LitNet se blogforum
December 6, 2012 in Sonder kategorie
LitNet-bloggers, iemand skryf anderdag op die blogs dat dit voel of sy hier in ‘n leë kamer praat. Hoewel dit ‘n sjarmante beeld is, is dit nie die atmosfeer wat LitNet hier wil skep nie. Hier is ‘n hele gemeenskap van bloggers. Almal het iets om toe te voeg tot die gesprek.
@ts het ‘n sinvolle voorstel gemaak: kom ons skep ‘n blogforum en vind oplossings.
Die LitNet-blogruimte te WordPress is nog relatief nuut en hier is nog onduidelikhede. Hierdie blogforum is die plek waar ons sake gaan probeer uitsorteer.
Hierdie forum is die plek waar almal kan kom sit en praat oor hulle kopsere en waar almal ook kom pleisters uitdeel. (‘n Minder geslaagde beeld. Almal kan kom Disprins uitdeel, dalk werk dit beter.) En, beter nog as om net diie simptome aan te spreek: kom vertel julle eie suksesverhale. As julle iets uitgepluis het op die blogruimte, kom deel dit hier.
As iemand raad vra, sal ek so gou moontlik probeer reageer. Sluit my asseblief in by die gesprek deur @litnet-editor by jou vraag te tik. As ek die antwoord ken, sal ek laat weet. As ek nie weet nie, sal ek probeer uitvind. As iemand anders dalk raad het, soos @zephur of @rewaco of enigiemand anders (ek sonder hierdie twee uit omdat hulle reeds raad gegee het), laat weet. Asseblief?
Groete, NM
adage said on December 6, 2012
Op hierdie blog kan Litnetters sien hoe om hulle font te verander so terloops
http://pienkpantoffels.wordpress.com/2012/12/05/hoe-om-jou-font-size-te-verander-en-ander-tips/
LitNet-blogadministrateur said on December 6, 2012
Dankie, @adage
tina10 said on December 6, 2012
@adage Het jy dit al uitprobeer?
adage said on December 6, 2012
Lank gelede het ek html op MWeb gedoen, ek en WC
🙂
Dit sal hier ook werk as jy Maryna se instruksies volg
Rina Willemse said on December 6, 2012
Thanx @adage (en Maryke/Maryna?), gaan dit beslis volgende keer probeer.
adage said on December 6, 2012
@Sirpsa Nee dis Maryke of is dit nou Maryka – , sy het destyds hier geblog as pinkpantoffels . Nou is sy op WP.
tina10 said on December 6, 2012
Klink asof dit kan werk.
Sal jy asb. die tuisblad se titel – ‘toolbar’ voeg?
LitNet-blogadministrateur said on December 6, 2012
@ts, ek maak later vandag so, groete, NM
Zeppie - @zephur said on December 6, 2012
@litnet-editor
Ek sien een van ons opsies is die opsie van ‘Forums’
Dis soos die groepe…soos die een wat ek geskep het vir Harties Haven
Die forums funksie lyk my te kan werk op die manier dat iemand begin ‘n forum gesprek en dan kan ander bloggers kom en kommentaar lewer op die gesprek en sodoende kan daar lekker debat gevoer word….en dit gebeur dan apart en nie op iemand se blog nie.
Maar die funksie lyk nog nie geaktiveer te wees nie…
LitNet-blogadministrateur said on December 6, 2012
Aha, @zephur, so kom ek ook nou by. Wag, laat ek vir die WordPress-mense by 24.com vra om dit aktief te maak as dit nie werk nie …
LitNet-blogadministrateur said on December 6, 2012
@ zephur, die naaste wat dit vir my lyk ons aan ‘n forumopsie gaan kom, is deur jou kommentaar-gespreksdrade (um, vertaal gerus die woord “threads” anders) te verleng. In jou paneelbord, gaan na instellings en kies “discussion”. Onder “other comment settings” kry mens “enable threaded (nested) comments”. Hier kan jy ‘n gesprek uitbrei. Iemand anders sê nou-nou ‘n blog is inderwaarheid reeds ‘n forum. Die kommentaarfunksie daaronder vervul dieselfde funksie, of hoe? Net die verpakking is anders, wil ek amper sê. Of stem jy nie saam nie? NM
LitNet-blogadministrateur said on December 6, 2012
@zephur, lyk my ek het jou nie hierbo getag nie …
adage said on December 6, 2012
Sorry sorry sorry dis Maryke van Rensburg @sirpsa
Ek en name en selfs my eie inskryfkode
🙁
Jaime Gines said on May 1, 2022
I’ve recently started a website, the information you provide on this website has helped me tremendously. Thanks for all of your time & work.
abogado especialista en vivienda said on May 9, 2022
Wow! This can be one particular of the most beneficial blogs We have ever arrive across on this subject. Actually Excellent. I am also an expert in this topic therefore I can understand your hard work.
old whisky barrels said on May 12, 2022
Rattling good info can be found on web site. “Prayer is the wing wherewith the soul flies to heaven, and meditation the eye wherewith we see God.” by Ambrose of Milan.