Vandag langs die rivier.

Julie 11, 2008 in Sonder kategorie

 Vandag toe ry ek oor die brug van my dorpie af Dal toe.  (Vredendal)
Dis die eerste keer die skoolvakansie wat ek uit die huis kon kom.
Dis ook die eerste keer in ‘n week dat daar ‘n blou hemel is.  Kyk tog na die foto’s op Dorpstraat se blog! 
Die Namalandse blommetjies huiwer toe nie ‘n oomblik nie, hulle styg uit die modder en draai hul gesiggies al saam met die sonnetjie.
Ek ken nou nie hulle name nie, maar daars al plate en plate wittetjies, hier en daar geel daisiekies (dit ken ek darem) en natuurlik die astrante geel surnings…en sulke pienkes.  Mense, lyk my as die oostewind sy lyf skaars hou, sal dit ‘n perfekte blommeland wees!

Wat so wonnerlik is, is dat daar waar daar water was, is alles mooi  skoongemaak.  Iemand moes die modder en takke ens opruim.  Dit wil nou gedoen wees.  Daar is nog huise onder water, maar die rivier is besig om te sak en kort voor lank het almal vergeet, en dan sweet ons weer.

Ek groet dan eers, daars nog baie blogs om te lees, en ek het agtergeraak met die Dal toe ganery!  

Ha!   

Koebaai dan vir eers.

6 antwoorde op Vandag langs die rivier.

  1. loudavisi het gesê op Julie 11, 2008

    ek gaan nie se nie….ek wens ek kon, maar die spul hier sal keer dat ek eerlik is, en dan kan ek nie se wat ek wil nie…..hulle sal net aanstoot neem

  2. loudavisi het gesê op Julie 11, 2008

    Hello vir jou ook Kietie!
    Pragtige hare! wow

  3. loudavisi het gesê op Julie 12, 2008

    Neil: HA!
    Heros, die spanning bou op..Maandag is dit al weer “back to school” ugh!

  4. ezile het gesê op Julie 12, 2008

    Ek was annerdag in jou geweste – het by familie in Graafwater, Lambertsbaai en die Sederberge gaan draai. Ek kan môre trek… Wens ek kon die blomme sien.

  5. loudavisi het gesê op Julie 13, 2008

    Ezile, dis lekkkker hier in die winter en vroeg lente…daarna is dit helwarm!
    Dan is ons either onder water of by aircon.

  6. Cosmos het gesê op Julie 28, 2008

    More Lou
    Baie dankie vir die inloer….ai, jy het my dag gemaak. Bly jy het die kuier by my blog geniet…is deesdae maar skaars, maar sal weer by kom. Hoop jy het ‘n lekker naweek gehad. Kom loer gerus weer in. Dit is makliker vir my as iemand kommentaar by my los as om op hul eie blog terug te skryf….soms lees mens so baie dat jy nie meer weet waar jy was nie ;-p

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.