Oor oorskietkos

Julie 10, 2008 in Sonder kategorie

 Ek sukkel om aan die blog te kom. Nes ek dink nou….dan is daar al weer ‘n klomp om eers gelees te word…en dan elke kommentaar – mense dis nou pret!  En ek wil niks mis nie.

Anyway, oor oorskietkos:

Daai tyd nog op skool vra ek vir my ma, klaar tafel afgedek en so, of ek maar die bietjies-bietjies oorskiedkos sommer kan weggooi.
Sy:  No, Lou!  Just put it in the frigde, we’ll watch it grow old and then we’ll throw it away.
Ek : But why?
Sy : I don’t know, it just works that way!

Kan dit nou nog nie oor my hart kry om oorskiedkos weg te gooi voor dit nie eers oud geword het nie!

12 antwoorde op Oor oorskietkos

  1. anskrige het gesê op Julie 10, 2008

    Ek het twee sakke onder in my yskas.
    Een verpak ek die kleinste stukkie oorskiet rys, vleis, pampoen ens netjies en dit gaan Vrydae plakkerkamp toe.
    Ander een gooi ek alle organiese oorskiet in en een keer ‘n week maak my secretary ‘n groot pot honde/katte kos vir haar buurt se wilde diere en los dit in die veld. Sukkel om enige-iets eetbaar weg te gooi…
    Ek bring vandag vir julle stamboom-skandes na my blog, as jy dalk wil gaan lees.

  2. loudavisi het gesê op Julie 10, 2008

    Ja, Adele, en sys nou nog so cute!
    ‘n voorreg voorwaar

  3. loudavisi het gesê op Julie 10, 2008

    Ja, deesdae het ons ook honde, hulle is nie so lief vir die groente nie!
    Dankie vir jou goeie raad.
    Ons kook nou presies net wat ons tweetjies gaan opeet!
    An as een nog lus is, bad luck!

  4. loudavisi het gesê op Julie 10, 2008

    Oops, die een was vir jou, Liz.

  5. loudavisi het gesê op Julie 10, 2008

    Kietie, dis darem jammer om kos net weg te gooi.
    My dogter was ‘n waitress (Cape Waterfront) daar het hulle ook alles weggegooi!

  6. dina_vw het gesê op Julie 10, 2008

    Hou dit tot dit vrot, wat anders?

  7. Dit klink sooo bekend….my ma doen dit nog altyd!!
    Tot die ou brood krummels word vir die voeltjies gegooi.
    Al die beentjies word vir een van die ander tannies in die woonstel se skootbrakkie gebere…

    Lekker “koue” naweek vir julle

    🙂

  8. marymompel het gesê op Julie 11, 2008

    Jou ma en my man klink soos ‘n tweeling. Hy kook en bêre die kos of vries dit net om later babbel en squeek te maak wat ek nie in my liggaam kan kry nie. Al ewig een of ander kak sous wat hy maak om daai “oudgeid” weg te tower maar ek proe dit. Ek haat oorskietkos met ‘n passie!

  9. loudavisi het gesê op Julie 11, 2008

    Dankie Silly Girl, vir die raad!
    Mam parra, my ma is al 86, en dans nog wlke dag by haar gym klas! ha!
    Kietie, ek sit met die heater tussen die bene, lekker knus.

  10. Warrelwind het gesê op Julie 12, 2008

    My ma kon ook gin stuk kos weggooi nie. Ek onthou as on svra wat eet ons, dan het my pa altyd met groot vermaak aangekonding: El-ous!! (LO’s – Left overs) Ek doen vandag ook die bêre ding, maar ek het 3 stofsuiers hier wat al die oorskietkos opeet. My Basset eet ALLES wat ek hom gee! Ek voel net so sleg as ek kos moet weggooi. Ek het ook op ‘n tyd toe ek nie gewerk het nie sakkies gevries en een keer week als gevat na ons plaaslike DBV. Nou het ek nie meer tyd nie 🙁

  11. loudavisi het gesê op Julie 12, 2008

    Naelloper, dankie vir die inloer.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.