Cool
November 28, 2010 in Sonder kategorie
Is die woord wat ek daar vanuit die middelbank (waarheen ek om veiligheidsredes verban is) aanhoor terwyl ek druiwegeur kougom kou en konsentreer om gesellig en gerus voor te kom.
Links voor sit die pa. Regs, agter die stuurwiel, die 12jarige.
“Goed, sit hom nou in rat. Altyd saggies werk.”
“So?”
“Ja.”
“Ok, cool”
“Lig jou voet stadig”
“So?”
“Ja”
“Ok, cool”
“Hou links”
“Diekant?”
“Ja”
“Ok, cool”
Vanuit die agterbank kom lopende kommentaar. (Meestal opmerkings wat soos water van die bestuurder se rug afrol). Oudste, wat agter die bestuurder sit, kla omdat dit bitter swaar is om te sien hoe die jongeres op al hoe vroer ouderdomme allerhande voorregte kry.
Ek kou die uitgekoude kougom, en kyk na die refleksie van die pa se trouring in die ruit.
Cool, man cool.
Onlangse kommentare