DANKIE!!
Maart 29, 2009 in Sonder kategorie
Julle het geen idee watter wonderlike, ruimhartige vrou Therina is nie!!
Sy is net sy…woorde ontbreek hier, sorry.
Dankie, Therina. Jy’s werklik GREAT!!
Die naweek was nie sonder sy normale teespoed nie.
Saterdagoggend kom die dogter met tassie gepak hier aan. Sy gaan saam. Kan nie sien dat die Ma (Ouma to be) alleen die onbekende moet in nie. (Ek se sommer dankie vir die Engelsman wat gese het dis ok. Hy sal Hartman besig hou.) So dankie, Engelsman en dankie dogter.
Ons is in die somer hier weg. By Elandsbaai tref die winter ons met digte mis en reen. Op Vellerif efvaar ons lente. Vredenburg – terug in die somer. Ry (verkeerd) Saldanha toe en eindig op by die Millitere basis. Ry terug Vredenburg toe…Ai – boring!! In kort neem dit ons vier ure om op Yzer te kom.
DroomKind se ete was uit die boeke!!
Vandag se Pruim en al die lekker gesels – Natasha, Tronks, ASK en sy pragtige voutjie, en.. en.. en.. en nou moet ek aandag aan Hartman gee!
NOGMAALS DANKIE
En toe ons terugry, se die dogter:
Ma, ma het wondelike vriende, en Ma,
MAG MAANDAG NIE SO VREESLIK WEES AS WAT ONS DINK DIT GAAN WEES NIE..
Hoop julle se Maandag is soos haar wens.
Onlangse kommentare