Piekniek op die groen gras.
Mei 15, 2012 in Sonder kategorie
jou bruin lollielyfie met die bekkie rondom vol soet
kaal voetjies en boudjies wat ruik na a
handjies wat beduie en beentjies wat flikflak
armpies wat om my nek my wurg en vra dat ek jou moet ba
wyl ons kolwyntjies eet en speel en woel op en onder my kombers –
peek-a-boo en waar’s jy en daar’s jy kielie ek jou magie en luister hoe jy kraai
(onsigbaar verhul in Hom en onder die radar
haal ek jou en julle en hulle profeties uit met my kombers
wat julle toedek en my mantel word van gesag
en op Sy Woord se my woord: Release!
en hy moet gee dit wat ek eis, en laat los in volbronge finaliteit)
wyl ons speel en bollemakiesie slaan en wawiele maak tot
julle opkots van die soet sjokolade versiersel en ek moet sluk aan die liefhe
wat a en b en c en ander dinge insluit wat onverfyn en aards is
maar Goddelik in Sy natuur
Onlangse kommentare