Jy blaai in die argief vir 2008 Julie.

Uit die hart van ‘n Namavrou

Julie 27, 2008 in Sonder kategorie

Vrydag was ek beoordelaar by die Kunstefees vir Voordrag en Poetry (Gr 8 – 12)  Mense hier is TALENT!!  Hierdie gedig het ‘n Gr 11 dogter van Clanwilliam voorgedra. Florence Filton kom van Vredendal.

           UIT DIE HART VAN ‘N NAMAVROU

                                 Florence Ann Filton 

Mit my hande gevou in my lapvoorskoot….
Stamak ik jou vamore reg voor my, lak jou tusken die oens ka tjyk.
My woorde het geloop opdro soos Vaalputs se water in die droentyd.
Al my planne is so yl soos die koppenend strokie van die vrugbare ou rooi koringland.
Dassie of ik vamore va Jou ‘n tjind wil loop sta maakie!
Tjinners luuster mos hoeka lounkalie meerie….
Maar vamore sal Jy my moet nadersster trek en ek vir jou.
Solat oes twee oor Berend ka praat…
Jirre, wil Jy nie maar vir Berend by my oorvattie, he?
Die klong hardloop kruus en dwars mittie dounkiekar van die lewe
En hy sal lelik verongeluk.
Sy dounkies raak al willer en die kar se taaiers al papter.
Kom vamore in die kookhuus in, Jirre, en Jy gaan nie hier uutie
Voorlat oessie die ding deurgepraat hattie.
Die tjind verstaan nie lat Jy ‘n blou granietsteen is mit ewagi koeltes en wye beskerming.
Ja, selfs die arende en toktokkies skuul by Jou.
Hoeveel te meer oes Berendgoed.
Maar die swernoot maak van maatskappye en trounke sy tjerk.
Jirre, vat Jy him vir my vas.
Draai hom om met sy gatkant na die wereld en sy gasegkant na Jou toe.
Net Jy ka dat mos doen.
Slaat hom soos Jy die Israeliete geslaatit.
Mitte sterk hand vol liefde…
Want hy bly mos maar…
Oestwee se hanstjint.

Dit is DIE dag!!

Julie 24, 2008 in Sonder kategorie

               Dit is DIE dag!

Vandag is hier 42 dansgroepe by ons skool. 
(Lyndanse, Gospel, Modern)

Vanaand is dit ons KOORFEES.  Veertien kore…altesaam +/- 500 koorlede. 
Die kore word direk (live) oor Radio Namakwaland uitgesaai vanaf 17:00.
More is dit al die individuele inskrywings: Voordrag, Poetry, Tweespraak, Klavier, Blokfluit, Viool, Orrel, Sang, ens, 

My, en die begeleidster, se een koor sing hierdie liedjie :

GEBED      
Koos du Plessis, verwerk deur Danie Hyman

Laat my nooit die grond verlaat nie
Laat my in U skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
Eindlik nietig word vir my

Elke afdraaipaadjie ken ek
Elke keer het ek gedwaal
Elke keer het U my iewers kom haal
Maak die, Heer die laaste maal

Elke dag is ‘n gedagte
Elke kamer net gehuur
Elke aardse droom van rykdom en roem
Net ‘n skadu teen die muur

Wat ek is is net genade
Wat ek het is net geleen
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer vanaand daarheen

Hou maar duim vas!

Oor Helde

Julie 23, 2008 in Sonder kategorie

Kon nie slaap nie, toe dwaal my gedagtes na my helde/heldinne.
Hier is een:

Vry Vrou
Antjie Krog
(uittreksel)

Ek is rots

ek is klip

ek is duin

Nog ‘n ware storie uit Namakwaland

Julie 12, 2008 in Sonder kategorie

 Vanoggend ry ek en Pappie weer Dal toe, die brug hier is nou oop en die uitsig oor die Olifantsrivier is amazing.   Kry die dogter en skoonseun, soos afgespreek, by ons Saterdagoggend koffieshop vir brekvis.  Die plek is so te se leeg, toe onthou ek dis mos rugby – seker die dat die dorp ook tot stilstand gekom het.
So sit ons en gesels al te lekker. Gewoonlik is die stoepie vol mense wat  mekaar “toevallig” daar kry. Ek mis toe die gesellige atmosfeer.  Dis toe dat ek die volgende storie oproep:

Een Saterdagoggend is, noem hom maar Ben, en sy vroutjie soos gewoonlik ook daar.  Hy is n gebore Namakwalanner en wat hy se en hoe hy dit se laat mens mos uit jou maag uit jubel.

So vra een van ‘n ander tafel vir Ben of hy toe weg was met vakansie.
“Ja” se Ben, “het gisteg teguggekom…dit was lekkegggg!”

“Nou, Oom, het Oom die Tannie saamgeneem?”

Hy: “Natuuglik!  Kan haag mos nou nie alleen so op die oudag by die huis los nie!”

“O” se die ou, “Ek dog dit was ‘n manne – alleen vakansie”

So met die antwoord kry ek nog hoop vir gelukkige getroude paartjies en net daar kry ek so ‘n soort van respek vir Ben.

Die hoop hou toe nie lank nie, want Ben se antwooord is toe:

 ” Ja, dit was, maag sien, as ek haag nie saamneem nie, dan moet ek haag mos gggoet as ek by die huis kom, en daagvoor sien ek nie kans nie”

Ek kan net nie help om vir hierdie mense te lag tot ek huil nie!
Intussen sal ek aan nog stories dink…

Mooi loop en tjorts op die Bokke!

Vandag langs die rivier.

Julie 11, 2008 in Sonder kategorie

 Vandag toe ry ek oor die brug van my dorpie af Dal toe.  (Vredendal)
Dis die eerste keer die skoolvakansie wat ek uit die huis kon kom.
Dis ook die eerste keer in ‘n week dat daar ‘n blou hemel is.  Kyk tog na die foto’s op Dorpstraat se blog! 
Die Namalandse blommetjies huiwer toe nie ‘n oomblik nie, hulle styg uit die modder en draai hul gesiggies al saam met die sonnetjie.
Ek ken nou nie hulle name nie, maar daars al plate en plate wittetjies, hier en daar geel daisiekies (dit ken ek darem) en natuurlik die astrante geel surnings…en sulke pienkes.  Mense, lyk my as die oostewind sy lyf skaars hou, sal dit ‘n perfekte blommeland wees!

Wat so wonnerlik is, is dat daar waar daar water was, is alles mooi  skoongemaak.  Iemand moes die modder en takke ens opruim.  Dit wil nou gedoen wees.  Daar is nog huise onder water, maar die rivier is besig om te sak en kort voor lank het almal vergeet, en dan sweet ons weer.

Ek groet dan eers, daars nog baie blogs om te lees, en ek het agtergeraak met die Dal toe ganery!  

Ha!   

Koebaai dan vir eers.

Oor oorskietkos

Julie 10, 2008 in Sonder kategorie

 Ek sukkel om aan die blog te kom. Nes ek dink nou….dan is daar al weer ‘n klomp om eers gelees te word…en dan elke kommentaar – mense dis nou pret!  En ek wil niks mis nie.

Anyway, oor oorskietkos:

Daai tyd nog op skool vra ek vir my ma, klaar tafel afgedek en so, of ek maar die bietjies-bietjies oorskiedkos sommer kan weggooi.
Sy:  No, Lou!  Just put it in the frigde, we’ll watch it grow old and then we’ll throw it away.
Ek : But why?
Sy : I don’t know, it just works that way!

Kan dit nou nog nie oor my hart kry om oorskiedkos weg te gooi voor dit nie eers oud geword het nie!

Haarkapper ini Namakwaland

Julie 7, 2008 in Sonder kategorie

My gedagtes dwaal toe vanoggend van die lees af en maak ‘n draai by ‘n ondervinding met ‘n haarkapstertjie.
Dis so kosbaar en tipies Namakwalands.
Anyway, so kla ek al weke oor die toestand van die kopbeen.  My dogter (wat nou die rol van die ma oorgeneem het…nou hoe het dit dan gebeur?) se net NEE!!!    Later oortuig ek haar en sy se  ok, maar dan sal sy vir my ‘n afspraak maak. . . daar’s ‘n nuwe funky kapster in ‘n dorp nie ver hiervandaan nie.  Ek moet net nie soos al die ander tannies op die dorp lyk nie.

Daar aangekom sien ek die oulike meisie, lekker bont khaki langbroek, bree belt, blink swart krulkoppie, en ek dog …ok, hier sal ek stunning kan uitloop!

My beurt kom, sit lekker in die stoel, sy vroetel deur my hare en vra: “Nou wat het Antie gedink…? het Antie al ‘n soogt van pgentjie?” (Sy roggel die rre so uit die keel uit)
Ek se toe sommer eerste ding wat in my kop kom,  dat dit maar soos Launa in Egoli s’n kan lyk, lekker snipperig en so.
Ek wil net nie sukkel nie!
Sy, al bubbelgumkouend: “Antie, Antie moenie woggy nie,  ek sal Antie se hage vig Antie lekkeg opfok!”

Nodeloos om te se, dit borrel steeds in my as aan daardie woorde dink.  En, o ja, dit was toe so stunning soos die dogter gehoop het!

Groetnis

Ons kinders in SA!

Julie 6, 2008 in Sonder kategorie

 
Hier volg ‘n gedig wat ek geskryf het na die wrede moorde op 2 pragtige dogtertjies:

Sunshine Girl

In memory of Sheldean Human and Annastacia Wiese , June 2007.
Also reminds of Mabelel (Eugene Marais)

She runs through the valley
lightly her tread
Jewels that jingle
round ankles and head

She runs through the valley
oblivious of threat
No thought of danger
can enter her head

    sun setting
    vultures seeking
    colours fading
    darkness creeping

She’s slowing down
slowing to a standstill
Her forehead a frown
something’s stopping her thrill

Heart missing a beat
trembling of feet
Uttering a scream
losing a dream

    Sunshine fearing
    danger nearing
    Freedom flying
    little girl  . . . . . dying!

OOR KINDERS EN LEES

Julie 6, 2008 in Sonder kategorie

Eerstens:  Hello aan ali bloggers in blogland.
Ek ken julle nou al soooo goed,  daars Kietie, en Koos, die mooie Liz en haar pragtige foto’s, Mam Parra en Pa Parra, die onnie in Korea, Ezile, Glanspraat, Bogpraat, Krokkie, Adele, Jana, Michella en haar Kerneelisie! O ja,  Big Joe, en daai outjie van Dorpstraat. FB, nou in Europa, en die seergemisde Sonia!

Net so dat julle weet….eks nou 34 jaar in die onderwys….grondslagfase…..so die woordeskat en taalgebruik is niks fensie nie!  (Mens pas mos maar aan)
Anyway, dis nou my eerste blog, en moenie dink ek is nie bewerig nie…

Ok,  het vanoggend vir ure in die bad gele en mediteer,  toe dog ek …..ok, ek sal my ervaring en kennis van kinders en lees met julle deel.  Miskien help dit iemand.

Ek weet daar is baie ouers wat bekommerd is oor hulle kinders.  Een van die bekommernisse is seker oor of die kleintjie eendag ‘n leser gaan word.
Die een werk:  “Pared Reading”  m.a.w. “Saamlees”
Dit werk so:
1.     Kry ‘n spesiale plek waar jy en jou kind alleen kan wees vir 10 min elke dag.
2.     Geen onderbrekings…geen telefoon, jy antw geen klop aan die deur nie.
3.     Stel  ‘n wekker, as dit afgaan, (jou kind sal later selfs leer om tyd te lees)  hol vir die hoekie.
4.     Laat jou kind ‘n boekie kies.  Neem ‘n paar boekies uit by die bib,  so 5 sal eers goed wees.
5.     Bespreek die voorblad. Kyk die prentjies en wonder saam met  jou kind oor die inhoud.
6.     Lees die boekie voor.  Sit jou vinger onder elke woord (Links na regs oogbeweging).
7.    As die boekie klaar gelees is, vra vrae oor die inhoud.  Gesels oor die goeie en slegte karakters ens.  tot die wekker afgaan.
8.     As die tyd om is,  stop dadelik.
Die volgende dag sal jou kind seker weer dieselfde boekie kies,  dis goed so,  later sal hy/sy begin saamlees, met die vinger!   Ek weet, ek weet, ons het geleer om nooit die vinger te gebruik nie….maar dit was toe.
As jou kind begin saamlees,  bly dan stil,  as hy vashak, lees aan,  moet glad nie die lesery onderbreek nie!
Dis dan nou al vir eers. 
Sal nog later leer van prentjies opsit en so….eks tegnologies erg gestrem,  maar slim genoeg om dit te weet!  ha!