OOR KINDERS EN LEES

Julie 6, 2008 in Sonder kategorie

Eerstens:  Hello aan ali bloggers in blogland.
Ek ken julle nou al soooo goed,  daars Kietie, en Koos, die mooie Liz en haar pragtige foto’s, Mam Parra en Pa Parra, die onnie in Korea, Ezile, Glanspraat, Bogpraat, Krokkie, Adele, Jana, Michella en haar Kerneelisie! O ja,  Big Joe, en daai outjie van Dorpstraat. FB, nou in Europa, en die seergemisde Sonia!

Net so dat julle weet….eks nou 34 jaar in die onderwys….grondslagfase…..so die woordeskat en taalgebruik is niks fensie nie!  (Mens pas mos maar aan)
Anyway, dis nou my eerste blog, en moenie dink ek is nie bewerig nie…

Ok,  het vanoggend vir ure in die bad gele en mediteer,  toe dog ek …..ok, ek sal my ervaring en kennis van kinders en lees met julle deel.  Miskien help dit iemand.

Ek weet daar is baie ouers wat bekommerd is oor hulle kinders.  Een van die bekommernisse is seker oor of die kleintjie eendag ‘n leser gaan word.
Die een werk:  “Pared Reading”  m.a.w. “Saamlees”
Dit werk so:
1.     Kry ‘n spesiale plek waar jy en jou kind alleen kan wees vir 10 min elke dag.
2.     Geen onderbrekings…geen telefoon, jy antw geen klop aan die deur nie.
3.     Stel  ‘n wekker, as dit afgaan, (jou kind sal later selfs leer om tyd te lees)  hol vir die hoekie.
4.     Laat jou kind ‘n boekie kies.  Neem ‘n paar boekies uit by die bib,  so 5 sal eers goed wees.
5.     Bespreek die voorblad. Kyk die prentjies en wonder saam met  jou kind oor die inhoud.
6.     Lees die boekie voor.  Sit jou vinger onder elke woord (Links na regs oogbeweging).
7.    As die boekie klaar gelees is, vra vrae oor die inhoud.  Gesels oor die goeie en slegte karakters ens.  tot die wekker afgaan.
8.     As die tyd om is,  stop dadelik.
Die volgende dag sal jou kind seker weer dieselfde boekie kies,  dis goed so,  later sal hy/sy begin saamlees, met die vinger!   Ek weet, ek weet, ons het geleer om nooit die vinger te gebruik nie….maar dit was toe.
As jou kind begin saamlees,  bly dan stil,  as hy vashak, lees aan,  moet glad nie die lesery onderbreek nie!
Dis dan nou al vir eers. 
Sal nog later leer van prentjies opsit en so….eks tegnologies erg gestrem,  maar slim genoeg om dit te weet!  ha!

29 antwoorde op OOR KINDERS EN LEES

  1. borrels het gesê op Julie 6, 2008

    More Lou … en welkom.
    Lekker dag

  2. ZX het gesê op Julie 6, 2008

    Hi Lou. Daar is min dinge so ongelooflik soos die positiewe impak wat ‘n onderwyser op ‘n kind se lewe kan he nie. Op die kinders van ons land. Ons toekoms.

  3. hellokietie het gesê op Julie 6, 2008

    helloooooooooo

    Uit eindelik 😉
    Welkom
    xxx

  4. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Kietie, Dankie, voel al klaar onseker welkom.

  5. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Borrels:
    Dankie, ek lees ook al te lekker aan jou blogs.

  6. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    ZX:
    Is waar, het seker ook al meer foute gemaak as anders.
    Onnies is ook maar net mense.
    Anyway, mens raak BAIE lief vir die kleintjies…..maar dan word hulle GROOT!

  7. bogpraat het gesê op Julie 6, 2008

    Ek weet my neef gaan hierdie blog net soveel soos ek geniet… ek het met sponsboekies in die bad geleer lees!

    Groete
    Nic

  8. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    More Boggie!
    Dankie,ek mis nooit eits wat julle twee skryf nie!

  9. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Dankie Kamakazi!
    Ook vir jou pragtige gedigte.
    Sukkel nou net om ‘n pic op my prof te kry!

  10. Dis die beste geskenk wat jy ‘n kind kan gee ; ‘n liefde vir lees. Lees nie net vir stories lees en die bekoring daarvan nie. ‘n program om rekenmeesters op te lei (nagraads) het getoon dat die hoe druipelinge as gevolg is van gebrekkige lees vermoe!! Studente het net eenvoudig nie die vermoe ontwikkel om goed te lees en te begryp nie en kan nie die volume materiaal baasraak nie.

  11. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Hello Wouter.
    Dankie vir die kommentaar.
    Daar sal nog baie oor lees uit my vingers kom.
    Het laasjaar ‘n dokument oor leesprobleme geskryf…vir studente.
    Na baie navorsing het my oe ook oopgegaan.

  12. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Dankie Krokodil
    Sal maar moet sien hoe dit gaan vorder!
    Lekker So aand vir jou en joune!

  13. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Dankie Krokodil
    Sal maar moet sien hoe dit gaan vorder!
    Lekker So aand vir jou en joune!

  14. ellamanella het gesê op Julie 6, 2008

    Ek is so bly hieroor. Ek is ‘n neuroterapeut en help kinders wat disleksies is of net leer of leesprobleme het. Dan laat ek hulle lees tydens die terapie. Sit tog nog so ‘n paar tips in hoe om iemand te help wat sukkel of net begin lees. dankie.

  15. ellamanella het gesê op Julie 6, 2008

    Sorry my vorige comment maak seker nie sin nie, maar dit gaan ‘n hele tesis vat om te verduidelik hoe die terapie werk, ek werk met die breintjies self.

  16. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Dankie vir die kommentaar, Neil en Saro!
    Anyway, onthou ek se net wat ek deur die jare gevind het wat werk.
    Saro, ek het ‘n hele program wat ek met disleksiese kinders deurwerk, maar dis nou by die skool en onthou eks met vakansie!
    Ek sal volg week dit eers kan kry.
    Hoekom is dit so moeilik om kinders as disleksies gediagnoseer te kry….as ek voor my siel weet wat die probleem is, dan trek die skoolsielkundiges net hul skouers op!
    Hulle is ook nie noodwenig IK gestremd nie, maar ons moet eers bewys dat hulle disleksies is, voor hulle alternatief geassesseer kan word!
    En so ploeter hulle voort tot hulle uit die sisteem verdwyn!
    Hoe gaan ek dit by jou kry? Stuur adres of iets. Weet nou nie of dit ‘n goeie idee is om mail of sel nrs hier te plaas nie.

  17. STC het gesê op Julie 6, 2008

    Ek se dankie vir mense soos jy, wat ons kinders saam met ons opvoed. Veral in vandag se moeilike omstandighede.

  18. use het gesê op Julie 6, 2008

    Baie dankie – jou blog is baie interessant!
    Kinders se taal, lees en spel is so verwater deesdae – gelukkig is my oudste dogter ‘n GROOT leser. En die 2 de kind kom darem nou by – liewer laat as nooit – sy’s al 25.

  19. loudavisi het gesê op Julie 6, 2008

    Dankie Ayla!
    Vleg al soggens die hare op my tande.
    Ha!

  20. Vetjan het gesê op Julie 6, 2008

    Dog ek kyk toe maar. Cheers.

  21. Hey, Lou, welkom! Bly jy het uiteindelik besluit om ons te join.

    Ek begin in Januarie Grondfase Onderwys swot. Ek kan nie wag nie. Die rede is juis omdat ek kinders wil leer lees. Hopelik kan ek by hulle so bietjie van die passie vir boeke, en woorde en mense leer wat ek het. 🙂

  22. ezile het gesê op Julie 7, 2008

    Baie geluk met jou blog – en ons deel beslis ‘n passie oor kinders wat moet lees. Baie bly jy is ook nou ‘n intrekker.

  23. loudavisi het gesê op Julie 7, 2008

    Ezile & Michelle: Dankie vir die positiewe kommentaar….
    Ek het so lekker aan julle blogs gelees, en dis so briljant, dat ek lank gehuiwer het.

  24. Ou-Top het gesê op Julie 7, 2008

    Pragtig en baie interessant. Ek sukkel om twee kleinkinders aan die lees te kry. Is dit waar wat jy daar skryf op dinkskrum? Geen diefwereing en so aan daar by julle.

  25. jjanajj het gesê op Julie 8, 2008

    lou!

    ek is mos nie ‘n naweekblogger nie, toe mis ek nou hierdie post van jou.
    maar wil net sê baie welkom hier, uiteindelik!

    yeepa, geniet dit!

    xx

  26. loudavisi het gesê op Julie 8, 2008

    Ja, Ou Top….dis die waarheid! Geen diefwering.
    Nadeel van hier is die 10 maande woetyn..met temperature 45+ in die somer.
    Die ander 2 maande is dit mos ‘n blomtuin!

  27. loudavisi het gesê op Julie 8, 2008

    Dankie vir die welkom, Jana.
    Kry nog steeds bewerasies!
    En dan wonder mens wanneer ‘n blog ‘n skinderstorie is, en of mens dalk op iemand se tone trap.
    So ek is maar versigtig ha!

  28. loudavisi het gesê op Julie 8, 2008

    Dankie Jana,
    Jy is so briljant!
    Ek lees elke woord wat jy tik

  29. Samuhr, ek giggel nou so lekker oorlat jy so slim is om hier te kommentaar! Hoop jy spoor weer hierdie blog op om my antwoord te lees. Ek het jou boodskap op fb gekry. Was afwesig van die laptop vir die dag en gaan nou kyk waarvan jy praat oor die trolle. Die eerste keer was ek so geskok en wou sommer my blog toemaak. Nou worry ek niks oor hulle nie, gee hulle ook nie “rope” nie! Ignoreer net en gaan aan met die “doodles”
    😀 Groetnis

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.