Nog ‘n ware storie uit Namakwaland

Julie 12, 2008 in Sonder kategorie

 Vanoggend ry ek en Pappie weer Dal toe, die brug hier is nou oop en die uitsig oor die Olifantsrivier is amazing.   Kry die dogter en skoonseun, soos afgespreek, by ons Saterdagoggend koffieshop vir brekvis.  Die plek is so te se leeg, toe onthou ek dis mos rugby – seker die dat die dorp ook tot stilstand gekom het.
So sit ons en gesels al te lekker. Gewoonlik is die stoepie vol mense wat  mekaar “toevallig” daar kry. Ek mis toe die gesellige atmosfeer.  Dis toe dat ek die volgende storie oproep:

Een Saterdagoggend is, noem hom maar Ben, en sy vroutjie soos gewoonlik ook daar.  Hy is n gebore Namakwalanner en wat hy se en hoe hy dit se laat mens mos uit jou maag uit jubel.

So vra een van ‘n ander tafel vir Ben of hy toe weg was met vakansie.
“Ja” se Ben, “het gisteg teguggekom…dit was lekkegggg!”

“Nou, Oom, het Oom die Tannie saamgeneem?”

Hy: “Natuuglik!  Kan haag mos nou nie alleen so op die oudag by die huis los nie!”

“O” se die ou, “Ek dog dit was ‘n manne – alleen vakansie”

So met die antwoord kry ek nog hoop vir gelukkige getroude paartjies en net daar kry ek so ‘n soort van respek vir Ben.

Die hoop hou toe nie lank nie, want Ben se antwooord is toe:

 ” Ja, dit was, maag sien, as ek haag nie saamneem nie, dan moet ek haag mos gggoet as ek by die huis kom, en daagvoor sien ek nie kans nie”

Ek kan net nie help om vir hierdie mense te lag tot ek huil nie!
Intussen sal ek aan nog stories dink…

Mooi loop en tjorts op die Bokke!

34 antwoorde op Nog ‘n ware storie uit Namakwaland

  1. Mans! Maak nie saak van waar, die meeste is ‘n spesie op hul eie! Nou-nou vir Bigbigjoe loop dreig as hy nie in lewnde lywe so oulik optree soos hy blog…

  2. loudavisi het gesê op Julie 12, 2008

    Dankie, Skitter, vir die inloer.
    Bekkie, ek sal mans ook NOOIT verstaan nie!!

  3. loudavisi het gesê op Julie 12, 2008

    Gaan ek nou ‘n prokureursbrief kry?
    Anyway, wat het ek dan nou weer gedoen?
    Is jou naam Ben?
    ha!

  4. loudavisi het gesê op Julie 12, 2008

    Dankie, mooi foto’s!
    Was daar laas in my studentejare.
    Jarrrrre gelede!

  5. ezile het gesê op Julie 12, 2008

    Lou, ek hou my hart vas, vee af jou nommer! Intussen, heegggglike storie.

  6. loudavisi het gesê op Julie 12, 2008

    Ezile, nou hoe anners kan mens kontak maak?
    Ons Hillbillies is mos maar naief en agter die klip!
    Hiers in elkgeval nie veel wat my blogs lees nie.
    Kan ook nou die kans laat verbygaan om Miss C te ontmoet nie!

  7. loudavisi het gesê op Julie 13, 2008

    Miss C: Kan ek jou Dinsdagmiddag, 3u by die Koffiegrot kry? As iets voorval sal ek die grot laat weet. Die plek het nou ‘n nuwe rusiese naam, maar almal weet waar die grot is.
    Jy het seker nou in elk geval my nr.
    So bel of stuur sms.
    Sien baie uit daarna.

  8. loudavisi het gesê op Julie 13, 2008

    Reg so, pas my beter!
    Maak so.
    Mooi ry.

  9. loudavisi het gesê op Julie 14, 2008

    Adele, dis seker daarom dat ander bloggers net verdwyn.
    Ek weet ek is ook oppad uit.
    Ek was ‘n week in blogland..en met my vakansie wat deur die vloede in sy maai is, moet ek se dit het (soos sy se) hierdie patetiese looser lekker besig gehou.
    Hoop jy mis daai tong vir die res van jou verblyf in blogland.
    Ek gaan nie ophou lees nie, so skryf voort.
    Voorspoed!

  10. Moge…he he!!

    Ek is ook mal oog jou blog, jinne en jy kan sommeg lekkeg vies wogd nè…
    Kan nie wag vig die volgende stogie nie!!(dink jy my bgei is oulik vir ‘n ‘Vaalie’??)

    oxo
    🙂

  11. kerneelsie het gesê op Julie 14, 2008

    Hehehe. Omie in ons kerk brei ook so lekker. Kom van daai wêreld af. Ek kan ure sit en luister vir sy stories(of dalk die breiery).

  12. ACSL het gesê op Julie 14, 2008

    A Namakwaland, dit gaan sekerlik ‘n baie mooi blommeland wees. Ek het self ‘n stukkie “namakwaland veld” voor my huis. As dit blom moet ek tog vir julle wys. Die mense en die blomme is baie spesiaal. Hulle het ons al geleer van gasvryheid wat ons vergeet het. Mooi dag!!!!

  13. marymompel het gesê op Julie 15, 2008

    Lou’kie, Pep Harrismith. Toe ons Saterdag daar was, was daai swart vroukie wat my gehelp het, oorstelp van vreugde en het toe gemention van daai komberse wat hulle vir die arm mense gee. Ek’t vir Brian gevra dat ons Saterdag na werk weer deurskiet soontoe, miskien kan ons 11 komberse kry. Hulle is mos R29.99 elk, anders sal ek self die bleddie goed betaal.
    Die skoolkie is Phama Farm School. Hy is 10 km van Kestell en 20 km van QWAQWA af. Moerse remote. Shame, wnes jy kon daar wees. Ek gaan more op jou blog comment, die ouman wil loop slaap en is mos bang ek moer dalk sy leptoppie stukkend as ek die deksel moet toemaak. Wonder of hy dink ek is so dof? Anyway, laat ou dikste loop slaap, ons almal gaan maar slaap 8 uur in die aand. Lief jou.

  14. loudavisi het gesê op Julie 15, 2008

    Dankie vir die nodige info, Jy moet maar lekke agter die ou Parra se rug inkruip.
    Ek is ook ‘n onnie en ek weet van die struggle.
    Hier is dit nie so erg nie.
    Sal more die nodige doen
    Groetnis en lekker slaap

  15. loudavisi het gesê op Julie 15, 2008

    Miss C, ek gaan more daar wees, as jy wil kan ons chat.
    Dalk stryk ons alles mooi netjies uit.
    Ek hoop nog.

  16. Warrelwind het gesê op Julie 16, 2008

    Lekkegg gelag nou!
    Ja um, kyk nie eintlik rugby nie, maar ek is bly om te sien hulle het hulle belofte gehou. (hulle het mos belowe hulle sal verbeter teehee) 😀
    Geniet jou dag daar

  17. loudavisi het gesê op Julie 17, 2008

    Dankie Naelloper en Faansie.
    Die skool het nou weer begin, so sal maar sien wanneer die vingers weer vol woorde word.

  18. bogpraat het gesê op Julie 19, 2008

    Ai Lou, ek’s mal oor Nammalandse mense. So eerlik en opregte spul. Het jy nog sulke lekker stories om te vertel? Ons steur ons nie rerig aan die poppekas show nie. Dis soos water op ‘n eend se rug…skryf beslis nog as jy kans kry.

    Nic

  19. marymompel het gesê op Julie 19, 2008

    Lou jy slat my onner die rok! Baie, baie dankie!!! Ons het juis uitgewerk, ons het nog daai R500 van die blogger wat nie genoem wil word nie, plus Evert se R150 wat ek solank gaan gebruik, plus dan jou bydrae, kan ons môre Pep Harrismith toe gaan en vir hulle warm windbrakers koop. Ek’t nie ‘n clue hoeveel dit elk gaan kos nie, hang seker af van die size. Jis baie dankie, jy red kinderkies om nie om te kom van die koue nie!
    Lou jy slat my onner die rok! Baie, baie dankie!!! Ons het juis uitgewerk, ons het nog daai R500 van die blogger wat nie genoem wil word nie, plus Evert se R150 wat ek solank gaan gebruik, plus dan jou bydrae, kan ons môre Pep Harrismith toe gaan en vir hulle warm windbrakers koop. Ek’t nie ‘n clue hoeveel dit elk gaan kos nie, hang seker af van die size. Jis baie dankie, jy red kinderkies om nie om te kom van die koue nie!

  20. loudavisi het gesê op Julie 19, 2008

    Bogpraat, dankie vir die aanmoediging!
    Mam Parra, Lekker shop!

  21. ezile het gesê op Julie 19, 2008

    Dankie Lou, vir dit wat jy gedoen het. Het sommer geweet jy het ‘n groot hart. Vrede en seën vir jou.

  22. loudavisi het gesê op Julie 19, 2008

    Ok, nou sien ek. Toe die Hoof die foto beskryf, onthou ek dat ek dit iewers gesien het.
    Ai die ouderdom tog!

  23. STC het gesê op Julie 20, 2008

    Hi Lou, dankie vir jou inloer. Het nou lekker gelag vir joune.

  24. loudavisi het gesê op Julie 20, 2008

    Dankie, Ayla
    Ek geniet joune ook.
    Rustige Sondag vir jou.

  25. lienke het gesê op Julie 20, 2008

    Lekker gelag. Moet nou nie staan en ophou blog nie. Ek hou ook skool en ek dink dis nogal nodig om die gedagtes so ‘n bietjie op iets toetentaal anders te fokus.

  26. loudavisi het gesê op Julie 20, 2008

    Dankie vir die bemoediging.
    Ek lees graag oor jou reis stories
    en die fotos is pragtig.

  27. Wanneer kom jy terug? *snik, snik*

  28. abrham het gesê op Julie 21, 2008

    maagg da gie di oom mos viggg my ‘n iedee!!kan ‘n man dan nie?

  29. loudavisi het gesê op Julie 21, 2008

    abrham, jy is so cute!!!

  30. lienke het gesê op Julie 21, 2008

    Vasbyt hierdie week. Hulle se mos daar is ‘n lig in die tonnel – solank dit net nie ‘n aankomende trein is nie!

  31. loudavisi het gesê op Julie 22, 2008

    lienke, ek soek nog die tonnel!!!

  32. loudavisi het gesê op Julie 22, 2008

    Elana, dankie viri “hey”
    Het jou stuk gelees.
    Se mos jy’t iewers goeie onnies gehad.
    Julle kinders is nou te slim vir my.
    Lekker week vir jou en die sus.

  33. My tyd in Namakwaland was die beste tyd in my lewe. Verlang sommer baie na hulle. Ek skryf op my blog ook soms oor daardie tyd.

  34. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Dankie Kobus, vir die inloer.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.