Uit die hart van ‘n Namavrou

Julie 27, 2008 in Sonder kategorie

Vrydag was ek beoordelaar by die Kunstefees vir Voordrag en Poetry (Gr 8 – 12)  Mense hier is TALENT!!  Hierdie gedig het ‘n Gr 11 dogter van Clanwilliam voorgedra. Florence Filton kom van Vredendal.

           UIT DIE HART VAN ‘N NAMAVROU

                                 Florence Ann Filton 

Mit my hande gevou in my lapvoorskoot….
Stamak ik jou vamore reg voor my, lak jou tusken die oens ka tjyk.
My woorde het geloop opdro soos Vaalputs se water in die droentyd.
Al my planne is so yl soos die koppenend strokie van die vrugbare ou rooi koringland.
Dassie of ik vamore va Jou ‘n tjind wil loop sta maakie!
Tjinners luuster mos hoeka lounkalie meerie….
Maar vamore sal Jy my moet nadersster trek en ek vir jou.
Solat oes twee oor Berend ka praat…
Jirre, wil Jy nie maar vir Berend by my oorvattie, he?
Die klong hardloop kruus en dwars mittie dounkiekar van die lewe
En hy sal lelik verongeluk.
Sy dounkies raak al willer en die kar se taaiers al papter.
Kom vamore in die kookhuus in, Jirre, en Jy gaan nie hier uutie
Voorlat oessie die ding deurgepraat hattie.
Die tjind verstaan nie lat Jy ‘n blou granietsteen is mit ewagi koeltes en wye beskerming.
Ja, selfs die arende en toktokkies skuul by Jou.
Hoeveel te meer oes Berendgoed.
Maar die swernoot maak van maatskappye en trounke sy tjerk.
Jirre, vat Jy him vir my vas.
Draai hom om met sy gatkant na die wereld en sy gasegkant na Jou toe.
Net Jy ka dat mos doen.
Slaat hom soos Jy die Israeliete geslaatit.
Mitte sterk hand vol liefde…
Want hy bly mos maar…
Oestwee se hanstjint.

25 antwoorde op Uit die hart van ‘n Namavrou

  1. Vetjan het gesê op Julie 27, 2008

    Mooi ene Lou.

  2. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Petrus, hi, en dankie

  3. O, dis lieflik!

    Kan julle nie ‘n show in die Kaap organiseer met die talent nie?

    Lekker dag vir jou

  4. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Dit is ‘n goeie idee, Sonia.

  5. hello

    het sy gewen?

  6. Lou, ek wil nie voorbarig wees nie, maar julle kan gerus Laerskool Jan van Riebeeck kontak in die stadskom om te hoor of hulle nie ‘n paar aande opsy kan sit vir so ‘n k’sertjie nie
    Ek sal kaartjies koop!

  7. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Sonia, ek sal dit vir Hoof voorstel.
    Onthou net dat al die deelnemers (2000)
    uit die hele kontrei kom, tot in Calvinia.
    Die organisasie gaan major wees.
    Maar ek sal traai!

  8. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Kitty, sy’t dubbelgoud gekry.

  9. Oeps ja, dis nogal ‘n klompie!
    Nou maar wat van ‘n KEUR van die show? LOL.

    Ag, eintlik wens ek maar net ek kon dit ook beleef het.

    Lekker dag vir jou, Louvrou!

  10. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Sonia, wie weet, miskien werk dit tog.
    My hoof is meestal te positief (heha)
    Hy sal nog vir so ‘n plan val!
    Lekker So aand vir jou

  11. gidivet het gesê op Julie 27, 2008

    Lou, gebruik die Kaap as ‘n oefenlopie, dan stuur julle die bestes op toer London toe.

    Dis darem maar mooi.

  12. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Hierdie een is maar ‘n druppel in die emmer.
    Daar was nog soveel goeies.

  13. Ag wil jy nie nog plaas nie, of meer skryf?

    Ek kom te min hier op jou blog, sal van nou af meer gereeld inloer!

    Lekker aand vir jou ook.

  14. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Dankie Sonia,
    Ek sal later nog gaan uitgrawe.
    Moet nog more in die oe kyk!
    Soos Ezile gepraat het van die So aand blues…!
    groenis

  15. loudavisi het gesê op Julie 28, 2008

    Krokkie
    Ek wens jy kon dit hoor.
    Dit klink so plat op papier.

  16. Oulike afrikaans…die mense daar in die N Kaap het ook ‘n soort van dialek…maar die regte-egte Vrystaatse afrikaans bly maar die mooiste…

  17. loudavisi het gesê op Julie 29, 2008

    Dankie vir die inloer, Francois.

  18. SureSlim het gesê op Julie 30, 2008

    Ek is bly om te hoor jy geniet jou onderwys. Wonderlik!

  19. vuurklip het gesê op Julie 30, 2008

    Dit herinner sterk aan Hans du Plessis se Griekwa Psalms: In die sylte van die Jirre – as ek reg onthou …

  20. loudavisi het gesê op Julie 31, 2008

    Ja,Melt ek geniet dit, al kla ons onnies mos maar meestal!

  21. loudavisi het gesê op Julie 31, 2008

    Vuurklip, dis nes jy daar se.
    Die mense is kosbaar!

  22. abrham het gesê op Augustus 2, 2008

    as pa is dit die gebed van my hart vir my blondekop seun.

  23. nabster het gesê op Augustus 2, 2008

    Hi Lou
    Dankie vir die in loer op my blog.
    Geniet jou blog net so baie.
    Geniet jou naweek.

  24. gatkant na die wereld en gesigkant na Jou toe…
    Amen.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.