Aan my Skoonma
Oktober 4, 2010 in Sonder kategorie
Liewe Ma,
Ek het gister ‘n oorwinning behaal. Jy sal nie daarvan weet nie, want dit is nie in jou aard om so iets op te let nie. As dit was, het ek geen stryd gehad nie!
Ma weet mos ons kombuisblad is nie van marmer nie. Dit is waarom ek al die jare die snyborde aangee wanneer Ma slaai maak. Of brood sny. Of uie kap. Oor die merke op die melamine. Ek het gister moed geskep toe Ma die tamaties begin sny op die bord wat ek aangee. En toe Ma die uie kap op die tweede bord het ek begin ontspan, en gedink ons het dit nou mooi onder die knie. Maar ek het nie voorsien dat Ma van die tuisgebakte brood gaan wil sny vir die braaibroodjies nie. Ai.
Die oorwinning het gekom toe ek opkyk en sien hoe jou oe blink terwyl jy my vertel van die Camino wat jy in Spanje gaan stap. Toe ek onthou hoe amper ons jou onlangs verloor het. En toe ek besef die merkies wat jy dalk inkerf op my blad sal die stil getuienis wees van al die slaaie en al die saamwees, en ook van al die eerste jare, toe ons mekaar nie kon vind nie.
Jy vlieg solo. En jy doen dit, soos alles wat jy aanpak, met jou hele wese. Ek leer so baie by jou.
Dit was nie altyd so nie. En daardie paadjie wil ek, met watter beloning ookal in sig, nooit weer stap nie. Dit is (met genade) verby.
So liewe Ma, ek wil nou nie se kerf maar my blad op nie, of storm die kamer binne sonder om te klop nie (veiligheidshalwe sluit ek maar deesdae die badkamerdeur), maar ek wil se dat jy vir my meer kosbaar is as ‘n paar ander dinge. ‘n Hele paar.
TS het gesê op Oktober 4, 2010
Ag tyd …hier het jy my nou die droewigheid in!
Lekker week
zephur het gesê op Oktober 4, 2010
Die merke wat mense in ons lewe los…
monicahaddad het gesê op Oktober 4, 2010
Wat ‘n lekker Happy Ending wat nog nie geeindig het nie……
dinkweer het gesê op Oktober 4, 2010
Ek lees wat jy skryf gewoonlik met aandag en denkend. Jy vertel met min woorde hier ‘n mooi verhaal – van seer en mooi – van hoe die dinamika tussen twee mense tog kan groei ten spyte van pesroonlike verskille. Dankie Lisa!
VirMyLiefling het gesê op Oktober 4, 2010
Jy is bevoorreg om so ‘n skoonma te he!
Vuurpyl het gesê op Oktober 4, 2010
Sagte woorde! Hoop sy waardeer jou
Adage het gesê op Oktober 4, 2010
Ek hoop jy vertel haar, sy sal dit baie waardeer
Angelor het gesê op Oktober 4, 2010
Joune is mooier,.. Hallo Lisa.. (maar natuurlik nogtans dankie)
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
myne het nie rym of ritme nie…en in Engels sal ek vasdraai!
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Ek gee maar die applous vir daardie merkwaardige vrou!
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Ek sal…op die regte geleentheid…Hallo Adage
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Hallo Vuurpyl, ek dink dis groter genade dat ek haar kan waardeer!
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Ek dink ook ek is! Hallo VML lanklaas van jou gehoor.
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Dankie DW.
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Hallo Monica.
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Ja’k…die merkies sit in mens se hart!
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
🙂 Kelly.
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Hallo Charlene – netnou gelees daar by jou, sommer so hele bondel posse teruggelees. Mooi aand.
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Dis seker die uie waarvan ek praat…:-) Geniet jou week ook.
lisabeth het gesê op Oktober 4, 2010
Hey Eaven…
Angelor het gesê op Oktober 4, 2010
Rym en ritme neteken niks Lisa, dit is vir mense wat in hul koppe leef, joune het n glimlag in die hart, myne n traan, joune wen..
Engels, ek wens ek kon in Afrikaans skryf, ek is Afrikaans, maar my kop werk in Engels, weird, new die res van my..
Izakdv het gesê op Oktober 5, 2010
wow
Janklaas het gesê op Oktober 5, 2010
Baie mooi.
Douwe het gesê op Oktober 5, 2010
Sjoe, dis ‘n diep vergifnisproses wat daar plaasgevind het! Dis presies die tipe ‘miracle’ waaroor “A Course in Miracles” gaan. Kan nogal sterk daarmee identifiseer. In my geval was dit my eie pa met wie ek moes vrede maak
daancoetzee het gesê op Oktober 5, 2010
Mooi geskryf Lisa, die lewe is so kort en dit is goed dat julle mekaar gevind het voor dit dalk te laat sou wees. Sterkte met julle verhouding, , wat nou verbeter. Gelukkig sien jy die foute oor,want niemand van ons is volmaak nie.
lisabeth het gesê op Oktober 6, 2010
Het gaan lees waar jy skryf “a smile is the shortest disdance…” 🙂
lisabeth het gesê op Oktober 6, 2010
Inderdaad nie – hoewel ek vir jare geglo het ek is net so 1% van volmaak af. Ek was, sadly said, die standaard waaraan ek die lewe gemeet het!
lisabeth het gesê op Oktober 6, 2010
More Douwe. Dit het ‘n wonderwerk geneem om ons in harmonie (wel ‘n vreemderige soort tune)te kry. Rerig.
lisabeth het gesê op Oktober 6, 2010
More Jan Klaas. Ek hoop daar is ‘n inskrywing aan’t broei daar in jou kop!
lisabeth het gesê op Oktober 6, 2010
More Ekke…hoe gaan dit?
lisabeth het gesê op Oktober 6, 2010
More Izak. Lekker werk.
Douwe het gesê op Oktober 6, 2010
Ek glo jou. Daarvoor be-wonder ek jou!
HeavyHenry het gesê op Oktober 6, 2010
Nice!
Berwick het gesê op Oktober 6, 2010
Mooi, Lisa.
loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010
Lisa, ek hou so baie van alles wat jy skryf.
Dis ‘n mooie die.
Ek het eers gedog jy gaan jou blad verwyder en ‘n marmer een opsit….maar nee, nie ons Lisa nie!
Gharki het gesê op Oktober 6, 2010
Baie mooi.
dinkweer het gesê op Oktober 7, 2010
Hallo Lisa.
UNPOCO het gesê op Oktober 7, 2010
“Jy vlieg Solo” Dis nou mooi gesê!
Doubtingthomas het gesê op Oktober 7, 2010
Baie mooi geskryf! Laat my sommer met nuwe oë na my skoonma kyk…..
elizac het gesê op Oktober 7, 2010
Baie mooi!
lisabeth het gesê op Oktober 7, 2010
Hallo Henry..!
lisabeth het gesê op Oktober 7, 2010
Hallo B!!
DallaSePa het gesê op Oktober 7, 2010
Lisa … !
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
Dankie Gharki…en ek hou van wat jy kan teken…veral die hande en voete wat vir my so rerig voel!
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
More Grieta.
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
More DW.
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
🙂
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
he-he Thoma…jy gaan een of ander tyd ‘n skoonma se eggenoot wees…
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
More Elizabeth…hoe gaan dit?
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
Ek droom van walvisse en swembaddens en dis jou skuld!
lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010
Wat was daardie fliek van die vrou wat in Griekeland gaan vakansie hou waar rekmerke tot kosbare tekens van die lewe verhef is?
dinkweer het gesê op Oktober 8, 2010
More, Lisa.
lisabeth het gesê op Oktober 10, 2010
JAAAAAAAAAAA!!!
lisabeth het gesê op Oktober 10, 2010
Hallo Annemari…ek dink ons albei weet wat ons aan mekaar het, al verskil ons soos die son en die maan!
elizac het gesê op Oktober 18, 2010
Jammer, sien nou eers jy geantwoord. Gaan oor die algemeen goed. Mooi weer met buie…