Staple remover
September 11, 2014 in Uncategorized
Help gou bietjie hier…wat is ‘n staple remover in Afrikaans?
September 11, 2014 in Uncategorized
Help gou bietjie hier…wat is ‘n staple remover in Afrikaans?
Oktober 26, 2012 in Uncategorized
“ Shadows” – a portrait
Opgedra aan Peter Sibeko
Soos die lig van voor oor jou val
le die skadu rokerig knus agter jou
skouers en jou rug en jou vlees
tot ek sien op ‘n dag die mistige swart
versluier onheilspellend stil jou oe
in aktiewe teenstand van wie jy moes wees
en moes word, ‘n vrye gevangene van die
ewigteenwoordige vaders wat jou vergesel
en gesel waneer klip op klip jou voorhuid
teken word van die verbond wat jou
verkneg van geslag tot geslagte
bok of bees of lam –
ingekombers in jou inisiasie mantel van
van rokerige blindheid oor Afrika
wat (soos die ontbloting van The Spear) sal val.
Oktober 20, 2012 in Uncategorized
tussen Niks en Nerens moet daar iets wees erens
wat die onrus en onklaarheid kan voltooi –
wat in helder lig duidelik sigbaar die weg kan wys
sonder misleiding en bevrydend eenvoudig kan se:
Hier is Hy.
ek dwaal tussen stemme en stamme en vanne
en Woorde en klank en ou mense en perels
op soek na die sin in die Sin wat onomwonde
die hele verhaal kan vertel
van die voortyd tot die eindtyd
jota en tittel en titel en nota
vir my gelos te ontrafel soos die ingang van die
deurknoplose uitgang in die mission van St Raphael
Onlangse kommentare