Ek staan verstom.
Net 63% van 600duisend matrieks is deur.
Net 20% het Universiteits vrylating.
Se Me Padora Box oor RSG dat dit nie gemeet moet word aan verlede jaar se uitslae nie. Dit is die basis waaraan toekomstige uitslae gemeet moet word, want dit is die eerste keer dat kurrikulum leerders matriek skryf. En – hoor hier – nog steeds die alewige deurgetrapte agtergeblewenes wat nog suffer onder die vorige bedeling.
Die apartheid is al 14 jaar gelede dood, en die leerders het vir 12 jaar gekurrikulum!!
So ek se alles gaan op, behalwe die uitslae!
200 duisend kinders wat nie geslaag het nie… wat gaan hulle doen?
Weet hulle hoeveel dit vir die staat kos om ‘n leerder vir ‘n jaar op skool te hou?
Die blaam, se ek, le op die opvoeders en die massas ongedissiplineerdes (opvoeders ook) leerders in een klas.
As ‘n leerder deesdae wil dop, moet hulle in ‘n ry staan, en net die voorste 200duisend mag maar!!!
Geluk aan die wat die terror van kurrikulum deurgekom het.
Ek weet niks meet nie….sorry…dis maar hoe ek nou voel.
Onlangse kommentare