Jy blaai in die argief vir 2009 April.

Vervoerloos (maw. sonder kar)

April 29, 2009 in Sonder kategorie

 

Laatmiddag gaan loer ek gou in by die vriendin wie se man hul kar afgeskryf het op die “snotpad”. (sien vorige inskrywing iewers)

Hulle vind toe uit dat die kar nie verseker is nie, (vreemde storie, te lanke om te verduidelik, maar waar!) en oppad keffie toe loer ek in om te hoor of hulle iets nodig het…

Drink ietsie warm daar en se ek sal bid dat hulle weer iewers vervoer sal he.

Se sy – immer nederig – hoekom sal die Here vir hulle ‘n kar gee en nie vir Jonas wat in die tuin werk nie.

Hene, mense, die vrou laat mens DINK!!

Pille

April 28, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek wou nog my belofte aan DsP nakom.

Toe gebeur dit:

‘n Kollega van ‘n ander skool in ons distrik het gisteraand besluit sy wil nie meer op die aarde wees nie.  By haar lessenaar met die skoolwerk voor haar het sy die botteltjie in haar keel leeggemaak.

Wat dryf ‘n mens om so-iets te doen?
Kon iemand iets doen om dit te voorkom?
Wie sal ooit weet?

Romantiese liefde

April 24, 2009 in Sonder kategorie

 
Ek is oor die tyd vir romantiese liefde en storietjies van oe wat  soos waterpoele lyk en al daai soorte van dinge.  Was ook nooit ‘n Mills & Boon of Ena Murry Omnibus fan nie.

In ‘n baie klein kamertjie in my huis bere ek Hans du Plessis se digbundel, “Boegoe vannie liefde”  Soos die nood dit wil he, is daar darem iets om te lees, behalwe nou die sjampoobottels en so aan.

Hierdie gediggie het my so getref.
Ek hoop julle jong meisies hoor die waarskuwing…

Versoeking

Meisieskjenners vannie twa  *
jille moet vedag hie vi my sweer:
sowaar as wat arend witkrys dra,
jille loop roep eersie liefde wee
assie liefde self davoor kom vra.

* Twa – Kalaharigras (Aristida)

Wees dus gewaarsku!

Vandag

April 23, 2009 in Sonder kategorie

 
Vanoggend was die internet af.
Wou eers moerpluk, maar sien die kans om op datum te kom met agendas en notules ens.  Het nogal gewonner of van julle my vanoggend gemis het (in my dreams)
So van 5 tot 7:30 vanoggend het ek mal gegaan en getiktiktiktiktik en geprintprintptint..en wala!!

Om eenuur vanmiddag is ek en 5 netbalspelers Calvinia
toe vir netbalproewe. 
Die wereld is droog – geen groenigheid vang die oog nie.  Vanrhynspas op tot bo-op die plato by Nieuwoudville en toe die laaaaaaang pad Calvinia toe. 

Daar gekom net na ‘n wolkbreuk.  Die paaie en droe velde is oorstroom.  

Moes die water van die bane afvee en uiteindelik kon die kinders begin speel.  Die uitslag is: Een onder 13 hoofdoel in die A-span. Een onder 12 doel in die A-span en een Hulpdoel in die B-span.

Lyk my ek is goed met die mikkers. 

Uiteindelik

April 22, 2009 in Sonder kategorie

 
Dit  reen  saggies,  dog  dringend!

windloos

YEAH!

ONGEDURIG

April 21, 2009 in Sonder kategorie

 
Moenie my vra wat dit beteken of hoe dit voel nie.

Ek voel ONGEDURIG..

Dis net hoe dit is.

Weer ‘n weerverslag

April 21, 2009 in Sonder kategorie

 
Die SEDOOS waai verwoed al van gisternamiddag af.

Ek huiwer om die skade te gaan kyk, maar Hartman se van die stoor se dakplate aan die een kant is af, die braaituin se welige plante is moertoe.
 
Kan ook nie kaalvoet in die huis loop nie.  Dis net sand!
Vensterbanke en werkoppervlaktes dieselfde. Sand reen in by die binnebraai se koorsteen. 

Nou is ek dankbaar ek kan vandag skooltoe vlug en die opruimwerk vir die wat agterbly los!

Hoe lyk die wind in die Kaap?

EK BRAG NIE, EK MOAN (of doen ek?)

April 19, 2009 in Sonder kategorie

 
Vanoggend weet niemand wat op die Sondagmiddag tafel gaan wees nie.  
Hartman het in die week die een vrieskas skoongemaak en op ‘n boud afgekom. (Dateer dalkies uit die 90’s)

Ok, toe is dit boud, (geen braai, want dis koel hier)  en hartman se vrou moet die res doen.  Die orders kom.  Dis rys, braai-aartappels, soetwortels en ertjies, gevulde skorsies, groentedis met blomkool, boontjies, hubard skorsies met spinasie en vetakaas bo-oor.

Se die draer van my kleinkind daar’s ‘n party in haar mond.

Se die hartman kan ‘n arm man dan so lekker eet.

Se hartman se vrou nou moet ek alles opruim.

Dis ‘n dag se werk en alle eer aan die man wat die vleis gedoen het… (?)

WTF?

HELP VIR KROK!!

April 16, 2009 in Sonder kategorie

 
Gaan kyk by Lo-Ammi se blog (DBVBA Krokodil)

Die van julle wat nie kleinkinders oppad het nie, nie onlangse skade in motorongelukke gehad het nie, en nie vir die staat werk nie, kan gerus op die beeld gaan bie.

So ‘n tydjie gelede sukkel ek met die “g” sleutel op my laptop.  Moet hom met krag druk om reaksie te kry.  Se iemand daar’s sekerlik ‘n peanut onder die sleutel.

Toe weet ek dis waar die peanut is wat ek maandeliks van die staat kry.

Toemaar, ek moan nie rerig nie. 
Ek LAAIK my werk – nevvermaaind die peanut!

Boerseun May Day! May Day!

April 14, 2009 in Sonder kategorie

 
Boerseun, jou blog werk nie!!

Ons kan nie daarop inkom nie.

Kyk tog wat’s fout.