Twisted Sister
Januarie 13, 2011 in Sonder kategorie
Ek was in st 8 toe ek geleer het hoe dit is aan die anderkant van die heining. Dis nou die kant waar my ma-le my nie wou gehad het nie. Die bure se dogter was twee jaar ouer as ek, en deel van die krimmies. Krimmies soos in die ‘kriminele’. Nie polisierekord-krimineel nie maar sommer skoolreels-kriminele. Hoe ons toe bevriend geraak het, sou sekerlik in my dagboek gestaan het, maar die is deur ‘n baie besorgde ma gekonfiskeer, en ek dink amper ek het dit toe uit protes verbrand.
Na baie maande waarin ons mekaar vermy het, synde ons werelde wedersyds ‘n verskrikking was, begin daar ‘n vriendskap. Ek sleep haar Sondagaande saam kerk toe, en sy leer my van Twisted Sister en Judas Priest. Ons dans die twee huise se tv-kamer matte stukkend. Sy rook. Ek preek. Sy vloek. Ek frons. Ons swem oor en weer tot ons soos rosyntjies lyk. Ons bleik my hare met suurlemoensap, en ons sonbaai met gesteelde bier tot ons kastaiing bruin lywe het. Sy skilder en ek skryf gedigte. Ons luister die Top Twintig op Springbok radio, en Van Halen. In die aande slip ons uit die huis om langs die heining milo te drink.
Ek meng nie met haar vriende nie, en sy nie met myne nie. Maar ons kuier ‘n hond uit ‘n bos. Sy word voorgestel in die kerk en sy trek ‘n rok aan. Ek kry my eerste sigaret by haar. Ek bere hom weke lank in ‘n kissie bo-op my gordynreeling. Hy word een oggend dou voor dag aan die brand gesteek, maar my gewete pla my te veel, en hy word ongerook ‘n stompie. My ma ontdek die stompie in my bedkassielaai en my pa se plak hom in jou dagboek en skryf ‘n gediggie oor hom.
Die anderkant verloor wedersyds vir ons sy verskrikking.
Ek beland in die hoof se kantoor as gevolg van die vriendskap. Ek weet tot vandag toe nog nie waarom nie. Dit kon die pakkie gewees het wat ek in my skooltas vir haar moes hou vir ‘n paar dae. Of dalk was dit omdat hulle gebank het, of gekrip het of iets. Dalk was dit heeltemal iets anders, en het die skoolhoof in sy wysheid besluit ek is clueless. Dalk het dit iets te doen met die feit dat ek my pa skrams sien wegstap het oppad kantoor toe. Ek weet nie. Daar is name genoem wat ek nog nooit gehoor het nie en na geskorsde kinders verwys wat ek nie geken het nie. Ons is verbied om mekaar te sien. Van beide ouerhuise se kant af. Sy moes swot vir die eindeksamen, en ek moes onthou waarvan ek gehou het voor ek die anderkant leerken het. Die helfte van my klein wereld moes ek weer laat gaan.
In daardie tyd was daar baie rusies tussen my en my ma. Ek onthou hoe sy my gedwing het om te verduidelik waarom daar gesing word “heaven is a place on earth”. En hoe heeltemal magteloos moedeloos sy my gehad het. Toe ek gister oppad Oudtshoorn sit en musiek luister speel “Cecilia” oor die radio. My liewe genade, ek het ‘n ding of drie om vir Ouma te se as ek haar weer sien. Sy kan deksels bly wees ek was te stupid om hulle musiek te ontleed toe sy myne so gesit en ontleed het. Want ek wonder hoe sy daardie liedjie in al haar ontsteldheid sou verduidelik. Ek wonder rerig. Dit sou nogal snaaks gewees het. Sy kan bly wees ek het Def Leppard geluister en nie Simon en Garfunkel nie, minstens kon ek nie hoor wat hulle sing nie!
louisna het gesê op Januarie 13, 2011
Pragtig geskryf Lisa.
TS het gesê op Januarie 13, 2011
Wat het van haar geword?
jannel1 het gesê op Januarie 13, 2011
Lekker geskryf jy, lekker gelees ek!
DallaSePa het gesê op Januarie 13, 2011
Puik.
raymond 2009 het gesê op Januarie 13, 2011
Hallo Lisa
Janklaas het gesê op Januarie 13, 2011
Mooi, Lisa!
Doubtingthomas het gesê op Januarie 14, 2011
Spot on!
Trakie het gesê op Januarie 14, 2011
Oulike idee van jou pa met die sigaretstompie.
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
Dankie Ouboet.
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
Wel, steeds geen polisierekord waarvan ek weet nie!
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
Hallo Ffion…dit was lekker tye gewees!
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
More Annemari!
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
Dankie, Jan Twak, geniet jou Saterdag.
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
More Flenters, hy het my nogal ontwapen met sy opmerking!
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
‘Lo DSP.
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
More Raymond.
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
Hallo Jan Klaas!!
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
🙂
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
Hy het my nogal verras 🙂
lisabeth het gesê op Januarie 15, 2011
Ek dink dit was die eerste keer dat ek by jou gelees het ook.
karinstuart het gesê op Januarie 15, 2011
Dit was nou lekker lees! Ek het ook so ‘n “vriendin” gehad. Haar naam was Debbie. Die eerste keer toe ons skelm by mekaar speel (ek was 5), het ek gillend huis toe gehardloop omdat sy my wou wys wat binne haar pêntie is en sy myne ook wou sien.
Jirre shaaim, as ek nou terugdink daaraan, dalk was die arme kind gemolesteer… 🙁
Angelor het gesê op Januarie 15, 2011
Ai Lisa,.. ek sal jou van voor af moet leer.
bloukaap het gesê op Januarie 16, 2011
soms as ek jou goed so sit en lees is dit asof ek jou ‘hoor’. top 20 op springbok. vok nou vat jy terug na my bed met die transister radiotjie onner die kussing. ja, dis lank terug. ewige ewigheid van onskuld terug
shlwanjan het gesê op Januarie 17, 2011
{-;
wesnwew het gesê op Januarie 18, 2011
STUNNING pos!! my broer vertel my juis die naweek van die ‘weird’ vriende wat ek op skool gehad het. Was altyd mooi in die middel. Van my beste vriende was die grootste nerds en ander was die skool se top kriminele!!! Dit was Baie interessanter so… in matriek het ek altyd die st 6 rokers gebust dan gee ek die siggarette vir my roker pelle… Sies vir my
DallaSePa het gesê op Januarie 19, 2011
skryf weer …
(die tyd kom nader)
FOXY1975 het gesê op Januarie 24, 2011
x
Antoinette2008 het gesê op Januarie 24, 2011
Ek het ok maar meer na n kloosterkoek geneig op skool. En ja, my ouers was ook geneig om voorskriftelik te wees oor met wie jy mag meng. Dalk het ek minder moeilikheid met my seun gehad as ek my ouers se styl gevolg het. Maar moet se my kind was van kleintyd n riller
TheAfricanNewsferret het gesê op Januarie 24, 2011
Simon en Garfunkel, Mike and the Machanics en ‘n horde ander veroordeel oor die note, maar die veroordelaars het nooit na die woorde geluister nie – die musiek was veroordeel en verdoem oor ons bypassende danspassies. Sad nê, en nou is dit te laat vir hulle om die horlosie terug te draai.
Planeet.Stander het gesê op Januarie 25, 2011
Die hoof waarna jy verwys – was dit Bok of Plooiings?
Terloops. Ek het jou “Ek verwerk wanneer ek vewoord” op my lys van skerp aanhaling getik.
lisabeth het gesê op Januarie 25, 2011
Lisa trek haar swaard uit sy skede en skree hard: “En garde! Identifiseer jouself Planeet S, of maak reg om te sterf!”
lisabeth het gesê op Januarie 25, 2011
Komaan…jy kan nie so vraag vra en my dan aan ‘n tak in die kuberruim laat hang nie…My stokflou gedink maar kan nie insien hoe jy die vraag kon vra nie. En ek weet nie wie is Plooiings nie.
Planeet.Stander het gesê op Januarie 26, 2011
Goeie more Lisa.
Ek hensop – sit terug daai swaard. Ek is die Stander van Planeet Stander. Bergvlam klas van ’82. Plooiings was Bok se eweknie by ons.
lisabeth het gesê op Januarie 26, 2011
Aikona…jy het nog nie die vraag beantwoord nie.
NHS ’87. Hoe het jy geweet van Nst?
Planeet.Stander het gesê op Januarie 26, 2011
Het dit ‘n ruk terug raak gelees, as ek reg onthou in een van jou kommentare op ‘n stuk van Seepkis. (Vergeef: Ek is al baie jare uit die intelligensie wese – maar die proses van verbande trek, inligting saam groepeer ens is steeds deel van my denkproses.)
lisabeth het gesê op Januarie 28, 2011
Het 2 vriendinne in Pta by NI. Ek weet julle kan dit nie help nie :-).
Lekker werk.