Murphy se uitdaging
Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie
My avatar: My gesig met www.yearbookyourself.com se hare (Gaan kyk bietjie daar wanneer julle moeg tone getel is. En maak seker julle kry ‘n foto uit die tagtigs en die veertigs. Maar eintlik is niks erger as die tagtigs nie).
My naam: My naam. Ek het twee.
My blogtitiel: In ‘n oogwink uitgedink en later eers besef hoe in-die-kol dit was. Dis min-of-meer om stadig-maar-seker weer momentum op te bou en terug te keer tot die lewe. Ek verwerk wanneer ek verwoord.
monicahaddad het gesê op Januarie 24, 2011
Dis nou mooi gestel, verwerk wanneer verwoord. Dit moet êrens aangeteken word.
loudavisi het gesê op Januarie 24, 2011
Puik, Lisa.
Maankind2 het gesê op Januarie 24, 2011
Ek was mal oor die sestigs se hare, so opgedoen met ‘n lintjie, dit pas my gesig uitstekend!
TS het gesê op Januarie 24, 2011
ek hou hiervan
DallaSePa het gesê op Januarie 24, 2011
“Ek verwerk wanneer ek verwoord.” … dis PUIK!
Berwick het gesê op Januarie 24, 2011
Ek hou ook van die laaste sin.
louisna het gesê op Januarie 24, 2011
Ek het gedog Lisa se klavier het iets verwoord. Stukkie is mooi verwerk.
Trakie het gesê op Januarie 25, 2011
Het nog altyd sommer baie van jou blogtitel gehou.
bernster het gesê op Januarie 25, 2011
Mmmmmmm, kort en kragtig.
Modigliani het gesê op Januarie 25, 2011
Ek verwerk wanneer ek verwoord – ongelooflik mooi gestel en heeltemal waar!
HeavyHenry het gesê op Januarie 25, 2011
“My naam. Ek het twee.”
Wat’s die ander een, of mag ons nie weet nie?
🙂
lisabeth het gesê op Januarie 25, 2011
“If I tell you, I’ll have to kill you”
Maar eintlik strook dit glad nie met my styl nie…ek is nie groot op Kill nie, hoewel dit my tweede dreigement vir die dag is. Pheeuw…
Douwe het gesê op Januarie 26, 2011
Ek dink met die in ‘n oogwink uitgedinkte goed is ‘n mens dikwels baie nader aan die waarheid as met die sorgvuldig oorweegde goed. “Ek verwerk wanneer ek verwoord”: daarmee kan ek absoluut identifiseer!
HeavyHenry het gesê op Januarie 26, 2011
🙂
zephur het gesê op Januarie 27, 2011
Jou blogtitel is puik
Hallo Lisa
dinkweer het gesê op Januarie 27, 2011
Nou is dit asof jy daardie laaste paragraaf vir my geskryf het…
Hallo Lisa!
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Toemaar, op my ouderdom is my hand nog langsamer as joune.
dinkweer het gesê op Februarie 2, 2011
Ek kry deesdae so min tyd om te kuier. Net kom kyk of hier nie ‘n vervolg op die selfverduideliking is nie…
Myrataal het gesê op Februarie 6, 2011
Jou impromptu woorde is tog te mooi, Lisa en wees net jy, altyd, gehoor?
Liefies,
Myra @>–>——–
jeanne1 het gesê op Februarie 9, 2011
Jy is reg – niks is erger as die 80s nie – en kan jy dink die sneeu demins en pof rokke is terug?! Mense leer nou maar net nie uit mekaar se foute nie:)
Tyd om weer te verwoord – nudge, nudge…
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Dit beteken ook “my God is a vow” of “oath of God”.
Nee jong wat dit alles beteken hang seker maar af hoe ek betekenis gee aan my lewe of nie!?
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Ek het gedink die plastiese oorbelle was erg, nou is dit fake diamante…Een van die dae het die rokke weer lang lywe!
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Hallo Myra! Baie lanklaas by jou gelees! Hoop dit gaan goed?
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Hallo DW. Ek is self amper nooit meer hier nie. Is besig om my middagslapie in te boet met my lesery. ‘n Goeie riul dink ek!
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Hallo Zepster – whas up?
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Ag strooi Jan Klaas…jou hand en jou humorsin makeer heeltemal niks! Jy moet daai werksplek van jou oppas sodat dit ‘n ordentlike plek is as my kinders die dag moet gaan swot. Die ander plekke waarna hulle vry is ver ver ver!
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Hallo Douwe…ek het so baie inskrywings by jou gemis (weens gebrek aan leestyd) dat ek heelemal glad nie meer by is nie!
lisabeth het gesê op Februarie 13, 2011
Hallo Jeanne.
Douwe het gesê op Februarie 13, 2011
Dis maar hoe dit gaan né? In elk geval gebruik ek my blogs maar net om te verwerk wat ek verwoord!
jeanne1 het gesê op Februarie 14, 2011
My persoonlike gunsteling was die styfgespuitte kuiwe – ons het dit die “bubble” gedoop op skool. Ek kyk nou na foto’s van myself en lag my ‘n papie!