Haarkapper ini Namakwaland

Julie 7, 2008 in Sonder kategorie

My gedagtes dwaal toe vanoggend van die lees af en maak ‘n draai by ‘n ondervinding met ‘n haarkapstertjie.
Dis so kosbaar en tipies Namakwalands.
Anyway, so kla ek al weke oor die toestand van die kopbeen.  My dogter (wat nou die rol van die ma oorgeneem het…nou hoe het dit dan gebeur?) se net NEE!!!    Later oortuig ek haar en sy se  ok, maar dan sal sy vir my ‘n afspraak maak. . . daar’s ‘n nuwe funky kapster in ‘n dorp nie ver hiervandaan nie.  Ek moet net nie soos al die ander tannies op die dorp lyk nie.

Daar aangekom sien ek die oulike meisie, lekker bont khaki langbroek, bree belt, blink swart krulkoppie, en ek dog …ok, hier sal ek stunning kan uitloop!

My beurt kom, sit lekker in die stoel, sy vroetel deur my hare en vra: “Nou wat het Antie gedink…? het Antie al ‘n soogt van pgentjie?” (Sy roggel die rre so uit die keel uit)
Ek se toe sommer eerste ding wat in my kop kom,  dat dit maar soos Launa in Egoli s’n kan lyk, lekker snipperig en so.
Ek wil net nie sukkel nie!
Sy, al bubbelgumkouend: “Antie, Antie moenie woggy nie,  ek sal Antie se hage vig Antie lekkeg opfok!”

Nodeloos om te se, dit borrel steeds in my as aan daardie woorde dink.  En, o ja, dit was toe so stunning soos die dogter gehoop het!

Groetnis

27 antwoorde op Haarkapper ini Namakwaland

  1. borrels het gesê op Julie 7, 2008

    Hoop ek kan ook so voel as ek vanmiddag klaar is … ek het ‘n serious change in hair nodig.
    Lekker dag

  2. anskrige het gesê op Julie 7, 2008

    Niks wat ‘n bottel haargel nie kan regmaak nie!
    Gaan lees bietjie van Bon Gusto se meerminne- uitstekende storie vandag.
    En kom vertel wat jy dink : is selfmoord lafhartig of braaf?

  3. ezile het gesê op Julie 7, 2008

    Ha ha ha! Ek is mal oor jou foto en die mooi blou top.

  4. loudavisi het gesê op Julie 7, 2008

    Ezile, dankie vir die kompliment!
    Mooi en vaag.. ha!
    Liz, dankie vir die tip oor die meerminne.
    Borrels, lyk jy ook nou stunning?
    Kamakazi, ek wens jy kan die ritme hoor as die regte Namakwalanders so praat
    Hasie, ek het toe nooit weer teruggegaan nie,sy het ongelukkig getrek

  5. bigbigjoe het gesê op Julie 7, 2008

    Lou, hulle praat MY afrikaans daar in Namakwaland. Praat hom soos n tweejarige met n mondvol Wilsons toffies!

  6. Ou-Top het gesê op Julie 8, 2008

    Neil, waar het jou Ma aan jou Gekom? Ek lees al die blogs en probeer dan vasstel uit die taalgebruik, waar die skrywer grootgeword het, want dis daai soort taal wat hy sal praat. Maar die meeste uit die Kaap praat dan soos mense van Pretoria of Johannesburg. Die inkommers? Interessante speletjie, en ek is nogal akkuraat daarmee.

  7. loudavisi het gesê op Julie 8, 2008

    Big joe, jy kan ‘n ding so lekker se…en daars altyd kos betrokke.
    Adele: ek ken daai een!
    Neil, hier kan mens na ‘n storie luister…moet dit net nie glo nie! Die spul kleur ‘n storie in soos met coki’s….hard en duidelik.
    Krokkie, jy laat my ook lag, en wonder en dink!
    Ou Top, hoe kry jy dit reg sonder om die stemme te hoor?

  8. Ou-Top het gesê op Julie 8, 2008

    Vat maar net jou laaste sin.
    1.Pretorianer met stywe lippe:
    Al skaam ek my oor haar taalgebruik, was die eindproduk nog steeds fantasties.Tot my dogter was heel beindruk met die snit.

    2. Johannesburger:
    Sy babbel aanmekaar in hierdie vreemde taal en sy is nogal n seksie chick. Kan sien sy het iewers in die Kaap by Muis en Kosta gewerk.Even my dogter was impress.
    3. Vrystater: Jong ek lag nou nog as ek aan daai episode dink. Sy was snaaks en kan sy sny! Vra my dogter, dis baie beter.
    4. Middelklas Kapenaar: Ek verlang sommer terug as ek daaraan dink. Sy praat so lekker Afrikaans. En my dogter was verstom.Kyk hoe lyk ek nou.

    5.Top Billing se Afrikaners innie Kaap:
    Daar is so n eerlike varsheid op die platteland. Maar die hitte en hul gekruide taal. Mind you,niemand kon dit beter gedoen het nie.My dogter sê ons moet haar invlieg vir die troue.

    6. Vernon se mense van Brakpan. Ag nee f.. ou vrou, nou lyk jy nes Kenny Kay. Kyk hoe lag die kinders nou vir jou. Jou gesê daai Rambo kid kan nie hare sny.

  9. loudavisi het gesê op Julie 8, 2008

    Ai Ou Top, jy’s brilliant!
    Jy’t alles mooi uitgesort!
    Ek worry nie oor taal, solank die boodskap mooi duidelik deurkom!
    Ek is ‘n boorling van die Boland, Worcester, en vergaap my steeds aan die Namlanners! So uniek! Nie net hoe hulle pgaat nie, maar ook hoe hulle sonder ophou ‘n storie kan uitrek en in die fynste besonderhede inkleur!

  10. loudavisi het gesê op Julie 8, 2008

    Ek is bly jy’t dit geniet.
    So regtig Namakwalands!
    Ek lees graag wat jy skryf!
    Jy bemoedig my, dankie daarvoor

  11. hellokietie het gesê op Julie 8, 2008

    bwahahahahahha Lou !!

    Ek is nou skoon bang om in Ou Top se geselskap…wag….om in Ou Top se company comments…wag…kommentaar te lewer.

    😀

  12. bogpraat het gesê op Julie 8, 2008

    Uiteindelik sien ons jou. Welkom. Geniet dit! Wil net sê, so ‘n einste nuweling het rerig eenkeer my haage opgef….
    tjeers
    rupi

  13. Vetjan het gesê op Julie 8, 2008

    Haha , dis snaaks. Anyway , Lou , as jy ‘n foto wil pos, klik net op die 2e blokkie van links af bo in die redigeerdertjie.. die een langs die ABC, daar so bergie en ‘n sonnetjie. Ok dan browse jy tot jy die fotos kry wat jy wil opsit , kliek submit en daar gaan jy.

  14. loudavisi het gesê op Julie 9, 2008

    Kietie, jys so flippen cute!
    Ek skrik nie vir daai Ou Top nie!
    Hahahahehehe h!
    Jy’t hom nou seker lekker deurmekaar…hy sal nooit weet waar jy vandaan kom nie!
    Ag Ou Top, jy’s net so cute!

  15. loudavisi het gesê op Julie 9, 2008

    Ok, Petrus, en as ek dit doen, sal die foto op my pos verskyn sodat ek iets onder dit kan tik?
    Dankie vir die hulp sover….ek wag om nog te hoor.
    Bogpraat, dankie vir die inloer…ek lees jou graag.

  16. Dis nou my tipe haarkapster. pos haar asseblief Pretoria toe. Dis vrek lekker om jou blog te lees!!!

  17. Ou-Top het gesê op Julie 9, 2008

    Kietie, ek terg sommer man, jy moet die mens hoor praat en jy moet hom sien om sy handgebare te ontleed. In Jeffreysbaai by n hengelwinkel ingestap en die jong meisie wat my vriendelik help het so n snaakse manier van praat. Ek sê vir haar: My kind jy is nie van hierdie wereld, jy is van Kimberley, nee wag dis laer af, Hopetwown, nee wag dis nog te hoog. Ja,jy is van Upington, man. Skoon verskruik het sy my net so daar gelos en haar Ma gaan roep!

  18. loudavisi het gesê op Julie 9, 2008

    hello Bitterbekkie.
    Nog steeds vies jyt nie Tweety gekies nie.
    Ha, daai een wat jy het lyk nie soos bittebekkie nie!

  19. mar1234 het gesê op Julie 9, 2008

    LOL nou asb tog…plak ‘n foto van die opgefokte hare..?

  20. loudavisi het gesê op Julie 9, 2008

    Hi Heros, ek lees, ek sien, ek waardeer,
    Die intenet was heeldag af.
    Het sopas eers jou blog gesien!
    Gooi nog!

  21. loudavisi het gesê op Julie 9, 2008

    Mar123, dit het al uitgegroei!
    Sorry!

  22. En toe, wat’s jy so stil? Ek sien jy surf hierso rond, maar jy skryf dan niks!

  23. loudavisi het gesê op Julie 10, 2008

    Michelle, julle hou my so aan die lees, ek kom net nie so ver nie. Het darem nou so pas ene gepos, geniet !

  24. Dankie, ek het reeds gesien. 🙂

  25. jjanajj het gesê op Julie 10, 2008

    mwhaahahaha!!!

  26. loudavisi het gesê op Julie 10, 2008

    Hi Jana! Bly jy lag ook so lekker

  27. Hi

    Ja die kinners besluit mos nou al hoe moet ‘n mens mos lyk. My manne sê vir my ma dra altyd te groot broeke. Dit lyk van agteraf of da ‘n bol in ma se broek is. (Wat daarvan as ek daarvan hou dat broeke lekka sit?) Eks ook lief vir kinders soos ek duidelik kan sien jy is. Daarom ‘n blog geskep met al my manne se manewales. Sal weer by jou inloer.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.