Jy blaai in die argief vir 2009 Februarie.

Fernand oppad…

Februarie 27, 2009 in Sonder kategorie

 

Kon dit nie weerstaan op die foto van Fernand in Belgie oppad Suid- Afrika toe vir die sokker wereldbeker te plaas nie.

As hy betyds hier opdaag, sal ek laat hy sommer van hier af blog.

Die skermunkel is hopeloos te stadig met die bloggery – en met sy keuse van vervoer.

Kruidjie roer my.

Februarie 27, 2009 in Sonder kategorie

 Soos ek reeds gese het, my kinders lees nie boeke nie.

Die dogter het wel Antoinette Pienaar se Kruidjie Roer My gekoop, dit gescan, prentjies gekyk en vir my aangepass.

‘n Week of so gelede le die boek nog hier. Sy LEES dit toe!!

Sy se die aand toe sy nog so lekker stukkies daaruit vir die Engelsman voorlees, en sy blaai om toe sien sy dat sy op die laaste bladsy is ..

en bars sy in trane uit.

Wanneer laas het jy ‘n boek gelees en was spyt dat dit klaar is?
Watter boek was dit?

Skaars gepraat,toe is dit so!!

Februarie 24, 2009 in Sonder kategorie

Ek het my vorige skrywe teen 8uur gisteraand gepos.

My woorde was skaars koud toe slaan die krag af.

Die weerlig het die Klawerdrade moertoe gebrand.

Moes gisteraand sonder aircon of waaier onder nat handdoek probeer slaap.  Gelukkig was die gifdokter mos vroeer hier, en die muskiete is nog nie terug nie.

Die hele dag op skool, geen krag, geen rekenaar, geen koffie, geen fan, geen NIKS!!

Die krag is net na 5uur vanmiddag terug.

Die reendruppels het toe so ‘n meter uitmekaar geval…GA!

Lekker aand!

Die weer op die oomblik!

Februarie 23, 2009 in Sonder kategorie

Genade!!!

Die wind waai verwoestend.

Die donderweer donder.

Die blitse bliksem.

Moes die deur met al my krag probeer toestoot!

Hartman braai  sosaties, wonder hoe dit buite by hom gaan.

Die bouvier (hond – ken nie die spelling nie) kruip in die spens weg.

Ons Namakwalanders ken nie die soort weer nie.

Hoop en bid vir reen.

Die noodlampies staan reg.  Is doodseker dat die krag nou net sal af!!

OK, eerste uitroep vir die lektriekman het sopas ingekom……..

DIT REEEEEEEENNNNNN!!!!!!!!

Bulshoekdam

Februarie 20, 2009 in Sonder kategorie

So was ons personeelafskeid van 2008 by Bulshoekdam.
Al die onnies en  hulle families was hier…geborg deur ‘n gawe boer.
Bulshoekdam is 40km suid van Klawer op pad Clanwilliam toe.

My kollega en vriendin is op die gele met haar Savanna!!

 

‘n Ouer wat die bestuurder van die dam is, het ons vir ‘n twee ure lange trip op die ARK geneem…tot by die eiland en terug.

Dit was so lekker!!!!!!!!!!!!

Ek wou nie, maar….hier’s dit.

Februarie 18, 2009 in Sonder kategorie

 
Dalla-se-Pa het oulike prentjies op sy blog.
Toe ek daai een sien van die seuntjies wat piepie, toe dog ek – OK.

Ek wou regtig die een inhou, maar nou ja…

Een seuntjie het vandag in my snippermandjie gepee…..

Kyk, ek het al jarrrre se ondervinding, maar nog nooit, NOOIT het so iets in my klas gebeur nie!

Wonder van sy opvoeding.
Ek meen pee hulle in hulle se huise in die vuilgoeddromme?

Ek weet nie meer nie.
Ek weet niks meer nie.

Strandfontein

Februarie 16, 2009 in Sonder kategorie

 

Dankie vir ‘n wonderlike dag
koel briesie 
great vriende
en die ongelooflike uitsig.

oor diefstal

Februarie 14, 2009 in Sonder kategorie

Carl Niehaus se storie het my aan die een laat dink.

Ons mangoboom staan effe van die heining af. Dit kos omloop en inloop van die straat se kant af.

So vang ek nou die dag ‘n klomp kinders in die boom.

Ag mense, ek gee regtig nie om nie…as hulle honger is, eet!!

Maar die mango’s is grasgroen, en as die kinders kan wag tot dit ryp is, is ek ok daarmee.

Anyway…ek skree toe vir hulle oor die muur hulle moet wag tot dit ryp is, hulle mors net die boom op en dan is daar niks vir niemand nie. 

Skree een terug: “Het Mevrou nie vir ons ‘n carrybag nie?”

(Sorry Carltjie)

Vreemd ???

Februarie 12, 2009 in Sonder kategorie

Verlede Vrydagoggend toe dit 48 grade hier was, het ek mooitjies voor die skryfbord in die klas uitgepass.  En dit was voor 9u die oggend.
Toe ek so regsom val, skraap ‘n spyker wat ek ingekap het vir ‘n plakkaat my in my regterheup.  Toe sak ek af en sit lekker in ‘n waas van onbewustheid.  Hoe lank weet ek nie, maar toe ek bykom is die klas doodstil. Hier en daar hoor ek ‘n giggel, hulle dink toe seker juffrou is weer snaaks!   ha!

MaanKind sal seker beter kan verklaar, want van toe af het ek nuwe lewe…soos in hup in die stap en humor wat borrel

Werklus en slaaploosheid…hopeloos ooraktief!!

Net  reg vir al die werk wat ek die week MOES doen.

Dankie vir uitpassssssss!!

Die oog

Februarie 12, 2009 in Sonder kategorie

Ek kom net gou loer of julle nog ok is.

Sien julle volgende week iewers…
Die admin vir Saterdag is amper klaar.

Na die atletiek gaan ons Strandfontein toe. Ons ou pelle van Hermanus kamp daar.

Lekkerrrrrrrrrrrrr!!!!!!!!!