Jy blaai in die argief vir 2008 November.

oor a dare

November 27, 2008 in Sonder kategorie

Was vannaand die prysuitdeling van ons skooltjie.

Dit het vir ewig aangehou en aangehou ens.

Laas Sept. vakansie krap ek en my  suster deur ons baie ou klere en kom op ‘n krimpelene rok af wat ek in 1987 op my eerste matriekafskeid aangehad het. ( Ek was toe in daaitydse st 8)  Dis swart met so ‘n bronserige blinkerige motief ingeweef.  Die date was in matriek,  Hoer landbouskool, Boland.   Ek onthou dit net omdat ek ‘n foto daarvan het.

So word ek gedare om die nommertjie aan te trek.
En vanaand was daai aand! Was heelaand op die verhoog om die bekers vir die bekeroorhandiger aan te pass.

Vrek ongemaklik en krapperig, en baie bewus van myself…. en sal dit seker nooit weer dra nie.   Ek is maar ‘n broekdraer  – dink ek nou.

Nou wonder ek…… bere julle ook sulke ou nommertjies?  en waarvoor?

Ietsie oor die fietsies

November 27, 2008 in Sonder kategorie

Hoor die een:

Was so terleurgesteld toe ek navrae doen oor die kinders wat fietse by die staat gekry het.

Eers was hier ‘n hele klomp kinders wat met die nuwe fietse hier voor die hoewe verby skool toe is.  Toe se Pappie dat die kinders nie kan fietsry nie, dis ‘n gevallery en gesukkel om bult -op te kom…en hulle ry almal langs mekaar, en hulle sal nog lelik verongeluk…en hulle moet net uit sy pad uit bly, ens ens.

Vanoggend vra ek hom wanneer laas hy een op ‘n fiets gesien het.  Hy doen toe navraag hier rond..en die antwoord is:

Hulle Ma-hulle het die fietse geverkoop!!!

Kan julle dit nou glo?

Kan nou nie help om effens negatief oor die projek te voel nie. Sorry ouens…wat maak ons nou? 

en nou

November 26, 2008 in Sonder kategorie

Die lippe is steeds suurpruim getrek…. net soms – as ek terugdink aan gister.

Bloggers het egter my spirit gelig met die fietsbesigheid.
Gaan regtig my beste probeer om dit hier toe te pas.

Hier is soveel kinders wat so ver moet stap skool toe.
Die STAAT het mos vroeg in die jaar fietse vir die kinders gegee wat 5km of verder van ‘n skool af woon.  En die wat 4,9km van die skool af woon moet maar stap!!!   Ek raak moeg as ek net oor die pad moet loop.  Ek meen: Wiele het gekom om te bly…of hoe?

Ek lift maar as ek kan… die plaasgemeenskap loop hier by die hoewe verby en die kinners dra so swaar aan die tasse.

Anyway, ek leef deesdae so naby aan baie van die bloggers….so in my  verbeelding. Ek dink aan Droomkind en spesiaal aan Willemien…en Tronkie met haar witty blogs en en en en …..
Dis my ontvlugting en dit voel nou soos HUIS.

Hoop ek en julle kan vannag in ‘n salige, vredevolle droomland invaar, sonder seer en worries.

Koebaai en groetnis


 

vandag is ek spyt

November 25, 2008 in Sonder kategorie

Mense, vandag is die dag dat ek so spyt is dat ek nie annoniem blog nie.

Aan die begin het ek gedink, dis ok, die mense kan maar weet wie ek is….sal my blog lekker lig, skoon en eerlik hou.  Het mos niks om weg te steek nie.

En vandag is die dag dat ek SPYT is!!!

Ek het ‘n verskriklike behoefte om my woede en en frustrasies hier te plaas, maar helaas …..

Ten minste spaar ek julle die gemoanery.

So beskou dit as ‘n lucky miss.

HA!

oor Donkieskraal

November 23, 2008 in Sonder kategorie

 More!

Hier’s ‘n tip:

Gaan google gou DONKIESKRAAL.

en hou jou asem in.

…..sorry volbespreek tot Maart volgende jaar.

Ai!

oor nuwe haarstyl

November 22, 2008 in Sonder kategorie

 

Haarkapper ini Namakwaland Redigeer Skrap
Gaan so terug op my blog ek kom op hierdie skrywe af…een van my eerstes.
Dog toe, laat ek dit weer plaas…..net vir die lekker naweek ens.

My gedagtes dwaal toe vanoggend van die lees af en maak ‘n draai by ‘n ondervinding met ‘n haarkapstertjie.
Dis so kosbaar en tipies Namakwalands.
Anyway, so kla ek al weke oor die toestand van die kopbeen.  My dogter (wat nou die rol van die ma oorgeneem het…nou hoe het dit dan gebeur?) se net NEE!!!    Later oortuig ek haar en sy se  ok, maar dan sal sy vir my ‘n afspraak maak. . . daar’s ‘n nuwe funky kapster in ‘n dorp nie ver hiervandaan nie.  Ek moet net nie soos al die ander tannies op die dorp lyk nie.

Daar aangekom sien ek die oulike meisie, lekker bont khaki langbroek, bree belt, blink swart krulkoppie, en ek dog …ok, hier sal ek stunning kan uitloop!

My beurt kom, sit lekker in die stoel, sy vroetel deur my hare en vra: “Nou wat het Antie gedink…? het Antie al ‘n soogt van pgentjie?” (Sy roggel die rre so uit die keel uit)
Ek se toe sommer eerste ding wat in my kop kom,  dat dit maar soos Launa in Egoli s’n kan lyk, lekker snipperig en so.
Ek wil net nie sukkel nie!
Sy, al bubbelgumkouend: “Antie, Antie moenie woggy nie,  ek sal Antie se hage vig Antie lekkeg opfok!”

Nodeloos om te se, dit borrel steeds in my as aan daardie woorde dink.  En, o ja, dit was toe so stunning soos die dogter gehoop het!

Groetnis

Oor nasionale vraestelle

November 20, 2008 in Sonder kategorie

Die skrywe is op aanvraag ….
Ek gaan my bes probeer.

Daar word elke tweede jaar Diagnostiese toetse gedurende Oktober vir gr3 en gr 6 afgeneem.  Dit is hierdie jaar die 4de keer.  Dit is ‘n Sistemiese Evaluering vir Geletterdheid en Gesyferdheid wat deur die WKOD (Wes-Kaapse Onderwys Departement) in die lewe geroep is.  Die standaard van onderwys word deur die uitslae bepaal.  Eksaminators van die WKOD kom self na die skole toe. Geen opvoeder het al ooit ‘n vraestel gesien nie en ons kry die uitslae vroeg in volgende jaar.  Ek het julle onlangs hiervan vertel.  Die uitslae se vir elke opvoeder waaraan hy/sy meer aandag moet gee…tot in die fynste besonderhede.

Verlede Vrydag kry ons die boodskap om ons Nasionale Vraestelle by die Kantore op Vredendal te gaan haal.  Ons het tot dan toe nog nie van die bestaan hiervan geweet nie.  Elke graad van gr1 tot gr6 moes die toetse afle.  Die opvoeders sien dit self na en die uitslae word dan op die Cemis Stelsel na die departement gemail.  Hierdie toetse bepaal die prestasie van elke kind.  Dit word aan die einde van elke kwartaal afgele en die uitslae word by die individu aangeteken.  Die doel hiervan is om die vordering van elke leerder te monitor.

Die toetse is deel van haar edele Me Pandor se nuwe leerplanne – FOUNDATIONS FOR LEARNING.  In Afrikaans is dit GRONDSLAE VIR LEER VELDTOG.

Ludwig, ek weet ek het belowe om meer oor die nuwe dinge te skryf. 
In kort net dit: Elke graad opvoeder gaan presies weet wat hy/sy elke dag moet doen – dit voel soos in die ou tyd toe ons sillabusse gebruik het, (en toe almal nog kon lees!) Die afgelope 12 jaar was ‘n nagmerrie van niemand weet nie, en almal se antwoorde verskil…tot by die hoogstes in die departement.
So dit lyk my dis Back to Basics.

En nou is ek moeg en baie, baie warm!  (so +/- 45C)

hey, hoor die een

November 19, 2008 in Sonder kategorie

Het sopas  nasionale vraestelle klaar nagesien.

Die taalvraestel vir gr3’s

Die een vraag is: Wat is die teenoorgestelde van die waarheid.

Een seuntjie skryf : Jy praat kak.

Giggel steeds   ejejejehehehe!!

Sulke tye weet ek ek werk op die regte plek

Dis so flippen cute as dit so uit die volksmond kom. Dis die taal wat die mense hier praat. Natuurlik het ek hom die punt toegeken….hy toon absolute begrip.

Groetnis

Oor die nuwe besigheid in die onderwys

November 18, 2008 in Sonder kategorie

Net eers dit:
Ek is so dankbaar dat ek op warm, stowwerige Klawer woon.
Dit kos net een dag in die stad om terug te kom en my dorpie met vreugde te omhels.

Gister was ons skool vir die kinders gesluit. Die personeel is Kaap toe vir die launching van die nuwe Foundations for Learning.
Die bekendstelling was geskeduleer vir 14:00.
Vertrek hier om 6:00 en kom net voor 10:00 by die mall aan.
Vier ure op die pad, met talle stoppe vir die rokers en die koffieverslaafdes.
Wou nog shop, maar het my so verkyk dat ek bykans leehande teruggekom het. Net die chocolate brownies van Woolworths vir die kinders hier…

Die nuwe leerprogram lyk belowend. Vir die eerste keer vandat Kurrikulum sowat 12 jaar gelede in die lewe geroep is, is daar nou uitkoms vir sekere opvoeders. Ek se “sekere”, want van ons ou skool opvoeders het anyway maar meestal net so aangegaan. (sjuut…moenie se nie!)

Ons unie, SAOU, het die bekendstelling aangebied. Ordentlike, afrikaanse sprekers! Mooi duidelik oorgedra. Dankie!

Teen 16:30 is alles klaar en na ‘n lang dag het ek uitgesien om weer hier te sit, ha! Nee, kyk, toe is dit terug mall toe vir nog koffie en kos en chat en lag en stry en wonder en sug en verlang.

Vanoggend kon ek van my stoel afval toe ek sien PRUIMTWAK is terug.
Dit gaan ‘n mooi dag wees, vol hoop en opwinding.
Selle vir julle.
 

oor verlange

November 15, 2008 in Sonder kategorie

 Die dogter bring nou die dag ‘n boek vir my. Iemand by die werk het dit by iemand gekry en sy se hulle verstaan nie wat daar staan nie……..

Dis Hans du Plessis se Boegoe van die liefde

Nou kyk en verstaan baie mooi: Ek is nou nie juis MEER ‘n romantiese mens nie, te oud vir dit, maar iewers lui daar tog ‘n klokkie. (Ha!)
Die een het my styf om die hart gedruk.

Kois droom

Ek le oenerie karos en ek droom
ek hoor my volstrys bytoe skrop,
ek droom hie stat ek op,
al is my kop nog nat,
en ek is heel gewas.
“Ek is ytgetrek,” se ek,
“my voete is skoon.”
My hart hol sosse haas,
toet hy die deermat vat,
ma as ek diekant gryp,
is my hanne glad,
en toet ek oopmaak,
sien ek my liefling
hettie donkerte in
weg gevlig.

Velang vat my
sossie droogte,
toe se ek virrie mense:
die plek het leeg geworre
toet my liefling loop:
bome het van velange
hille se blare geveloor
gras het doodgeryp
hyse het toegegaan
voetpatte stil geraak
mense het skierlik
jersiese aangetrek
die winkel het
skemertyd die deer
gebeginne slyt
en vroemirrag al
hettie son oener gegat.

Oppe dag sien ek
anie soetdoringse
en groen skynselse
die son ennie
oop
vensters en dere
nee: my volstrys is trig
en blomme
hang anie bome
wa hille pas
Toe gryp ekkie lente
en drikkit
teen my borste vas.

*Kois =  vroumens 
 Koib = mansmens