oor woede
Augustus 29, 2008 in Sonder kategorie
Nou die dag kom suster ingestorm, reguit na my wasbak toe, en begin om klaargewaste koppies te was. Ek versteen voor my laptoppie en wonder wtf?
“Eks kwaad” se sy.
Nou waaroor is nie ter sake nie. Ek dink die ding van hoe om kwaadwees te verwerk is, oorerflik..so tipies ek.
So gebeur dit dat Pappie eenkeer geweier het om die vuilgoedverwyderaars te betaal. Hy was reg ook…die rekening was vir drie optelpunte, en ons het net een. Toe besluit iemand by die Munisipaliteit om ons krag af te sit as hy nie betaal nie, al is die rekening vir die water en krag betaal. Belaglik!
Dis later amper vyfuur die middag en die ou van die krag kom om te se dat hy nou die krag gaan afsit. Net daar strip ek…dit gebeur maar min, maar hel!
Ek roep hom kamer toe en se..as ek moreoggend nie warmwater het nie, en nie my hare kan droogmaak nie, is daar GROOT drama! Betaal net die rekening, en sort die besigheid daarna uit.
Ek weet tot vandag nie hoe hy die saak hanteer het nie, net dat ons krag toe nie afgesit is nie. Ek het my emmer, Jik, Handy Andy en Vim gegryp het en vir die volgende twee ure die badkamer geskrop het, tot die plafon en die venster …..alles!
Soms dink ek, as ek so rondkyk, miskien is dit weer tyd om kwaad te word….
Nou wonder ek hoe julle woede verwerk?
Onlangse kommentare