Jy blaai in die argief vir 2009 Januarie.

taai vleis

Januarie 30, 2009 in Sonder kategorie

Het sopas die taaiste stuk fillet van hartman se T-been geeet.

Die steak is by ons most favourite slagter gekoop en ons brag en roem altyd op hom…..

Die kaas-mushroomsous en gekookte aartappel en slaai was soos gewoonlik oraaiterig.

Miskien is ek te moeg om te kou.

Laat my dink aan die investering van vertroue in iemand. Nou’t hy een keer gevaal. Hy word verskoon.  Die volgende keer sal hy frowned upon wees en na die derde mislukking is dit no way – never again!

Goggas

Januarie 29, 2009 in Sonder kategorie

Die gifdokter was gister hier.

My plek is goggaloos,
spinnerakloos,
vliegloos,
muggieloos,
muskietloos,
motloos,
Kakkelakloos en 
luisloos

Wreed maar lekker!

Dit gaan nie goed nie

Januarie 28, 2009 in Sonder kategorie

Die werkslading is te veel . . . . ek is te oud hiervoor!!

Die kleuresport begin moremiddag met meeste van die baannommers.

Vrydag is dit die wedlope en die verkope om tog asb tog geld te genereer.

Saterdag, van 9u tot 4u moet ek by ‘n wiskunde opleiding ding wees – so asof ek nie weet nie en weer geleer moet word. 120 onnies moet gevoer word, want dit word in ons skoolsaal aangebied.

Maandag na skool moet ek Dal toe vir ‘n vergadering en ek moet al laasjaar se punte en bewyse van monitering en moderering he. Ek het my files skoongemaak en al laasjaar se punte in die drom gegooi…ok ok ek is in die bollie!! 

Volgende Saterdag is dit sone-atletiek met 9 skole se kinders wat hier kom hol en gooi en spring.

Die volgende Saterdag is dit Noordwes-Boland waar die sones hulle ding kom doen en alles is by ons skooltjie, want ons het die baan met die regte mates.

Ek doen al die admin van die 3 byeenkomste – want ek kan wil!!

Die inspekteurs kom vroeg in Feb om ons akademie te kom opcheck…

Ons is net 5 departementele onnies….VERSTAAN??

Ek WIL NET SKOOLHOU, ek WIL net in my klas wees en ek WIL net so my salaris verdien.  Ek WIL met oorgawe my nuwe kinders leer ken en leer. Die tyd is te min.

Ons skool is vanjaar 50.  Die skoolkonsert moet nog geskryf word en ..en.. en..
Nou het ek my kop skoon en julle sekerlik hoog verveel
SORRY!
Ligpuntjie: Hartman het kookboeke gekoop, bestudeer, aankope gedoen en hy kook weer iets.
Nou moet ek net dankbaar en lus wees word.
Ha!

Hermanus

Januarie 27, 2009 in Sonder kategorie

 

Terwyl ons vier vriendinne Saterdagoggend koffie drink bokant die ou hawe op Hermanus, pak hierdie vier manne hulle instrumente uit.

Hulle nonchalante attitude en die oorgawe waarmee hulle die blokkies slaan laat die hoendervleis kriewel.  Soveel talent!! 

Wonder wie hulle geleer het om dit te doen en of hulle ook ‘n uitkomsgerigte kurrikulum op skool gehad het en of hulle ooit skoolgegaan het?  Of dalk het hulle sommer vanself hulle uitkoms bepaal. Wel,  honger kan hulle beslis nie wees nie. Die buitelandse toeriste en vakansiegangers het hulle later toegestaan en kort voor lank was die wit roomyshouer op die krat amper vol.

Ek haal my hoed af vir sulke mense!

O, ja, hartman se hart klop mooi en die bloeddruk is perfek.

Groetnis en he ‘n lieflike dag.

regstelling

Januarie 22, 2009 in Sonder kategorie

Ok Ok !!!

Lou staan vir Louise.

Nie soos in nie warm of koud nie!!!!

Daar was te veel Loo’s en Lu’s…en toe kies ek maar Lou.

Loo klink toe te veel na die engels vir toilet – verstaan?

Dan is ek liewer Lou.

Verlof

Januarie 22, 2009 in Sonder kategorie

Dis more die vyfde keer in 35 jaar dat ek ‘n verlofvorm moes invul.

Hartman gaan vir sy opvolgbesoek Panorama toe en hy mag nog nie bestuur nie – so ek moet.

Na die hospitaal-goed verby is, gaan ons Hermanus toe vir die naweek.
Ek kan nie wag nie!!

Dis die vakansie wat ek gemis het.  Hoop die weer is lekker en die branders rof!  Dis mos die lekkerste ding op aarde vir my om my tee te sit teen die geweld van water!

Ek se koebaai tot na die naweek.
Lekker bly en geniet!

My buurman Jan

Januarie 20, 2009 in Sonder kategorie

Buurman Jan noem my Blokkie.  (Bloggy??)

Die lekkerste is as ons voor sy nuwe braaihuis sit, die sonsondergang op die berg kyk en hy stories vertel.

(Hy is ‘n ou boer wat laasjaar afgetree het en die hoewe langs ons gekoop het.)

Anyway, so vertel hy toe hy eendag op Clanwilliam kom, stop hy by ‘n bekende ou oom in die dorp. Hy merk op dat die oom 3 rye aarbeie teen die heining langs die sypaadjie geplant het.

Se die oom:  Hy het die eerste ry naaste aan die heining vir die koshuiskinders geplant, die middelste ry vir die voels en die een naaste aan die huis vir hom en sy vroutjie.

Jan vra toe of die kinders en die voels nie dalk van sy ry se aarbeie steel nie.

Dis ok, se die oom, hy staan vroeg op en dan steel hy hulle sin.

Dierbaar!!

more

Januarie 18, 2009 in Sonder kategorie

 More sal dit die 50ste keer wees dat ek ‘n nuwe jaar in die skool begin. (Tel die jare vandat ek eerste skoolgegaan het in Gr 1)

Ek kan nie glo dat ek oop oe daarin gaan stap nie.

Is ek stupid of desperate of wat?

Ek weet dat ek vannag weer die nagmerries sal he, soos altyd.

Ek weet dat ek moreoggend vir die eerste keer die vakansie nie lus gaan wees om op te staan nie.

Ek weet dat ek hier moet opstaan en derduisende goed moet uitsort.

Ek weet dat ek my tyd verspeel het in blogland…en dat ek julle gaan mis.

Anyway, dankie vir die lekker vakansie in blogland…dis erg as die wyn warm word en die kos koud!

EN NOU,      SAL MOET EN KAN EK HIER OPSTAAN.
 
Groetnis en koebaai tot later.

skermunkel

Januarie 16, 2009 in Sonder kategorie

Fernand het ingeskryf en op my blog gekommentaar.

Dankie bloggers!!!

Spesiaal vir ou Skermunkel

Januarie 16, 2009 in Sonder kategorie

Ek het ‘n baie slim vriend in Belgie wat gereeld ons blogs lees.
Hy noem homself die ou skermunkel – hehe!

Ek smeek hom al maande om hier te registreer, maar hy se ons sal vir sy taal lag.

                           Se tog vir hom julle sal nie!!!

Dis wonderlik hoe goed hy al afrikaans magtig is.

Komaan, Fernand!!