Te werklik om te begryp.
September 21, 2010 in Sonder kategorie
Dogtertjie vandag oor my pad gekom.
Haar ma wil haar nie meer he nie.
Denimrompie. Mooi bloesie. Denim onderbaadjie. Haartjies gevleg.
Nuwe grootmenstande skitter in twee blink rye. Skraal armpies en handjies.
Haar handjies vasgehou terwyl ons gesels en gewonder of sy weet hoe dit voel om opgeraap en warm vasgedruk te word.
Beklemd besef haar klein lyfie weet dalk van meer dinge as waaraan ek kan waag om te dink.
Wou vir haar se sy moet by ons kom bly, ons sal haar oppas
My eie kinders se gesiggies voor my sien verbyflits en geweet ek moet hulle ook beskerm. (Hoe sou ek haar familie van haar kon weghou. Hoe sou ek haar kon wegneem en my eie maak en dan die moed he om haar weer te laat gaan tussen die gevaarlike plekke en mense in sonder dat my hart heeltemal breek).
Geweet waarom my pa so ferm NEE gese het toe ek maatskaplike werk as toekomstige beroep noem. Ononderhandelbaar nee, want hy’t geweet.
Hoe kan ‘n ma nie meer haar dogtertjie wil he nie?
Klein liefie meisietjie wat haar koppie skud toe ek vir haar vra of sy weet van Jesus. Miskien weet sy nie eers dat die wereld heeltemal stukked is nie want sy weet nie wat heel beteken nie. Ek wil vir haar se dat ek ook nie geweet het wie Hy is nie tot ek beleef het hoe daar eendag met die noem van Sy naam iets gebeur wat geen mens kon doen of ooit sal kan nadoen nie. En dat ek van toe af weet dat Hy bestaan, al verstaan ek nie alles nie.
Ek wil haar in ‘n groot borrelbad laat speel tot haar tone rosyntjies is.
Ons het ‘n huis met baie kamers. En baie goeters. En baie plek. En dit help niks. Want dis meer ingewikkeld as net dit.
Hoe seer en deurmekaar moet ‘n ma se lewe word as sy op die punt kom dat sy vir haar dogterjie se “ek wil jou nie meer he nie?”
Wolletjies het gesê op September 21, 2010
Dit is so seer om dit te lees.
net myself het gesê op September 21, 2010
ai dis so hartseer. wens ek kon raad gee, maar ek weet self nie.
Maghitta het gesê op September 21, 2010
sjoe dit is ‘n seer eina, hoe kan ‘n ma hoe, dit bly my vraag, as ek dink hoe graag wil ons nog ‘n kind he en dan lees jy hierdie verhaal,….
shlwanjan het gesê op September 21, 2010
Elke klein bietjie wat jy gee, maak ‘n verskil. Al kan jy nie vir haar ALLES gee wat jy wens jy kon nie.
TS het gesê op September 21, 2010
ek antwoord soms die telefoon by Kindersorg in ons dorp en dis sowaar nie goed vir my nie My hart krimp ineen as ek al hierdie verlore weggegooi/gegeede kinders sien… Dis nie hulle skuld nie…
rosiemetdorings het gesê op September 21, 2010
Mens kan nie sommer net ‘n kind vir jou vat nie, hoe jammerlik haar geval ook al is. Hierdie ervaring gaan nog lank by jou spook
lisabeth het gesê op September 21, 2010
Vrek sleg!
(Sien nou ek moet dalk liewer volsinne gebruik…Dit is vrek sleg)
Janklaas het gesê op September 21, 2010
As ‘n mens eers jouself oopmaak om al die seer te sien, word jy gou oorweldig, maar ek weet ook nie of dit reg is om heeltyd anderpad te kyk nie.
purplepuppy het gesê op September 22, 2010
dis so hartseer. Hoop iemand wat wel in n posisie is om n verskil te maak in haar lewetjie kom oor haar pad.
FOXY1975 het gesê op September 22, 2010
Ek stuur vir jou ‘n drukkie in die wind.. ek weet presies hoe jy voel!xx
lisabeth het gesê op September 23, 2010
🙂
rolienv het gesê op September 23, 2010
Dis vreeslik…ai as ‘n mens net geweet het hoe om te help,sonder om jou eie kinder daaronder te laat lei, of is dit selfsugtig?Moet ‘n mens nie juis jou dinders daaraan blootstel nie, is dit nie maar die lewe nie. Was ook in so situasie, weet nou nog nie of ek ‘n regte ding gedoen het nie…net tyd sal leer.
Hopestar het gesê op September 25, 2010
*hugs*
x x x x
lisabeth het gesê op September 26, 2010
Thanks Hopestar.
lisabeth het gesê op September 26, 2010
Hallo Thandi…ek kry meermale te doen met so ‘n situasie…die eerste ou dogtertjie wat ek sommer net wou vat het op sulke wankelrige bababeentjies rondgeloop terwyl die ma loop en skel hier agter en om haar…sy is nou self ‘n tiener…en ‘n ma…die wereld staan soms bietjie op sy kop!
lisabeth het gesê op September 26, 2010
Hallo Woer-woer…X
lisabeth het gesê op September 26, 2010
Hi Kelly!