J. A. Lasarus.
Junie 14, 2012 in Sonder kategorie
In die nag het ek oor jou gestreel, Hopie Bene en Vleis en Drome,
vas aan die slaap en onbewus dat ek met olie onsigbaar jou township hondelyf salf:
Van jou kop oor jou gesig en jou skouers en jou arms en jou bors en jou buik
en jou geslag en jou bene en jou voete en jou kuite en jou boude en jou rug
en jou skouers en jou hoof-
Dat jy jou kop mag verloor
Dat jou fonteine sal oopgaan
Dat die glaswande van jou tombe in duisende stukkie sal skiet
(Maar jy sal aan die sykant uitkom).
Hopie Bene en Vleis en Drome,
ek smeer jou in met olies en mirre en gebed
en op ‘n manier le ek my drome af vir joue:
Staan op my Lief! die dag het gebreek,
sodat ek kan sien hoe jou stert kwispel en jou pels blink,
en ek jou waters kan hoor ruis.
Onlangse kommentare