7e Laan se moses
September 30, 2010 in Sonder kategorie
Ouma het die twee skerminkels in die selle gaan beskou – sommer so terwyl sy wag vir die verklarings en dinge om klaar te kry.
(Heimlik dink ek sy het die aanklagkantoor op horings geneem soos net sy in haar nommer 4 skoene dit kan doen. Sy moes immers haar staptog saam met ‘n vriendin in die Kouga Wildernis kortknip, omdat sy die gesteelde goedere moes gaan uitken).
Baie erg op haar perdjie is sy dus na die selle om die vyand en haar eie vrees (vreesloos) te konfronteer (sy was glo net effens uitasem). Toe vertel sy die twee manne hulle fortuin en eis om te weet wat hulle in haar huis gemaak het, en waar hulle die res van die goed wat sy vermis weggesteek het.
En, na bewering, het sy toe stil op die bankie gaan sit waarheen die speurder haar beduie het.
Nadat alles afgehandel is, is sy terug selle toe, om vir die twee skerminkels wat byna haar huis laat afbrand het, en wat jok sonder om ‘n ooglid te beweeg, en wat ‘n groot gemors gemaak het die sak vol tuisgebakte gemmerkoekies te gaan gee wat hulle aanvanklik gesteel het.
My liewe man het amper bloupipperellakoors gekry. Daarom, se sy, is dit maar beter as hy liewers nie van al haar bewegings weet nie.
Ek weet julle sal nie vertel nie.
En toe
Berwick het gesê op September 30, 2010
Sal nie!
🙂
loudavisi het gesê op September 30, 2010
My lippies is gezip
belowe!
Ek laai jou ma 😀
Trakie het gesê op September 30, 2010
Sallie. Belooowe.
rosiemetdorings het gesê op September 30, 2010
Lekker humor so tussen die drama deur