Jy blaai in die argief vir 2009 Mei.

Nog ‘n lekke natte – nie vir my nie!

Mei 29, 2009 in Sonder kategorie

 
Laaste periode op ‘n Vrydag.

Huiswerk is afgeskryf, alles opgepak en Juffrou lees uit die nuutste (ai, dis so oulik) Kinderverse – lekker cool en withit.

Die kindertjies laaik!

Dis vrek snaaks en midde-in een begin een giggel. Ek dog toe ok, die kind is skerp. Sien mos die intelligensie uit die reaksie.  Toe bars gaos los.  Dis stamp aan die een langsaan en val om en stoei op die mat en spring later op die stoele en banke en ek dog WTF??

My reaksie?

Neem stilletjies my mandjie en sluip by die klas uit.

Ek weet regtig nie of hulle nou nog daar sit nie…

o, die opwinding van die gedagte..

Mei 27, 2009 in Sonder kategorie

 
Gisteraand, net voor ek hier wou uitlog check ek gou my hotmail.

Die volgende verskyn:

BONANZA! Your mail was selected online in this week’s May 1st Worker Day category E-mail Ballot Bonanza has wins E375,000.00 Euros.  Please acknowledge the receipt of this mail with the details below to ….etc.

Rofweg geskat – so net oor die 3 miljoen rand.

Sit dadelik die pc af en duik in die bed.  Lees bietjie en vergeet van die ding.  Vanoggend onder die stort onthou ek.  Moet se my hart klop vinnig en ek haas om die besigheid NUGTER en OORDENTLIK te kyk.

Net voor werk kom die kinders gou in vir koffie. Ek se vir die draer van die ertjie sy moet gou kyk of dit nie dalk ‘n scam is nie.  Sy weet net hoe en google in op fraudsomething…wragtag daar is die man (dr, mind you)  op die waarskuwingslys. 

Ek het in daardie tydjie lugkastele gebou en sommer self blou geverf.

Ek is geen dobbelaar nie, wonder dan hoekom my hart so geklop het en my asem so kort was.

Het geen begeerte na geld of besittings nie  – wys net mens smag mos altyd na beter….soos die kinders by die skool sal se:

“Lekke natte”   (weet nie wat dit beteken nie, hoop nie dis ombeskof nie)

Oor getroud wees

Mei 26, 2009 in Sonder kategorie

 
Sondag was die krag heeldag af en so tussen die stoepchats en buitekombuis kokery, het ek my leeswerk bietjie ge-update.

In die een boek is ‘n aanhaling van Mark Twain.
Hy se: Geen man en vrou weet regtig wat perfekte liefde is totdat hulle minstens 25 jaar getroud is.

Julia Ward Howe se (90 jr) :
All the sugar is in the bottom of the cup.

Ons is ver verby die 25jr – meer soos 34jr.
Die koppie is amper leeg en die koffie raak al hoe soeter.

Terug by die pilare

Mei 22, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek het ‘n tyd gelede vertel van die pilare.  Die Wes-Kaap het na die bylmoord op die Gr 2’tjie hier, die pilare na skole en gemeenskappe gebring.  Die ses pilare is:
Trustworthiness
Respect
Responsibility
Fairness
Caring
Citizenship

Ek het laasjaar met pilaar 1 begin en nooit by die ander uitgekom nie.  Nes ek dink dis tyd om na nr 2 te beweeg, gebeur daar weer iets wat ons terugjaag na pilaar 1.  As ‘n kind so skuins na bo kyk as hy ondervra word, dan kan jy maar weet hy dink ‘n liegstorie uit. Dan se Juffrou:
Stop
Dink
Doen ek die regte ding?
Wat sal jy oorkom as jy net die waarheid praat?

Gou-gou kom die waarheid uit.  Soos nou die dag.

Kom ‘n ma in trane my sien. Haar dogtertjie se die kinders se sy’s vet.
Ons staan sommer in die gang voor die klaskamer en chat.  Ek roep die kind. Sy se dis al die dogtertjies in die klas.  Ek roep die dogters. Vra wie dit gese het.  Dadelik gaan die eerste handjie op, en toe nog en nog.  Almal tjank lekker en gee drukkies en se sorry en nou is hulle weer BFF’s. 

Glo nie ek gaan ooit by die ander pilare uitkom nie.

Nommer een werk werklik!

Die perfekte ouers

Mei 19, 2009 in Sonder kategorie

 
Toe ek nog jonk en nuuskierig was oor die opvoeding van kinders, het ek gelees oor hoe verskillende ouers uit verskillende kultuurgroepe hulle kinders grootmaak.
Tronkie het onlangs geskryf oor kinders wat tantrumeer as hulle nie hul sin kry nie, toe dink  ek aan die een:

Die Sioux en Cheyenne Indiane van Amerika was (is?) buffeljagters. (Sekerlik ook enige ander dier wat toevallig oor hulle pad kom.)

As ‘n nuwe baba lyk of hy wil huil, word sy neus en mond liggies toegedruk terwyl die ma saggies ‘n wiegeliedjie neurie.  So word kinders geleer dat hulle geen lawaai mag maak nie. Ook word kinders geleer dat niemand toegelaat word om hulle mense in gevaar te stel of om die kos vir die pot te verwilder nie.

Geen kind word deur geen mens gestraf nie. Die kind word van geboorte af al beskou as ‘n gelyke. 
Die Indiane beskou die wit ouers as vyande van hulle kinders. Hulle koop kinders om, dien lyfstraf toe en behandel hulle kinders soos breekbare speelgoed. Die Indiane glo dat sulke kinders afhanklik en onvolwasse sal grootword, met onbeheersde woede en wetteloosheid aan die orde van die dag. 

As die baba aan die gloeiende kole van ‘n vuur wil vat, keer niemand hom nie. As hy dan brand, kyk hy nie beskuldigend na die ouers nie, maar na die vuur. “One must learn from the bite of of the flame to let it alone”

Op die ouderdom van ses weke  moet die baba in die water kom, voor hy vergeet hoe om te swem. Nou kan die ma lekker relax en nie worry oor die gevaar van vuur en water nie.

Oor respek vir kinders, ouers, grootouers, godsdiens ens, kan ek nog lank skryf. Verkragtings, moord, diefstal ens bestaan nie.

Die boek is ouer as ek en ek weet dis sekerlik nie meer so nie, maar in my oe is hulle die idiale ouers. 

Wonder of ek my kleinkind se asem saggies en met ‘n neurie sal afsluit as hy/sy besluit om te tjank…
 

  

Vandag

Mei 16, 2009 in Sonder kategorie


So lyk dit vandag binne.

 
En so lyk dit buite. 
Die Liquid Amber het amper begin herfs wys, toe is die winter hier.  Arme boom stress seker nou.

Vreemde wereld die.

huil

Mei 15, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek is uit die hoekie geroep en die donkie-ore is af – alle dank aan ons flinke TELKOM.  (Moes mos vir drie dae alleen in die hoekie staan)

Anyway:  Wie huil nog op die ouderdom?

Ek bedoel oor huismoleste en so. 

As ‘n vrou huil en sy kry simpatie en deernis, ok, huil dan rustig voort.

Indien nie, jubel vrolik en kyk noord.

Laat my dink aan “I’m a very responsible person, everything that goes wrong, I’m responsible for”

ek slat my eie asem weg.

Sportdag

Mei 10, 2009 in Sonder kategorie

So lyk dit as ons skooltjie ‘n sportdag aanbied.

Dis by die spoorwegklub se bane  (ons het nog nie ‘n pawiljoen nie)

 

 

Die dame met die rooi kopdoek sal voortaan my spanne se hoofafrigter wees. 
Die kontrak se dat sy ALTYD effens aangeklam moet wees, dan kom haar briljante kennis van die spel duidelik na vore. Sy was die hoogtepunt van die dag en die toeskouers het haar so geniet.

Teen 16:00 was ek bewerig en fragiel van moegheid…

Hoop ons het hope geld gemaak vir ons skool se pawiljoen, dan sal ons sulke byeenkomste voortaan op ons tuisveld kan hou.

O ja, ek het vir Moedersdag heerlike Pepslippers gekry en die geskenk is met die blaas van kleurvolle seepbubbles oorhandig!  Is dit nou nie cute nie?

HOOP AL DIE MOEDERS HET ‘N WONDERLIKE MOEDERSDAG.

Volgende week …

Mei 3, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek sug .. ek is agter met die beplanning .. ek is in my moer (sorry) peetjie.

Buurman Jan en sy fraaie vroutjie en my kinders het vandag hier gekuier en dit was so te lekker. 

Ek het donkeroggend opgespring en vasberade hier kom sit om met oorgawe my goeters en dinge agtermekaar te kry, maar kort-kort ‘n verskoning uitgedink. Die swembad was toe onder muggies (ek dink dis muggies) en ..en .. en.. sien julle?

Eerste skooltaak is afgehandel. Dit het 3 ure geneem na die middagslapie, (Daar le nog 8 voor, voor Woensdag) 
 EN EK MOES NET DIE IDOLS FINAL SIEN!
My hart breek vir my idol Jason wat nie gewen het nie. Hy het laas week Hey Jude met soveel oorgawe gesing!

Ok, more is vergadering om die naweek se reelings te bespreek. Vyf skole kom hier sport, een van die Kaap af, en dan eindig dit in ‘n dans Saterdagaand.  Dinsdag netbalwedstryde. Woensdag die Noordwes Boland netbal proewe en MODERERING. (Ek is hulp-moderator)  Al die skole in die kring moet hulle werk bring en dan word daar lyste afgetik en dan wag jy in spanning om die uitslag te hoor.

Dis net hier waar ek gaan ophou moan en dankbaar wees vir alles om my en veral vir my werk, en vir alles wat ek om my sien en vir blogville waaraan ek totaal verslaaf is.

Die punt is: ek is in my peetjie is JULLE skuld.

HA!

Ek kon ook dig

Mei 1, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek lees graag gedigte hier – verstaan dit nie altyd nie, maar toemaar.

DroomKind se skrywe oor die see het my laat onthou van een wat ek in 1971 geskryf het as opdrag toe ek op kollege was.

Eintlik is dit Monica se boekrakpakkery wat my laas naweek aangespoor het om dieselle te doen. Toe kom ek op die een af.

Waarskuwing:  As een hiervoor lag – oppas!!
Onthou ek was jonk en die dosent het dit in die kollege jaarboek geplaas – so …. dit kon nie te af gewees nie  (haha)

Die See

Geheimsinnig
Magtig
Groot, uitgestrek en pragtig
                                 die see

Gedruis
Geruis
Nimmereindigende gesuis
                                 die see

Rollend
Plonsend
Swelgend, wiegend en dobberend
                                die see

Mooiheid
Skoonheid
Simbool van God se grootheid
                                die see

 Ok koebaai dan tot later…