Tatta Ma.
Februarie 16, 2012 in Sonder kategorie
Ek het vandag my skoonma gegroet.
Sy is weg. Gone.Gaan aftree langs die see op ‘n golflandgoed. Ek ruik haar nog. Iets van haar hang nog rond tussen die agtergeblewe meubels en die kombuis. Die rose op die spieeltafel is vars, en ek sien hoe die ronde sagtheid van haar vingers ‘n knop reg druk druk terwyl sy praat en beduie en beweeg tergelyk. Gemmerkoekies in die oond, beskuit in die panne, twee manne in die tuin wat nog hier en daar iets moet regpluk, iemand op die foon wat kom inloer, stapstewels nog klam van die vroee-oggend klim teen die berg uit.
Ek kan jou moerkoffie ruik. En jou parfuum. En die gemmerwortel in jou tee. En jy is reg. Jy is fikser and more alive than ever.
Ek gun jou dit, Ma. Met my hele hart. Maar ek hoop jy weet ek mis jou – al klaar.
TS het gesê op Februarie 16, 2012
ag hoe hartseer maak jy my…
rosiemetdorings het gesê op Februarie 16, 2012
my skoonma was nie ‘n vreeslike raakvatter nie, maar lieflike mens
shlwanjan het gesê op Februarie 16, 2012
Eina.
pienkvolla het gesê op Februarie 17, 2012
Wonderlik om te lees dat jy so oor jou SKOONma voel!
Myrataal het gesê op Maart 24, 2012
Ons tye is vlietend en dan … verby. X
FOXY1975 het gesê op Maart 28, 2012
Ek mis my skoonma ook… sy was meer van ‘n ma vir my as altwee my stiefma’s saam 🙂
lisabeth het gesê op April 3, 2012
Ongelooflik dat so gestriemde verhouding so heg kon word oor tyd!
lisabeth het gesê op April 3, 2012
Hallo Myra – ja dit is… En om daardie tyd regtig sinvol deur te bring is vir my ‘n al hoe dringender ding.
lisabeth het gesê op April 3, 2012
Hi Pienkvolla – jy wil nie weet hoe ons so twintig jaar gelede afgeskop het nie!
Dit was tandekners!
lisabeth het gesê op April 3, 2012
Hi Klari – is nogal ‘n verlies. Sy was net 3km van my af – ver genoeg dat ons mekaar kan misloop vir weke as ons wou, en naby genoeg om binne minute daar te wees as ons wou.
lisabeth het gesê op April 3, 2012
Hmm – ek is bly mens kry lieflike mese wat nie noodwendig raakvatters is nie – ek sal mik vir die lieflike deel, want die ander deel realiseer nie so sky-high nie.
lisabeth het gesê op April 3, 2012
Ag, nee wat Tina – sy is dolgelukkig. Het tot noudie dag ‘n foto van haar gekry waar sy saam met ‘n vrien die Kaap plat ry agter op ‘n motorfiets!!!!