Jy blaai in die argief vir 2008 Oktober.

Oor ONSKULDIG EN ONREIN

Oktober 30, 2008 in Sonder kategorie

Gister, kort voor huistoegaantyd, kry ons skool ‘n uitnodiging om vanoggend die kinders na die Merry-go-round by die RITTELFEES te neem.
Dit was nou n gedoente om vinnig vervoer te reel en om ouers in kennis te stel.

Was laasjaar ook daar…toe dog ek…NEE!!!!
Ek moet my klas, 32 kindertjies oppas – tussen duisende ander – en daai wiele en karre en swaaiegoed maak my angstig. Ek is hopeloos te oud daarvoor.

Die sekretaresse wil graag gaan. Toe ewe onskuldig…(met onreine gedagtes) bied ek aan om die kantoor te beman.  Die hoof vind dit aanvaarbaar en ek is verlos van ‘n paar uur se mallemeule.

Anyway, dis nou ‘n goeie beskrywing van wat ONSKULDIG EN ONREIN beteken. Die res van my kollegas kry my jammer en ek jubel.

HA!

oor die RITTELFEES

Oktober 28, 2008 in Sonder kategorie

 Wie  kom  RRRRIIIITTTTTTEL?

Die fees het begin.

Die naweek gaan VREDENDAL weer die plek wees om ……….te vermy?

Baie van die kunstenaars bly oor in ‘n moerse gastehuis…’n klipgooi van my hoewe.

Dis nou die Afrikaanse sangers, soos onder andere, Nicholaas Louw.  (hehe)

Wel, daar bly ek weg!

Vir Heros, die visserman

Oktober 26, 2008 in Sonder kategorie

 

Toe ons vanoggend op die hotel se stoep op Veldrift ontbyt eet, kom die man en vrou met hulle visstokke, elkeen met ‘n krat (seker vir die lekker sit), en toe gooi daai tannie…frisse bo-arms….ver oor die water.  Ek het ingezoom, maar hulle was te ver vir ‘n beter foto.
Vir die wat wil weet, dis die Bergrivier se laaste uittog see toe.

Oktober 26, 2008 in Sonder kategorie

 
My dogter…vriendin, raadgewer en kunstenaar.

St Helenabaai, geen branders of golwe. Net een groot dam plat water – en  WIND! 
Dankie vir die heerlikste naweek.

Sal later meer oor die naweek kwytraak, vir eers moet ek konsentreer op die dag van more.
Dan is dit back to school…die realiteit daarvan laat my sprakeloos vir eers.

 

oor oorgangsjare…

Oktober 22, 2008 in Sonder kategorie

Vir julle wat nie weet wat dit is nie en dit nooit ondervind het nie…moenie hier lees nie!
Net vir senior dames en mans wat met sulke dames moet saamleef..

Oorgang beteken mos om van een plek na ‘n ander te beweeg.
Is dit nou soos om oor ‘n brug te loop?
Of is dit net ‘n sprong…soos om oor ‘n sloot of waterstroompie te spring?

As dit ‘n brug is, is dit ‘n flippen lang brug en waar is die anderkant?

Is daar ‘n einde aan die gloede en hartkoppings en emosionele uitbarstings , soos om skielik vir niks in trane uit te bars?
(Ek het vergeet om op my 100-dinge lysie te se dat ek nie pille drink nie)
Sal mens ooit weer snoesige warm winterpajamas kan aanskaf?
Sal mens ooit weer sommer net vir die dag kan aantrek, sonder dat dit ‘n fyn beplanning behels…soos om op die koudste oggend ‘n somertoppie onder en dan verder op te layer….niks sonder knope bo-oor nie…vir die vinnige oopruk as die gloede kom?

Ek meen, moet mens nog vol moed aanstap of is mens al daar – vir die res van mens se aardse lewe?

oor Yggdrasil

Oktober 19, 2008 in Sonder kategorie

 
Die skildery is my dogter se weergawe van die boom.
Die skildery is 2,5m x 1,2m

Meer oor die boom:

In Noorse mitologie is die Yggrasil die wereld boom.
Dit is die groot asboom en is in die middel van die heelal. Dit bind die nege werelde van die Noorse kosmologie.
Die stam is die vertikale as en die nege werelde is daarom geplaas. Die wortels neem water op en die takke verprei die mis oor die werelde.
Anyway, gaan google dit vir meer inligting – dis nou as jy wil.
(Sal nog meer van fotografie wil leer…)

Lekker Sondag

Oor die 100 dinge oor die self se uitdaging

Oktober 18, 2008 in Sonder kategorie

 

Daardie 100 dinge oor die self
1 Is mal oor water.
2 Hou niks van die hitte en die stof hier nie.
3 Kan nie slaap as ek nie iets het om te lees nie.
4 Het die eerste keer skool toe gegaan toe ek 6 was……is steeds daar.
5 Het ‘n hoewetjie met waterregte (wow!)
6 Het in St 9 my man ontmoet (hy was toe in matriek) en is nog steeds saam
(come hell or high water)
7 Ons boer met onkruid as dit reen, anders boer ons met stof.
8 Het onlangs nuwe bure gekry – afgetrede boer – ou kennisse.
9 Ons en hulle en ons honde en hulle honde kom baie goed oor die weg.
10 Het twee kinders. Dogter getroud. Seun werk hier en bly by ons.
11 Dogter en die engelsman woon op ons hoewe.
12 Is verslaaf aan blogs lees. Veral die kommentare.
13 Kan nie wag om af te tree nie.
14 Het eers vir jare geonderwys vir die liefde….nou vir die pensioen.
15 Is baie eerlik…verwys na 14.
16 Kan nie lawaai verdra nie. Pouses is die ergste!
17 Kan nie musiek hanteer wat net oor ek en my en jy en jou gaan nie.
18 Kyk net Egoli op tv…is nie ‘n remote controller nie.
19 Verlang om in ‘n Mall te loop en as daar kom, wil ek net uit.
20 Het nie ‘n kredietkaart of tjekboek nie. Eie keuse.
21 Kan nie wag vir 7u saans nie….my glas wit wyn…baie droog.
22 Is nie ‘n rassis nie (verwys na 21) ha!
23 Het ‘n pienk opblaasstoel vir die swembad.
24 Lees op my pienke.
25 Dryf in die somernagte op die pienke.
26 Hou nie van slaap nie.
27 Le nagte deur in die bad en mediteer.
28 Skryf skoolkonserte.
29 Hou nie van atletiek nie. Seker die hitte – gewoonlik 45C.
30 Hou skool met nat handdoek om skouers.
31 Laat kinders toe om nat handoekies soos ek te gebruik.
32 Was Europa toe met ‘n boot die dag toe ek klaar geswot het.
33 Hou van swot. Het nog geswot tot ek 50 was. Is nou klaar! (dink ek)
34 Is nie baie slim nie…maar het hopeloos te veel vaardighede.
35 Sny die manne se hare hier.
36 Maak klere, as ek moet.
37 Hou nie van kosmaak nie.
38 My wasbak is ALTYD sonder vuil skottelgoed.
39 Begeer minimalisme. Klere, meubels en goeters wat afgestof moet word.
40 Hoewe grens aan die Olifantsrivier.
41 Hou baie van agapanthas…die blou-perses.
42 Is meestal te stupid om tussen die lyne te lees.
43 Kan nie op hoe hakke loop nie.
44 Kaalvoet in die somer…as daar nie stof is nie.
45 Bang daarvoor om beheer te verloor. (oor skottelgoed, en wasgoed en stof)
46 My pa was my mentor en idol en hero.
47 My ma was ‘n huishoudkunde en naaldwerk onnie.
48 Sy’t die kos gemaak en ek die moes die skottelgoed was.
49 Is ‘n christen…gedoop in my swembad…die NG kerk wou my nie doop nie.
50 Het ‘n pynlike skerp gewete.
51 Sien elke mens as ‘n skepsel gemaak deur God.
52 Was verslaaf aan skype..het nou nog ‘n paar met wie ek gereeld chat.
53 Eet elke oggend ‘n piesang.
54 Eet nie brood nie.
55 Hou nie van die reuk of smaak van peper nie.
56 Drink net moerkoffie, rooibostee, water en wyn.
57 Geen melk of suiker in koffie of tee nie.
58 Mal oor kaas.
59 Het baie slim kinders. Ek meen hulle is te slim vir my.
60 Luister RSG.
61 Sit nooit binne ‘n restaurant nie…as ek ‘n keuse het…verkies buite.
62 Haat geweld!
63 Hou nie van Wimpy se plastic kaas en popspeel eiers nie.
64 Kan vloek….kan dit net nie skryf nie…lyk ook vreemd as ek dit lees.
65 Bang vir lorries op die pad as ek alleen ry.
66 Ry ‘n Honda Civic…van daai met die ratlever teen die dashbord.
67 As ek op pensioen gaan, gaan ek weer een koop.
68 Lees graag Marilyn French …oor en oor.
69 Lees nou “The God of small things” Arundhati Roy vir die tweede keer.
70 Hou nie van Anton Goosen se stem nie.
71 Skryf graag aanhalings uit boeke neer. Het baie boekies vol geskryf.
72 Mal oor Elvis, Die Beatles, Beach Boys, Bee Gee’s, Rolling Stones, ens
73 Lag vir witty segoed.
74 Kan net nie kappies en deeltekens op my laptop kry nie!
75 Bly meestal stil…veral as daar ‘n argument dreig..as ek weet ek is reg.
76 Niksseggende woorde maak die huis vol. Sien 39
77 Hou van wit en blou en skakerings van pers.
78 Koop net as ek kontant kan betaal…het nie rekeninge nie..is nie ‘n wanter nie
79 Daai nog my hare…vir die grys.
80 My dogter is my beste vriendin.
81 Was ‘n dolfyn voor ek gereinkarneer is
82 Glo nie in reinkarnasie nie.
83 Doen al die admin van die skool, atletiek, eisteddfod, registers, skedules en
rapporte ens.
84 Was al in die Kliniek opgeneem vir stress…voor ek my bewussyn herwin het.
Daar was baie onnies en polisiemanne en verpleesters.
85 Het die 0/12 en 0/13 netbal om af te rig en te ref.
86 Het 2 kore – Jnr en Snr….
87 Is ‘n dramaqueen en help die hoerskoolkinders met keuse van gedigte en
rig hulle af.
88 Verf my eie décor vir konserte en is ook reggisseuse
89 Neem notules by elke vergadering…nagmerrie want almal praat gelyk!
90 Gaan elke Des vir ‘n week Hermanus toe….met ma en suster.
91 Hou nie van die eie ekkerige ek en “me! me! me!” mense nie. Werk hard daaraan.
92 Merk boeke in die swembad….ok, dit was voor ons aircons gehad het.
93 Pappie is ‘n lektriek man…eie besigheid.
94 My hoof is Don Quiote en ek is die een op die donkie, Sanco Panza, ek gee
daai donkie hel!
95 Soek hulp met dissipline van kinders in die skool…..enige raad is welkom.
96 Laaik om in branders te duik en myself te verset teen die krag daarvan.
97 Mal oor ‘n rugmassering….so een maal per jaar of so.
98 Dans as daar lekker musiek oor die radio is…..so alleen as ek vee en afstof.
99 Nou praat ek twak…die lys is hopeloos te lank!!!
100 Word Saterdag ?. Vandaar die uittog na die weskus.

oor dit en dat

Oktober 16, 2008 in Sonder kategorie

Die tjek van die Eldorado (die dans wat ek van gepraat het) het toe gekom:
Baie geld – kan vir die volgende  2 maande die beheerliggaamposte, sekretaresse en tuinhulp betaal!
Dit is R500 meer as wat die staat ons per jaar toeken….
So elke oomblik van die harde werk het toe vrugte afgewerp!

Ek is vandag op ‘n vreeslike  “high”. Het nog nooit soveel geld op ‘n salarisstaat gesien nie…..(het vergeet dis my bonusmaand)  toe vier ek dit deur my nuwe buurvrou te nooi vir koffie en iets lekker by die nuwe restaurant by ‘n kelder hier naby.  Die uitsig van die houtdek is ongelooflik!   Die Maskamberg in die verte, die ylblou lug en die groen van die nuwe wingerd…. toe weet ek als is eintlik net OK!

En volgende naweek gaan ek en Grumpy, dogter en die engelsman op ‘n weskustoer. Het lekker blyplek gekry en ek kan nie wag nie!

Hoop dat julle ook iets wonderlik het om na uit te sien.

oor nog ‘n onthou storie

Oktober 11, 2008 in Sonder kategorie

Die eerste jaar op Villiersdorp, gesels ek so met ‘n ou onderwyseres in die personeelkamer.  Sy vertel toe die volgende storie:

Die skoolhoof het soggens die onderwyeressies by hulle verskeie blyplekke gaan haal – soort van taxi skool toe en terug.
Hulle was gewoonlik opgewonde en kon nie wag om van die kerels in die omgewing te skinder nie, maar NOOIT voor die hoof nie!
Toe dink hulle die plan uit:  As een nou die vorige aand ‘n soen gekry het, dan moet sy met die inklim “more” se. (Vir elke soen moet sy “more” se). Dit werk toe goed so, totdat daar so ‘n wulpse juffoutjie by hulle aangesluit het.

Een oggend klim een in en se  “hello ouens”. 
By die volgende stop se een  “dag maatjies”
So gaan dit tot die nuwe juffrou vrolik inspring en se:
More, more, more. Ek wens elke more was so ‘n lekker more soos vanmore!” 

Groetnis

oor ‘n herhinnering in my vroee jare in die onderwys

Oktober 6, 2008 in Sonder kategorie

Na 2 jaar by die Dowes op Worcester, kry ek ‘n pos op Villiersdorp…gr 1, 2 en 3 Engelse kinders – almal in een klas.

So kom daar die mooiste dogtertjie in Gr1…se maar Amy Bleeker.  ‘n Jaar later kom haar sussie Jane. Toe is Amy in gr 2 en Jane in Gr 1. Die volgende jaar kom die derde sussie, Michelle.  Ek het toe 3 Bleeker sussies in die klas. (Het 9 altesaam jaar vir hulle skoolgehou.)

Toe die laaste een Gr 3 klaarmaak, kry ek ‘n pragtige geskenk met die volgende op ‘n kaartjie:

                           “To Bleeker’s first teacher
                           From teacher’s last Bleeker”

Nog iets wat ek van hulle onthou:
Kry eendag ‘n briefie van die ma. Ek skryf nou maar soos ek dit onthou.
” Mrs Lou, if you promise not to believe anything any of the Bleekers tell you about their home, I promise not to believe anything they tell me about school”

Een ding van die bloggery is die dinge wat mens lees en dan trigger dit iets wat ek uit die verlede onthou.