Besoek
Februarie 14, 2012 in Sonder kategorie
Ek wil jou van voor af probeer
ongekerker deur die gordyn
van geheime mis en misterie –
geheim soos die sappe in die stamme en die vlees
wat gees en groei en nuwe lewe huisves
en op ‘n dag na buite stoot in blom en wisdom –
wil ek jou op my tong rol en jou proe en jou voel en jou probeer,
losgewoel en uitgeroep uit die donker binnekamer van rots en wand en bloed en vlees en stam.
Woord,
ek wil jou wees.
Marja-Catharina het gesê op Februarie 14, 2012
101 sterre
vir jou pragtig …..
‘ek wil jou wees’
TS het gesê op Februarie 14, 2012
sjoe…
Hoop jy het die allermooiste jaar…
HeavyHenry het gesê op Februarie 14, 2012
🙂
shlwanjan het gesê op Februarie 14, 2012
hello Lisa {-;
louisna het gesê op Februarie 14, 2012
Pragtige vers.
frandr het gesê op Februarie 14, 2012
Mens sou jou graag meer dikwels hier wou raaklees, Lisa.
lisabeth het gesê op Februarie 15, 2012
Dankie Marja.
lisabeth het gesê op Februarie 15, 2012
Hallo Tina, baie dankie – dit sal baie lekker wees!
lisabeth het gesê op Februarie 15, 2012
Hallo Henry!
lisabeth het gesê op Februarie 15, 2012
Hi Klarisabet – lekker om jou te sien.
lisabeth het gesê op Februarie 15, 2012
More Ouboet, dankie!
lisabeth het gesê op Februarie 15, 2012
More tannie frann – ek dink nie ons het al ontmoet nie?
louisna het gesê op Februarie 15, 2012
Goeiemore. Dis ‘n plesier.
frandr het gesê op Februarie 15, 2012
Nog nie amptelik nie, maar laasjaar toe ek net begin blog het, het ek al jou avatar raakgesien.
lisabeth het gesê op Februarie 16, 2012
Dan maak ek dit nou ampetlik: Aangename kennis – sien daarna uit om by jou te lees.