

  27. loudavisi het gesê op Mei 3, 2009

    Ag toe nou, Fernand.
    Jy het seker nog net nie probeer nie.
    Maar dankie in elk geval.
    Plaas ‘n paar van jou mooi foto’s op jou blog – van die see.
    Groetnis

  28. loudavisi het gesê op Mei 3, 2009

    Dankie vir die daisies, Elmarie!

  29. loudavisi het gesê op Mei 3, 2009

    Natasja 🙂
    Dankie

  30. kyWnavdrahreG het gesê op Mei 3, 2009

    A.G. Viser…Ek bedoel A.G.Lou dis glad nie sleg nie! Moennie datems op blog rondgooi nie, jy gee jou ouderdom weg! Hehe

  31. ACER123 het gesê op Mei 3, 2009

    lo Lou…gaaanit?

  32. loudavisi het gesê op Mei 3, 2009

    Boertjie, ek is trots op my ouderdom en glad nie skaam om te se ek is ‘n OU tannie nie.
    Ha!!

  33. loudavisi het gesê op Mei 3, 2009

    Haai, Ffion.
    Dankie..

  34. loudavisi het gesê op Mei 3, 2009

    Hello Heros.
    Jy’s so skaars, dog iemand het jou getippex!!

  35. DallaSePa het gesê op Mei 3, 2009

    Nee wat .. ek dink dis befok!

  36. loudavisi het gesê op Mei 3, 2009

    DsP, stik ek nou van die lag!
    Oe, hehehe…
    Dankie

  37. pasella het gesê op Mei 9, 2009

    ‘n Kaalvoet gedig, sonder fênsie leestekens “rollend, plonsend swelgend”
    baie nice!

  38. loudavisi het gesê op Mei 9, 2009

    Dankie Lewies
    Ek se mos jy’s nice!

  39. loudavisi het gesê op Mei 9, 2009

    hoop jy’s nou beter, Therina.
    xxx

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.