Tjoekie toe
September 28, 2010 in Sonder kategorie
Hierdie storie wil ek graag mooi vertel van begin tot einde.
Maar ek weet nie of ek gaan tyd he nie.
Ek weet net ek het vandag iets in hierdie nuwe Suid-Afrika beleef wat my hoop gee op verskeie vlakke.
En ek weet twee manne slaap (ten minste) vanaand in die selle
En ek is bly dit is wie dit is, en nie iemand anders nie.
En Whoopie vir die cool dudes (verskoon my) wat hulle ondervra en gepeper het
Ek sou julle baie graag alles wil vertel want dit is die moeite werd om te hoor.
Soooooo bly die polisiemanne was alles behalwe wit. En soooo bly dit is nie wit teen minder wit nie. En soooo bly dat iemand genoeg omgegee het om te kom se wie dit is wat ingebreek het.
Moet nou spring…
Whoopie!
(A-hem, tweede Whoopie klink glad nie soos dit in my kop klink as mens dit lees nie! Bye)
TheAfricanNewsferret het gesê op September 28, 2010
? – sjoe dis vaag!
Berwick het gesê op September 28, 2010
Goed gaan, Lisa.
loudavisi het gesê op September 28, 2010
Ek verstaan, Lisa.
Ek is whooopie bly saam met jou.
Sou egter die hele storie met elke gory detail wou hoor – regtig!
Angelor het gesê op September 28, 2010
Hahaha nice Lisa, en ek kan die whoopy hoor okay,,
rosiemetdorings het gesê op September 28, 2010
Bly geregtigheid seëvier daar, al het ons nie al die besonderhede nie.
Doubtingthomas het gesê op September 28, 2010
Vertel!
raymond 2009 het gesê op September 28, 2010
Lisa wanneer jy tyd het sal ons lees.
Great vir jou ervaring.
rolienv het gesê op September 29, 2010
Mens voel gerus as jy weet hulle is gevang, die een wat by my ingebreek het en my met ‘n mes gedryg het en my tellefoon drade afgesny het is later die middag vrygelaat weens ‘n gebrek aan bewys.Nie oordreding van eiendom-die hek was oop…nie gewapende roof-kan nie bewys dis sy mes….nie beskadiging van eiendom-kan nie bewys hy het dit afgesny nie…nie inbraak nie-hy het niks gesteel nie…nie poging tot moord nie-ek is nie dood nie….hy het weggeloop en ek het vir maande daarna nog in angs gewonder…wat wou hy doen, my verkrag, vermoor ek is nou oor dit maar verstaan nie ons land se regstelsel nie!
lisabeth het gesê op September 29, 2010
Sjoe, dan is ons baie baie gelukkig in die manier waarop hulle hierdie saak hanteer het! Jammer om te hoor wat met jou gebeur het…dit is aaklig!
rolienv het gesê op September 29, 2010
Die polisie personeel was dierbaar en baie ondersteunend, hulle is net magteloos teen die gereg.Ek is ook nie bitter teen die polisie nie, ek dink hulle doen ‘n awesome werk, maar ai!Die wet beskerm die misdadigers meer as die publiek.
dinkweer het gesê op September 29, 2010
Nou waar is die storie “van begin tot einde”? Hallo Lisa.
lisabeth het gesê op September 29, 2010
Hallo DW. Moenie my in die versoeking lei nie. Lessenaar lyk of daar ‘n papierontploffing was, en aande behoort aan die kinders. (Manne het bordspeletjies ontdek en ma en pa is geboek vir elke liewe aand)!
lisabeth het gesê op September 29, 2010
Mnrlisa glimlag en se hy hou van ()Flenters, hy is ‘n realis.
lisabeth het gesê op September 29, 2010
Wannir verjaar jy nou?
verbeeldingsvlug het gesê op September 29, 2010
Whoopie! Lekker week verder.
lisabeth het gesê op September 30, 2010
Jammer man!
lisabeth het gesê op September 30, 2010
Jy ook Berwick!
lisabeth het gesê op September 30, 2010
Dankie A…:-)
lisabeth het gesê op September 30, 2010
Dankie Rosie! NBaie genade gewees diekant!
lisabeth het gesê op September 30, 2010
Dankie Nika…