oor dis oor en verby
September 28, 2008 in Sonder kategorie
Ok, dis toe verby!
Die saal was vol, die musiek was “Christo en Kobus” live.
Het nie eers geweet wie hulle is nie, maar die mense het heeltyd gedans, so hulle was seker goed….en glad nie sleg om na te kyk nie!
Vandag het ons die dogter se verjaarsdag gevier….10 mense om die tafel. Sy en die engelsman het al die kos gemaak en dit was hopeloos te lekker.
More gaan ons die stoor opruim. Al die tafels en stoele en borde ens SKOON teruggee en dan begin die vakansie.
Gaan bietjie Worcester toe om vir Ouma te kuier, dan nog ‘n naweek oor vir voorbereiding….en dan begin dit weer van voor af!
Onlangse kommentare