Maak gou….!
Oktober 19, 2011 in Sonder kategorie
- Bestel hoenderboudjies by KFC
- Kry neute by Fruit en Veg, en sommer die drop ook
- Sit solank die ketel aan vir rooibostee / koffie in die warmfles
- Gryp cd houer in die verbygaan
- Selfoonlaaier en GPS
- Los die gekookte eiers
- Bring ‘n warm-ding – is koud hier vandag
- Soen die kinders en groet die oumas wat na hulle gaan omsien
Ry dadelik. Hou suid as jy van die noorde kom en oos as jy van die weste kom en wes as jy van die ooste kom, ons is op die grens. Soek die Langkloof op jou GPS en laat waai.
Tom Gouws bespreek Ligloop vanaand by ons – hier by mui (dank aan Anha vir die uitspraak).
En ek kannie meer verder werk nie, en ek wil ook nie, ek wil kuier kuier kuier. Kom julle ook toe!
TS het gesê op Oktober 19, 2011
Lekker om jou te sien
monicahaddad het gesê op Oktober 19, 2011
OK ek moet net eers gou deur die dorp ry en soek vir ‘n te-lene gps
lisabeth het gesê op Oktober 19, 2011
Ja, ja, ja! Jy bly naby genoeg om dit nog te maak! Los die GPS ek sal sommer verduidelik!
Berwick het gesê op Oktober 19, 2011
Lekker kuier.
loudavisi het gesê op Oktober 19, 2011
Jy het ook al die lekker in die lewe!
😀
Geniet met oorgawe
zephur het gesê op Oktober 19, 2011
Geniet dit Lisa
bloukaap het gesê op Oktober 20, 2011
enjoy
lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011
Hi Pruim – ek het ek het ek het!!!!! Ek het eenkeer vir jou gevra na die stories agter jou woorde – het Woensdag een hele aand lank die geleentheid gehad om die mens agter die woorde te beleef – dit was heerlik lieflik lekker lekker lekker!! Ek weet nie hoe liefdes aanmekaar geweef word nie, maar woorde woorde woorde is iewers in my DNA!
lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011
Dankie Zepster – ek het my gate uit geniet! Dit was heerlik!
lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011
Oe Lou – ek het dit geniet, met oorgawe!
lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011
Hi Berwick – ek sou misterieuse fotos vir jou kon neem – as dit net moontlik was om belewing in beeld om te sit. Die kerslig, die lamplig, die gedigte wat getoonset is in die agtergrond, vars groente met suurroom doopsous, en wyn, en kirche (hoe spel mens kiesch?) met aspersies en spinasie, en samesyn, en woorde, en iets wat almaal saambind en saamsleep en speel met jou sinne soos die lig teen die mure. Sou jy dit kon afneem?
lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011
Dit was HEERLIK!!
lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011
Hi Tina!