Dit is DIE dag!!

Julie 24, 2008 in Sonder kategorie

               Dit is DIE dag!

Vandag is hier 42 dansgroepe by ons skool. 
(Lyndanse, Gospel, Modern)

Vanaand is dit ons KOORFEES.  Veertien kore…altesaam +/- 500 koorlede. 
Die kore word direk (live) oor Radio Namakwaland uitgesaai vanaf 17:00.
More is dit al die individuele inskrywings: Voordrag, Poetry, Tweespraak, Klavier, Blokfluit, Viool, Orrel, Sang, ens, 

My, en die begeleidster, se een koor sing hierdie liedjie :

GEBED      
Koos du Plessis, verwerk deur Danie Hyman

Laat my nooit die grond verlaat nie
Laat my in U skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
Eindlik nietig word vir my

Elke afdraaipaadjie ken ek
Elke keer het ek gedwaal
Elke keer het U my iewers kom haal
Maak die, Heer die laaste maal

Elke dag is ‘n gedagte
Elke kamer net gehuur
Elke aardse droom van rykdom en roem
Net ‘n skadu teen die muur

Wat ek is is net genade
Wat ek het is net geleen
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer vanaand daarheen

Hou maar duim vas!

11 antwoorde op Dit is DIE dag!!

  1. lienke het gesê op Julie 24, 2008

    Hierdie lied van Koos is baie mooi. Sterkte!

  2. Sjoe, nou kan ek weer asem haal Dankie vir die toeligting en reuse sterkte en sukses.

  3. hi

    42?!?!42? OMW Sterkte!!!

  4. loudavisi het gesê op Julie 24, 2008

    Krokkie, hie giggel ek nou vir daai stuk van leef om te vertel!!! hehe
    Kitty, dankie, sal oor die naweek breg as ons goed doen, en my bek toehou as ons misluk!
    Dis nou pouse by die danse, koebaai!

  5. STC het gesê op Julie 24, 2008

    My duime is styf in my handpalms!!

  6. ZX het gesê op Julie 25, 2008

    Dankie Lou, dis pragtig. Inspirerend. Soos jy. Sterkte vir jou groepie en geniet!

  7. loudavisi het gesê op Julie 25, 2008

    Dankie Ayla, vir die duimvashou…dit het (redelik) goed gegaan.
    ZX: Jy weet ook net om wat te se…laat my lekker voel. Dankie

  8. gidivet het gesê op Julie 25, 2008

    Ek wou daar gewees het man!

  9. loudavisi het gesê op Julie 26, 2008

    gidivet, volgende jaar? ok?

  10. ezile het gesê op Julie 26, 2008

    Dis beeldskone woorde – dankie dat jy dit deel met ons.

  11. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Ezile, die koor het perfek gesing….
    toe kry ons net ‘n silwer toekenning!
    So terleurgesteld!!!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.