You are browsing the archive for Sonder kategorie.

LitNet se blogforum

December 6, 2012 in Sonder kategorie

LitNet-bloggers, iemand skryf anderdag op die blogs dat dit voel of sy hier in ‘n leĆ« kamer praat. Hoewel dit ‘n sjarmante beeld is, is dit nie die atmosfeer wat LitNet hier wil skep nie. Hier is ‘n hele gemeenskap van bloggers. Almal het iets om toe te voeg tot die gesprek.

@ts het ‘n sinvolle voorstel gemaak: kom ons skep ‘n blogforum en vind oplossings.

Die LitNet-blogruimte te WordPress is nog relatief nuut en hier is nog onduidelikhede. Hierdie blogforum is die plek waar ons sake gaan probeer uitsorteer.

Hierdie forum is die plek waar almal kan kom sit en praat oor hulle kopsere en waar almal ook kom pleisters uitdeel. (‘n Minder geslaagde beeld. Almal kan kom Disprins uitdeel, dalk werk dit beter.) En, beter nog as om net diie simptome aan te spreek: kom vertel julle eie suksesverhale. As julle iets uitgepluis het op die blogruimte, kom deel dit hier.

As iemand raad vra, sal ek so gou moontlik probeer reageer. Sluit my asseblief in by die gesprek deur @litnet-editor by jou vraag te tik. As ek die antwoord ken, sal ek laat weet. As ek nie weet nie, sal ek probeer uitvind. As iemand anders dalk raad het, soos @zephur of @rewaco of enigiemand anders (ek sonder hierdie twee uit omdat hulle reeds raad gegee het), laat weet. Asseblief?

Groete, NM

Hello world!

December 6, 2012 in Sonder kategorie

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!